Eksklusief - Agter die skerms saam met Rolanda Marais

Deur Fanie Cronjé, SARIE - Julie 2009

Eksklusief - Agter die skerms saam met Rolanda Marais Foto’s: Phyllis Green Galery

Rolanda Marais se voorblad-sessie was gelaai van die opwinding. Want hierdie spesiale verjaardaguitgawe van SARIE moes ... spesiaal wees, om die minste te sê. Hier's 'n eksklusiewe kykie agter die skerms

Hierdie is 'n uitgawe wat 'n spesiale plekkie in die geskiedenis se argiewe gaan hê. G'n wonder Rolanda moes ook model wees vir Amaria se mode-artikel nie, geïnspireer deur 'n paar SARIE-voorblaaie van toeka. (Ek hoop oor 60 jaar van nou af dink iemand ook dis mooi genoeg om te gebruik as verwysing vir SARIE se 120ste verjaarsdag!)

Dit kos werk. Die gewone passings en hare en grimering soos elke maand. Ek was ook braaf genoeg om régte diamante te gebruik as bykomstighede, iets wat ek nooit doen nie. Die risiko. Regte diamante is net 'n té groot verantwoordelikheid - dis versekering en sekuriteitswagte en sulke goed, baie boring en afgewaterde onderwerpe om oor te praat. Maar spesiaal moes dit wees.

Dan was daar ook besoekers. 'n TV-span van M-Net se nuwe glansprogram All Access. Tussendeur haardroërs en grimeerkwassies is die span besig om die dag vir ewig op kamera vas te vang. Wat 'n intimiderende gedagte, vir ewig! Vir die res van my lewe kan enigeen gaan kyk wat het gebeur op dié dag. Mense kan oor 5 jaar iewers die SARIE optel en bestudeer. Of M-Net kontak en die beeldmateriaal kry. Vir ewig is 'n helse blêrrie lang tyd! Verskoon my dus as ek sê ek was gespanne. Nee, ek was 'n wrak. Ek is seker jy vertaan, jy sou ook wees. Ek moet maak of als oukei is terwyl ek uit alle oorde deur kameralense dopgehou word.

Rolanda geniet dit egter. Ek wonder of sy nie op 'n manier gemakliker is voor die TV-kameras as voor 'n stilkamera nie. Dis immers haar werk as aktrise.

Dan neem Phyllis ook nog die "agter die skerms" af sodat julle nou, môre en volgende week en volgende jaar kan kyk wat ons op dié dag gedoen het.

Rolanda. Voorblad. Wat 'n lieflike, lieflike voorblad!

  • Hare Saadique met L'Oréal
  • Grimering Lesley Whitby met M.A.C.

Verwante artikels

Galery

  • Fanie Cronjé en Rolanda Marais
  • Rolanda Marais
  • Saadique het Rolanda se hare versorg
  • Fotograaf, Clinton Lubbe en Rolanda Marais
  • Saadique het Rolanda se hare versorg
  • Die kameraman van All Access
  • Rolanda Marais
  • Die span aan't werk in die ateljee
  • Clinton kyk na 'n paar van sy foto's
  • Fanie Cronjé, Lesley Whitby en Rolanda Marais
  • Lesley Whitby het Rolanda se grimering gedoen
  • Lesley Whitby het Rolanda se grimering gedoen
  • 30rolanda_cover.jpg
  • Fanie Cronjé en fotograaf, Clinton Lubbe
  • Só lyk dit agter die skerms
  • Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale-redakteur
  • Rolanda Marais en Clinton Lubbe
  • All Access (M-Net) verfilm die foto-sessie
  • "Ek kan nie kies nie!"
  • So, ja!
  • Saadique word verfilm vir All Access
  • Clinton en Fanie maak planne
  • 50rolanda_cover.jpg
  • 52rolanda_cover.jpg
  • 55rolanda_cover.jpg
  • 56rolanda_cover.jpg
  • Clinton maak 'n plan met die agtergrondskerm
  • Of nie...
  • Die agtergrondskerm staan en Rolanda lyk beeldskoo
  • Ons is definitief op die regte spoor
  • Rolanda was 'n blaaskans
  • 74rolanda_cover.jpg
  • 89rolanda_cover.jpg
  • Lesley Whitby, Rolanda
  • Lesley Whitby, Rolanda Marais

Kommentaar

  • Geluk Sarie! Ek en jy vier albei ons 60e verjaarsdag. En wat n pragtige voorblad dra Sarie nie hierdie Julie 2009 nie? Ek het die Sarie van Julie 1999 gebêre en is vreeslik spyt dat ek nie ook die van 1989, 1979, ens gebêre het nie. Baie geluk Sarie, vir ewig my inspirasie!

    10de Jun. 2009, 11:58
  • Rolanda is beeldskoon en baie maerder as wat sy op TV voorkom.

    8ste Jun. 2009, 14:18

Web Development by FormFunction