Agter die skerms saam met Corine
G'n wonder Corine du Toit was op haar dag 'n internasionale model nie. En gelukkig vir my is sy beeldskoon en 'n droom om mee saam te werk - g'n Jane-van-Egoli-streke nie! Want glo my, daar is niks so frustrerends soos 'n moeilike mens op 'n fotosessie nie. Daar gaan baie moeite, beplanning en kreatiewe energie daarin om 'n voorbladfoto te laat werk!
Ons begin vroegoggend in die ateljee. Daar's vier uitrustings, en die een sit so mooi soos die ander (my gedagtes is by ons kunsdirekteur, Ruben Moore, wat net één uit die vier moet kies). As agtergrond hang ons 'n duursame papier aan twee wasgoedpennetjies. As 'n mens nie van beter geweet het nie, sou jy waarskynlik dink dis iewers teen die trap van 'n baie ou hotel geskiet. Weer dink ek aan Ruben wat daardie SARIE-mashoof oor Corine se kop sal moet gooi - watter kleur sal dit dié maand wees? (Ruben tóór met daai masjien van hom. Hy skilder en verf oor daai rekenaarskerm, seun van Picasso ...)
Met die voorbladfoto in die sak ry ons - na wat voel soos 40 dae en 40 nagte - na die Velmore Estate Hotel. Daar pak ek die ander 20 uitrustings uit (waarvoor ek omtrent vier dae lank geshop het). Wéér lyk sy pragtig in elke liewe een!
Ek stem vir Corine!
Verwante artikels
-
Corine du Toit oor haar jongste fliek
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
-
Roer! - Corine du Toit se bessie-mousse
SARIE - September 2009
Dié nagereg kry 'n lekker strooplagie bo-op wat gemaak word van versiersuiker en aarbeie. Perfek om 'n maaltyd mee af te sluit
-
Roer! - Corine du Toit se salm met groenslaai en wasabi-roomsous
SARIE - September 2009
Maak iets spesiaals van dié visgereg deur dit met 'n wasabi-roomsous voor te sit. Wees net versigtig, die wasabi laat dit lekker brand!
-
SA akteurs vir Night Drive-fliek
SARIE - Augustus 2009
Night Drive is 'n nuwe SA aksie-rillerfliek, en die akteurs daarin is pas bekend gemaak. Verfilming begin oor 3 dae.

























Kommentaar
Johan du Toit het gesê:
Ai man,onse du Toit's is en bly maar 'n mooi lot,Corine jy is die bewys daarvan.
17de Apr. 2009, 12:11wayne stafford het gesê:
Baie Geluk Sarie! Julle Cover van Corine is Awesome en die webwerf is GREAT! Krediet moet aan Clint en Marethe gaan vir die foto's van Corine! Stunning!
13de Apr. 2009, 11:48wayne stafford het gesê:
Well done on a FANTASTIC cover! Corine looks Awesome! Congrats to Clint and Marethe and the team on a job very well done! Love the Website!
13de Apr. 2009, 11:40Wayne Stafford het gesê:
Unbelievable Cover Shoot with Corine! The Best I have ever seen her! Well done to Clint and Marethe and the rest of the team!
13de Apr. 2009, 10:12Nelna het gesê:
Pragtig, ek moet myself net daaraan herhinder, sy speel net die Rol van Jane dis nie wie sy is nie. Stekte met jou loopbaan vorentoe.
10de Apr. 2009, 14:35petro woest het gesê:
Beelskoon en pragtig. Alles wat mooi is vir die toekoms word jou toegewens. Jy speel Jane se rol eenvoudig fantasties. Ek gaan jou en Egoli baie mis.
7de Apr. 2009, 11:21