Amanda Strydom se gunsteling-foto's
Foto’s: verskaf Galery
Kunstenaar, skrywer en sanger Amanda Strydom deel van haar gunsteling-foto's op sarie.com.
Hier's 'n paar spesiale oomblikke op die verhoog, agter die verhoog en tussen familie en vriende.
![]() |
| Agter die verhoog saam met my jarelange goeie vriend, Johannes Kerkorrel. Hy is in November 2002 oorlede. |
![]() |
| Ek en Stef Bos - steeds crazy na al die jare! |
![]() |
| Juan, David, ek en Janine net voor ons optrede in die Royal Carré-teater, Amsterdam (25 September 2008) |
![]() |
| My en Tony se enigste troufoto. Dis geneem in my ma-hulle se sitkamer, 12 November 1999. Ek't die heeltyd gehuil, en Tony het al die vrae verkeerd beantwoord. Dominee Evert was darem geduldig met die herhaling van die vrae. Dit was 'n magic aand. |
![]() |
| Ek en Anton Nel, my musikale regisseur in die 90's - die foto is geneem toe hy in SA kom kuier het in 2008. Hy't nou 'n baie suksesvolle loopbaan in California, en een ding weet ek verseker: ons is lewenslange vriende. |
![]() |
| Ek en my pa op Kersaand, Jeffreysbaai, 2008. |
![]() |
| Hierdie foto is my allergunsteling. My pa lees die storie van die geboorte van Jesus, soos elke jaar, vir ons op Kersaand voor. |
![]() |
| Ek en my peetkind, Elsje Neethling, op haar troudag. Van kleins af veg sy al 'n stryd teen kanker en sy's 'n voorbeeld van moed, hoop en deursettings- vermoë. |
![]() |
| Kissing the King. Nelson Mandela, 2001 |
![]() |
| Ek en SA kunstenaar Michele Nigrini op haar tuisdorp, Rosendal. |
![]() |
| Ek en my ma in die kombuis, Jeffreysbaai, 2008 |
![]() |
| Ek en Shaleen Surtie-Richards by die Kanna-toekennings, 2008. Wat 'n vrou! Wat 'n dag! |
![]() |
| Ek en my suster Heléne in Jeffreysbaai, 2008 |
![]() |
| Ek en my teater-ma, Trix Pienaar, op haar 70ste verjaardag in Pringlebaai |
![]() |
| Nederland. Ek en Janine Neething, my musikale regisseur. All dressed up and ready to go ... |
Verwante artikels
-
Amanda Strydom se roerende brief aan Johannes Kerkorrel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Met die produksie Persreën by Aardklop bring Amanda Strydom hulde aan Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie). In hierdie emosionele brief vertel sy hoe diep die spore van hul vriendskap was:
-
Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) wys haar gunsteling-foto's
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
-
Brümilda van Rensburg: My foto's
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 4
Die meeste sepiesterre is beter bekend onder die naam van hul karakters. Nie Brümilda van Rensburg nie.
-
Foto's: Agter die skerms saam met ontwerper Simon Rademan
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1















































Kommentaar
Elsje neethling het gesê:
Wow!wat'n eer om op een van my talentvolle peetma se gunsteling fotos te wees!dankie,mama disa,dat jy my hero is.jy bly beautiful!elsje neethling
26ste Jul. 2010, 23:59