Andre Jacobs werk in Parys, Frankryk, aan fliek oor Saartjie Baartman
Andre Jacobs het meer as drie maande aan die fliek Vénus Noire geskiet, 'n rolprent wat op Saartjie Baartman se lewe gegrond is. Hy speel Hendrick Cezar, die broer van die man wat Saartjie as slaaf aangehou het.
Hendrick het Saartjie oortuig om Europa toe te gaan om munt te slaan uit haar uitsonderlike liggaamsbou.
"Ek het hoë verwagtinge van die fliek, wat moontlik aanstaande jaar hierdie tyd uitgereik gaan word. In Frankryk praat die mense al daaroor. Ek hoop dit gaan vir my deure in die buiteland oopmaak. Die regisseur, Abdellatif Kechiche, het al verskeie toekennings, waaronder Césars (Franse filmtoekennings), gewen. Dis ook die produksiemaatskappy se grootste fliek nóg.
"Die rolverdelers (casting agents) het in Europa na twee akteurs gesoek om die Cezar-broers te speel, maar niemand gekry nie. Hulle het toe in SA begin rondkyk, op my agentskap se webtuiste afgekom, op die internet na van my werk gekyk, my oorgevlieg Europa toe en my gekies vir die rol. As jy in jouself glo, kom die regte dinge na jou kant toe.
"Om aan die fliek te werk was intens, met lang ure. Die regisseur glo 'n akteur lewer sy beste werk as hy baie moeg is, want dan dink jy nie meer wat jy doen nie, jy doen net!
"Ek moes ook vir lang tye konsentreer, omdat die tonele baie lank was. Ek het met 'n moeilike toneel tussen my en Saartjie begin. Ek het nie tyd gehad om te dink hoe ek dit gaan benader nie, maar ek het dit met soveel energie moontlik gedoen. Ons het twee dae daaraan geskiet. Ek het myself letterlik in die toneel ingegooi. Almal het stil geraak op die stel.
"Toe't ek geweet ek het dit goed gedoen. Die regisseur praat min Engels en 'n vertaler het my gehelp om hom te verstaan. My Frans het baie verbeter en ek wil nou klasse by die Alliance Française neem. Ek praat Engels en Afrikaans in die fliek en hier en daar laat val ek 'n Xhosa- en Franse frase."
Verwante artikels
-
Hoe't jy gevoel toe... (Mej. Nieu-Seeland)
SARIE - September 2009
’n ‘boeremeisie’ van die Kaap, as Mej. Nieu-Seeland gekroon is?
-
Hoe't jy gevoel toe...(Charlene Truter)
SARIE - November 2009
...jy jou sukesvolle loopbaan in SA agterlaat om saam met jou man in Duitsland te gaan woon?
-
Hoe't jy gevoel toe...? (Lize, Ruben Kruger se vrou)
SARIE - April 2009
... jou man wéér met 'n breingewas gediagnoseer word?
-
Te oud vir jou werk? Hier's raad
SARIE Maart 2010
-
Vroue-flieks is groot nuus in 2010
SARIE Januarie 2010
Dis die jaar van die vroue-fliek en dit skop af met Nine deur Chicago-regisseur Rob Marshall. Die rolverdeling van dié musiekrolprent lees soos die who’s who van vroue-aktrises: Judi Dench, Marion Cotillard, Nicole Kidman, Sophia Loren, Kate Hudson en Penélope Cruz.
















Kommentaar