Agter die skerms saam met Bertha

Deur Fanie Cronjé, SARIE - April 2009

Agter die skerms saam met Bertha Foto’s: Phyllis Green Galery

Vat dit van my: Voorbladfoto's vir 'n glanstydskrif soos SARIE is nie 'n eenvoudige ding nie ... - Fanie Cronjé, sosiale en styl-redakteur

Die dag van die fotosessie self is eenvoudig betowerend. Soos nou weer met Bertha le Roux vir jou April-SARIE. Maar dis nie waar dit begin nie ... Daardie dag begin lank voor die eerste kameraflits. Dis wéke se beplanning!

Ek het 'n spesifieke idee gehad oor wat ek met Bertha voor die kamera wou doen om haar maerword-stryd te probeer uitbeeld. Tussen houtkratte, waar sy moes sit, staan, lê - enigiets wat 'n mooi prentjie sou maak. En kan jy glo? Ons sou die Woensdag, agtuur die oggend begin skiet, maar drie-uur die Dinsdagmiddag val die hele idee deur die mat - geen kratte nie, nêrens plek om die foto's te neem nie.

Toe moes daar vinnig 'n nuwe plan gemaak word.

Dankie tog, ek ken iemand by die Pieter Toerien-teater in Montecasino, Johannesburg. Dié Bertha is immers 'n aktrise. Om haar dus na 'n teater te neem is heeltemal gepas. 'n Paar oproepe en die fotosessie kan voortgaan.

Bertha is, om dit eenvoudig te stel, sensasioneel. Sy het 'n hele boot se gewig verloor!

Ek het haar twee jaar gelede ook voor ons kamera gesit, maar dié keer is daar 'n nuwe mens voor my. Ek het haar nog nooit so gesien nie!

En al die elemente werk vandag in ons guns. Onthou, daar is 'n reuse-verskil tussen 'n model en 'n aktrise. Ja, albei is gewoonlik mooi, maar waar die model perfek is in bykans alle opsigte is die aktrise doodgewoon - in bykans alle opsigte. Sy lyk soos ek en jy. Oukei, dalk 'n bietjie mooier as die gemiddelde vrou op straat, maar tog ...

Die oggend begin met hare en grimering. Waar Bertha in die verlede sou weglê aan ʼn muffin, is sy nou tevrede met net 'n koppie koffie. Selfs Karen en Adelle (die hare en grimering-girls), is sommer geïnspireerd om ekstra mooi te maak vandag. Die energie is tasbaar.

Clinton fiddle met sy kameras en werk sy beligting uit. Tussen die lipstiffie, poeierkwaste en haarkrullers deur moet ek sorg vir rokke aanpas. Van 'n rooi satynbloes tot 'n ysgrys syrok, en nog en nog. En nog! Daar is 'n hele reling klere betrokke, nie net dit wat jy uiteindelik op foto's in die tydskrif sien nie. As jy al die klere op 'n skaal sou sit, sal dit drie van die "ou" Berthas se skoene vol staan!

Eers twee, drie ure later is ons gereed om die eerste foto te neem. En dis die ene ligte en flitse. Alles werk mooi saam. Die klere pas, 'n paar ontwerperskoene van Preview pas haar soos Aspoestertjie se glasskoen. Met 'n paar onderbrekings om hier 'n los haartjie uit die gesig te vee, daar die lippe 'n ekstra lagie rooi te gee, of 'n weerbarstige kraag reg te trek.

Die eindresultaat is magic.

Kyk maar in jou nuwe SARIE ...

 

Verwante artikels

Galery

  • Bertha by Adelle (grimering) en Karen (hare)
  • Bertha by fotograaf, Clinton Lubbe
  • Bertha en span agter die skerms
  • Bertha by Fanie Cronjé en Clinton
  • Fanie maak seker Bertha se rok pas
  • Fanie en Bertha
  • Clinton, Fanie en Bertha
  • "Hoe lyk dit vir jou?"
  • sr0904behindthescenes_20_.jpg
  • Bertha en Clinton
  • Bertha en Clinton

Kommentaar

  • hi, daar ek dink ook Bertha lyk goed ek wil graag hoor waar kan ek die dieet kry . asb

    10de Jun. 2009, 08:36
  • Jy lyk asemrowend goed. Ek soek al 'n geruime tyd na jou dieët. Sal jy asb. vir my jou dieët mail na my adres, jyt my regtig gemotiveer. Sterkte vir jou verder, hou so vol jy's pragtig.

