Amor sing 'n positiewe deuntjie
Foto’s: Fanjam Galery
Storms om haar (en Joost) se kop, maar Amor Vittone het haar stembande reggeskud vir 'n nuwe CD. En SARIE kon agter die skerms loer toe die kamera begin kliek.
Amor Vittone was onlangs in Kaapstad vir die foto-sessie om ‘n voorblad vir haar nuwe CD (nog sonder titel) te laat skiet. SARIE het ‘n spesiale kykie agter die skerms gekry.
"Dis ‘n positiewe album, met mooi boodskappe. Dit gaan oor menswees, die liefde, herinneringe, positiewe energie en om te lewe en te lag,“ vertel Amor in ‘n eksklusiewe artikel in SARIE se Junie-uitgawe, wat nou op die rak is.
"Een liedjie, 'Herinner my' is vir Joost (van der Westhuizen, haar man) geskryf. Ek sing daarin dat ek ‘n sonneblom omhoog hou, en Hom vra om my geliefde veilig terug te bring na my toe.
Ek en Joost reis albei baie, en dis altyd my gebed dat hy veilig sal terugkom.“
* Besoek ook Amor se webtuiste.
Verwante artikels
-
Amor praat openhartig op Kwêla
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 11
"Baie dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ek, Joost én ons families waardeer dit opreg." - Amor
-
Amor Vittone oor haar nuwe CD, en Joost help skryf
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 9
-
Amor Vittone praat eksklusief
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 110
Ja, sy het swaargekry, vertel Amor van der Westhuizen openhartig ná al die seksvideo-storms om Joost se kop. Maar sy glo daar’s ‘n groter doel met alles...
-
Amor: "Dit sal nooit weer wees soos dit was nie"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 270
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember 2009 se SARIE.



















Kommentaar
Hannetjie het gesê:
Ai, wat sal tog gebeur as al die klomp heiliges wat so klippe gooi in die selfde bootjie as Amor en Joost moet wees? Ek is seker elke een sit elke sondag stroop soet in die kerk. Ek is seker God kry skaam dat ons so tekere gaan. Kom ons help hulle eerder. Ja ek was ok al n Amor en het ok by my man gestaan. Kom ons bid eerder dat ons mans en ja vroue ook by hulle maats kan staan en nie in die versoeking kom en NEE se oor die verleiding!!!!!!!!!!
16de Nov. 2009, 16:02Ilze het gesê:
Sterkte vir Amor - ek glo hulle sal hierdeur heel aan die anderkant kom. Moet jou nie steur aan mense se bitsige kommentaar en woorde nie. Dankie SARIE vir die artikel. Ek sal nogsteeds die SARIE aanhou koop. En aan die mense wat kwaad is oor die artikel wil ek net sê 'Almal kan nie aan julle vereistes voldoen nie, daar is ander mense wat die artikel waardeer' dink net hoe vervelig sou die wêreld gewees het as almal soos julle was (marins)
30ste Jun. 2009, 14:59Lizelle Blanché het gesê:
Dis interesant hoe mense hulle monde kan uitspoel oor Joost en Amore, maar het hulle alooit in hulle eie kaste gekrap en gekyk of hulle so vreeslik wonderlik is en nog nooit enige foute gemaak het nie. Ek glo dat as mens nie daar was en als kon sien dat jy darem weet waarvan jy praat nie kan mens niks daaroor sê nie. Of is ek nou bietjie agter die brug? Ek glo nie mense kan of mag iemand anders oordeel nie, ons is immers almal maar net gewone mensej of ons nou beroemd is of nie, ek dink dis verkeerd om iemand anders te oordeel, of is almal wat ander so beswadder en veroordeel dan hoogheilig en doen altyd net die regte ding? Dis maar my opinie en ek hou daarby! Ons maak almal foute daar bestaan nie so iets soos 'n perfekte mens nie anders sou in almal lankal in die hemel gewees het! Nie waar nie? Ek wonder maar net.....
29ste Jun. 2009, 22:04charlene het gesê:
Hi daar Sjoe is ek vandag geskok oor almal se kommentaar oor joost en amor.Of hy nou skuldig is of nie dit het rerig niks met ons te doen nie dis n privaat ding tussen hom en amor.Ek wonder hoeveel mense wat nou kommentaar lewe het nie al groter dinge as dit aangevang nie en hoeveel van julle staan nie agter die deur nie.Ek is nie hier om met enige iemand te baklei nie maar ek wonder wat dink ons HEMELSE VADER van ons as ons mense so seer maak met woorde.Dink jy hy is gelukkig?Amor mag dit goed gaan met jou en joost.Jy is n wonderlike mens hou aan met jou puik sang en sterkte met alles wat voorle.
