Anel Alexander: Dít maak my mooi
Foto’s: Leana Clunies-Ross Galery
Die aktrise Anel Alexander verklap wat háár mooi laat voel.
Waarna soek jy in ’n skoonheidsproduk?
As aktrise word my vel gereeld blootgestel aan uiterstes: baie grimering, skerp ligte, son, wind en weer. Dis vir my belangrik dat velprodukte nie net my vel reinig en herstel ná al die ruwe behandeling nie, maar ook voed.
Wat is ’n moet in jou skoonheidsroetine?
Die eerste is dat daar ’n roetine moet wéés. Maak nie saak hoe moeg ek is of hoe laat (of vroeg!) ek by die huis kom nie, ek was altyd my gesig. Ook belangrik vir my en my sproetgesig is sonbeskerming: Ek gaan nie uit die huis sonder ’n SBF op my gesig nie.
Wanneer voel jy mooi?
Ek doen liefdadigheidswerk vir The Beautiful Life Project, wat daarop fokus om vroue op te hef en te help om hul ware skoonheid te ontdek. Deur ons werk met vroue uit verskillende ouderdomsgroepe, klasse en rasse het ek besef daar is een basiese behoefte wat ons almal deel: Om as mooi beskou te word. Ek het geleer dat geen hoeveelheid Botoks of rome of juwele jou gaan help om mooi te voel as jy nie in jou hart oukei is met wie jy is en spesifiek met hoe jy lyk nie. Ek voel op my mooiste wanneer ek oukei is met myself, content . . . dis maar ’n proses, hoor!
Wat is jou gunsteling-edelsteen en waarom?
Hmm, ek weet nie, ek kon nog nooit regtig edelstene bekostig nie! Ek hou van ’n diamant; daar is iets geweldig suiwers en eenvoudigs maar tog koninkliks omtrent dié steen.
* Anel verjaar op 26 November en haar geboortesteen is die geel topaas, wat lojaliteit simboliseer. Sy is een van La Mer se plaaslike ambassadeurs.
Verwante artikels
-
Anel Alexander is diskreet oor die liefde, Bok en paaldans
SARIE - April 2007
Anel Alexander is nie nét ’n sepie-ster nie. Háár wil jy lees - weer en weer, sê Bart van 7de Laan
-
Anel en James Alexander se fliek kry internasionale kontrak
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Anel en James Alexander het goeie nuus gekry!
-
Kyk hoe lyk sy nou! Tot siens Dezi hallo Elma
SARIE - Maart 2008
Sy was 7 jaar lank Dezi in 7de Laan. Sy’t vergeet wie sý is. Tot nou toe . . . Ontmoet Elma Postma – akteur, Ontbytsake-aanbieder op kykNET en nou die nuwe, sexy donkerkop!
-
Só oefen 'n rugbykaptein - Getroud met Rugby-akteur vertel
SARIE - Mei 2009
Henré Pretorius verklap hoe hy fiks geword het vir sy rugby-rol in ’n nuwe kykNET-dramareeks. Fanie Cronjé, SARIE se sosiale en styl-redakteur, gym saam
















Kommentaar