    2de Jun. 2009, 11:54
  • Bertha, jy lyk pragtig, ek weet baie goed hoe swaar dit is om al daardie ekstra kilo's te moet verloor, dis voorwaar 'n wonderlike prestasie om deur te druk.

    3de Mei. 2009, 12:56
  • Bertha jy lyk STUNNING!!! Well done!

    28ste Apr. 2009, 14:58
  • Bertha jy lyk fantasties, wens ek kon dieselfde sê maar om te dieet is nie maklik nie. Ek bewonder jou uithouvermoeë en deursettings vermoeë.

    28ste Apr. 2009, 07:43
  • Bertha ek moet se geluk met jou resultate!Jy het my so pas geinspireer om die uithou vermoe te he om by 'n dieet plan te hou. Sterkte voorentoe!

    18de Apr. 2009, 13:42
  • Bertha, Ek het die foto van jou op my yskas geplak. Toe my seun dit die eerste keer sien sê hy vir my: "maar ma sy lyk net soos jy - jy kan ook so lyk" So het ma toe dadelik by een van die verslankingsklubs aangesluit (met jou as inspirasie) en reeds 6kg in 2 weke verloor. Elke keer as ek net voel nou gee ek op - kyk ek na jou foto en weet : ek kan ook so lyk. Baie dankie vir jou inspirasie. Jy's 'n ster. My bediende was vir 2 weke weg van die werk en toe sy vanoggend terugkom wys sy na jou foto op die yskas en sê vir my: Jy's sterk oppad daarheen. Baie dankie daarvoor. Ek weet dit kon nie vir jou maklik gewees het nie, maar jy het 'n reuse brug gekruis met die dieet. Baie sterkte en mag jy nooit weer oorgewig wees nie.

    17de Apr. 2009, 09:05
  • Stunning.... het my verseker laat wakker skrik.

    31ste Mar. 2009, 13:54
  • dit is nou vir my 'n insperasie!!! hier in Croatia is dit nie so maklik om by 'n dieet te bly nie. ons beskikbaarhied van vars produkte op ons eiland Korčula wissel te veel tussen die somer en winter maande. ek probeer maar op my manier (en op 60 is dit al moeiliker)

    31ste Mar. 2009, 12:57
  • Waar kan ek vir die pragtige rooi rokke gaan soek, my seun trou in Junie en veral die rooi rok met die gespe ( p. 41) hou ek van. Ek bly in Ceres, so kontakwinkels in die Kaap sal fantasties wees! Baie dankie vir die moeite. Groete Sunette du Toit

    30ste Mar. 2009, 14:26
  • Wow! Kyk daai middeltjie! Bertha jy was nog altyd vir my beeldskoon, maar nou kan al die Hollywood poppies gaan slaap. Gee tog net wenke dat ons arme gewone mense net beter kan lyk, die gesig sal ons nooit he nie.

    28ste Mar. 2009, 14:03
  • Bertha - Bertha - Bertha!!!! Jy is beeldskoon!!! Jy hoef vir geen Angelina's of Julia Robberts' terug te staan nie. 10 uit 10 vir jou!!!

    27ste Mar. 2009, 12:27
  • Sjoe jy lyk pragtig. Baie geluk 'n mens moet baie uithouvermoe he, en jy het dit reg gekry. Sterkte hou so aan. Sal baie graag ok wil weet op watse dieet plan jy is. Dit sal wardeer word as sarie te kan publiseer. Groete Daleen

    26ste Mar. 2009, 20:14
  • Hi Bertha, jy lyk stunning, ek was op dieselfde dieet in 1995 en het binne 9maande 54kg verloor, ek het egter weer 30kg opgetel en jy het my geinspireer om weer die Cohen dieet te volg. Sterkte

    26ste Mar. 2009, 11:55
  • Hi Berta, jy was nog altyd vir my een van die mooiste meisies in 7de Laan, nou is jy asemrowend. Hou so aan, jy is 'n inspirasie vir ons vetties. Het al klaar begin werk om ook jou dieet te volg Love you lots en hoop om jou nog lank in 7de Laan te sien.

    25ste Mar. 2009, 15:40
  • haai bertha, jy lyk pragtig. Ja ek sukkel net so met my gewig en my huwelik is ook op die spel want my man kla vreeslik oor my gewig. sal jy asb. jou dieet bekend maak aan ons. groete Ansie

    24ste Mar. 2009, 16:00
  • Jy lyk great

    24ste Mar. 2009, 13:41
  • Bertha, jy is groot inspirasie vir almal wat sukkel om gewig af te skud en nou het ek ook moed om WEER te probeer. Geniet die selfvertoue, jy lyk pragtig !