20ste Jun. 2009, 02:43Pamela het gesê:
Sarie, ek sal my nie soos julle verwerdig om spasie af te staan aan die vieslike Joost storie nie. Ons gaan niks beter van Joost dink nie al skryf julle wat. Ek besef Amor is onskuldig, en sy moet haar eie besluite neem, maar is dit nou iets om op trots te wees as jy nou jou man "bystaan" in die gemors? Klink vir my meer dis oor verlee wees, en vir wat? Joost is niks sonder Amore nie, en as sy hom wil dra en bystaan is dit haar saak, ons gaan niks beter van hul dink nie. Dit is nie n prestasie om by so n man te bly nie, dis swak.
9de Jun. 2009, 21:08Luci het gesê:
Wat my die meeste pla omtrent hierdie hele saga, is die dwelmgebruik! Het die man al gegaan vir rehab? Mens kan mos in elk geval nie 'n dwelmgebruiker se woord as waarheid aanvaar nie. Of is alles maar net bogstories?
2de Jun. 2009, 09:15Al het gesê:
Katie - jy verwag maar BAIE min in die lewe as Amor jou rolmodel is??? Wens vir jou baie sterkte toe met jou keuses......
2de Jun. 2009, 06:16Katie het gesê:
Ek voel vir Amor en Joost vreeslik jammer dat almal hulle so uitmekaar skeur! Amor was en is en sal altyd my grootste rolmodel wees! Hou op om mense te veroordeel. Baie mense moes al vergifnis vra vir iets wat hulle verkeerd gedoen het, en glo my elke mens word in God se oë vergewe. Amor, ek wens ek kon jou persoonlik ontmoet en oor `n koppie koffie gesels, sonder om een keer oor hierdie ding te praat. Ek dink dit sal vir jou wêreld se goed doen. Sal dit moontlik wees?
1ste Jun. 2009, 14:50Delia het gesê:
Dit is nooit maklik om die regte keuses in die lewe te maak nie. Ek glo Amor het die regte keuse gemaak deur haar man by te staan en hom te vergewe soos wat God van jou vra. As ons mekaar nie kan vergewe nie, wat sal ons roeping en doel hier op aarde wees? God vergewe ons sondes juis daarom is hy vir ons 'n voorbeeld. Ons ALMAL maak foute in ons lewe - Ons almal word verlei deur die satan en die wêreld se aanloklikhede - Ons word elke sekonde van die dag onderwerp om keuses te maak - Gaan ek my laat verlei of gaan ek teen die versoekinge stry. Somige verkeerde keuses bring tydelike plesier en genot, maar die valsheid, selfsug, afstootlikheid van sulke verkeerde dade is vir God 'n gruwel en daarom juis omdat hy ons liefhet, maak hy hierdie verkeerde dinge bekend sodat ons kan sien waar ons gefouteer het en ons ons sondes kan bely. Hoeveel van ons is bereid om jou man of vrou 'n tweede kans in die lewe te gee? Handelinge 20:30 "Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei."
1ste Jun. 2009, 12:08Marins het gesê:
Ek kan nie nie glo dat Sarie (at ek al 20 jaar lank lees )nog spasie op AMORE kan mors nie ??? Wat mis ek ? Is dit de tipe rolmodel wat SARIE wil gebruik? Dan is SARIE nie meer vir my nie .......Dit is AMORE se keuse om by Joost te bly " good luck for her "Dit is dieselfde ma wat so omgee vir haar kinders MAAR hulle tog vir die Media Wolwe gooi ( groot Advertensie borde buite Broederstroom ontwikkeling ) Laat mens dink sy is maar n geld Mamma nie ? Nee SARIE julle stel my teleur . Daar is baie vroue ( en dalk SARIE lesers) wat dieselfde moes deurmaak as AMORE , maar hulle het besluit om hulle rondloper mans verlaat omdat hulle weet hulle verdien n beter lewe ....skryf eerder oor hulle ....soos die speekwoord se " een keer n rondloper altyd n rondloper " Joost het vere gevoel vir sy Vrou en Kinders die enigste ding waaroor hy baie baie spyt is is dat hy uitgevang is ...hoe lank loop daar nie al stories rond oor Joostvd W se dwalende oog en hande nie......Amore het ook met Joost gevry voor sy egskeiding ...nou is dit " pay back time girlie" Goeie nuus is my SARIE sub is op vir hernuwing Raai wat ....ek gaan dit nie doen nie ... ek koop nou liewers die Rooi Rose
27ste Mei. 2009, 16:50