    24ste Mar. 2009, 13:39
  • Bertha jy lyk pragtig, ek het al verskeie dieete probeer, meeste van hulle werk soos n bom, maar as ek met dit ophou tel ek weer die kilo's op, ek sal graag wil weet hoe jy jou kilo's af hou, jy glanster hoor.

    24ste Mar. 2009, 09:21
  • Emma is 'n ware inspirasie vir alle vroue. Hoeveel kom ons in die middel van 'n dieët program te staan en gee dan maar eerder half pad op. Met hierdie program gee sy mense werklik moed. Ek het self die nodige vorms by my naaste Dr. Cohen kantoor bestel en is van plan om spoedig hiermee te begin. "Emma, jy maak dat mens weer wil leef!" Baie Dankie

    19de Mar. 2009, 08:12
  • Ons Emma is 'n toonbeeld van gesondheid en geluk! Ek is ook op die program en het reeds 15kg verloor, maar ek is nou eers halfpad na my doelgewig toe. Net toe ek nie meer lus het om te dieët nie word Bertha se foto's vrygestel en ek sien hoe ek gaan lyk!! Dankie Sarie en Bertha - ek is weer volstoom aan die gang!!

    18de Mar. 2009, 15:14
  • Bertha, Bertha, Bertha! Dit is ongelooflik wat gewig aan 'n mens kan doen. Ek wens so ek het die geld om my kind ook te stuur vir die dieet sy is net so pragtig maar die gewig is 'n probleem. Ek droom en begeer dit vir my kind. Bertha jy is super sexy en mooi. My kind is mar net 21 en ek kry haar so jammer.

    18de Mar. 2009, 14:27
  • Bertha jy lyk absoluut stunningly beautiful, ek wens ek kan so lyk, ek het nog nie eers kinders nie, en reeds 'n paar kilos wat ek kan afskud. Dis net baie moeilik, ek en my man wil graag 'n gesin begin maar ek is rerig bang, want ek weet nie hoe ek die gewig gaan afskud nie. As ek nou sukkel, weet ek nie hoe gaan ek dan sukkel nie. Maar jy het my geinspireer, waarlik jy lyk Ongelooflik. Wil jy nie 'n engel wees en jou dieet met ons deel nie!

    18de Mar. 2009, 11:56
  • Hi Bertha maar j lyk ongelooflik stunning. Hou so aan. Ek self sommer lekker vet geword. Hoop jy deel die dieet publiseer. Ek persoonlik sal dit baie baie waardeer. J lyk regtag baie baie pragtag. ek het gesien op 7de laan j begin maar te word. Maar laat ek in d SARIE sien maar j het sommer baie gewig verloor. Dit is maar almal se Droom om `n lyf te het wat jy net in `n winkel kan stap sonder om klere aan te pas. Maar ja wat elkeen kom maar daar.

    17de Mar. 2009, 19:24
  • SJOE BERTHA JY LYK STUNNING. DIT GEE 'N MENS NET WEER DIE MOED EN KRAG OM OOK 'N PAAR KILOS TE VERLOOR. DIT KAN GEDOEN WORD, DIT IS NET WILDSKRAG EN UIT HOU VERMOEë. JY KAN AS JY WIL. HOU SO AAN EN DANKIE VIR SARIE OM DIT MET ONS TE GEDEEL HET. DIT HET MY AANGESPOOR OM OOK 'N PAAR TE VERLOOR.

    17de Mar. 2009, 15:06
  • Bertha lyk verstommend!!! Ek wens dit was ek wat daar kon staan en mooi gemaak word deur julle spannetjie - maar helaas - ek is maar net 'n "gewone mens" met figuurfoute, ouderdom (52) en alledaags. Maar niemand het gesê dat ek nie kan droom nie ..... miskien eendag kry ek dalk 'n kans om so bederf te word. Baie geluk, hou so aan, en dankie dat julle vir ons drome skep!!!!

    17de Mar. 2009, 11:47
  • Bertha jy lyk stunnning en sommer ook 'n motivering vir my en ek dink klomp ander vrouens.

    17de Mar. 2009, 11:26
  • Bertha lyk stunning, die artikel het my geinspireer om ook weer 'n paar kilo's af te skud. Ek is nie 'n gereelde Sarie-leser nie maar het hierdie uitgawe so geniet, ek gaan Sarie nou meer gereeld lees.

    16de Mar. 2009, 22:39
  • Bertha jy lyk pragtig. Die dieet was die moeite werd. Sterkte voorentoe.Gaan jy jou dieet eendag publiseer?

    16de Mar. 2009, 17:51