Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
As jy die naam Hilda en 7de Laan (die SABC2-sepie) sê, is dit sinoniem met vreemde koskonkoksies en serpies. Die aktrise Annelisa Weiland het dié karakter die afgelope tien jaar baie geliefd gemaak onder Suid-Afrikaanse kykers. Marguerite van Wyk het by haar gaan hoor watter rol 7 de Laan in haar lewe speel.
Hoe kry 'n mens dit reg om ná tien jaar nog opgewonde te bly oor jou karakter?
Met 'n sepie weet 'n mens nooit wat voorlê nie en elke nou en dan is 'n mens betrokke by 'n storie wat prikkelend is. Jy het heeltyd nuwe geleentheid om met 'n verskeidenheid akteurs te werk en dit hou jou op jou tone. Dit is in elke geval jou professionele plig om opgewonde te bly!
Hoe het Hilda se rol gegroei die afgelope tien jaar?
Die Hilda karakter (oujongnooi) het begin as 'n vaal ontvangsdametjie by dr SP de Wet-Malan se spreekkamers. Nie lank daarna nie is sy in 'n liefdesdriehoek vasgevang en uiteindelik het Oubaas haar hart verower. Sy het ook ontpop as 'n waaghals op haar bromponie ''Saartjie'', 'n vindingryke kok en 'n skepper van interessante Ikebanas.
Wat het 7 de Laan jou oora)die lewe en b) toneelspel geleer?
a) Oor die lewe: Truth is stranger than fiction.
b) Oor toneelspel: Wees eerlik en bereid om in die diepkant in te spring.
Hoe is dit om saam met Danie Odendaal, die vervaardiger te werk?
Ek het ongelooflike respek vir hom (en Annie, as mede-vervaardiger) as mens en as baas. Hulle kry dit reg om die sepie soos 'n groot familie te laat voel. Maar moenie dink jy gaan wegkom met enigiets wat hy nié goedkeur nie. Hy is altyd 'hands on'. Hulle handhaaf hoë standaarde.
Wat is die grootste uitdaging vir sepie-akteur?
Dis 'n baie tegniese medium, so 'n mens moet baie goed voorbereid wees, sodat jy nie konsentrasie verloor met alles wat rondom jou gebeur nie. Ons werk teen 'n verskriklik tempo en moet vinnig by 'n emosie uitkom. Omdat daar vier regisseurs is, moet 'n mens kan aanpas, want elkeen het hul eie manier van werk. Bo en behalwe alles, moet 'n mens uithouvermoë hê en besef jy is net deel van 'n groot, gulsige masjien.
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Maria oor haar uitdagings in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Maria (Themsie Times), Oubaas en Hilda se huishulp, het al in die kykers van die SABC2-sepie 7de Laan se hart gekruip.
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Aggie - "Dis 'n vol dag om in 'n sepie te speel"
SARIE - Mei 2010
Mimi Mahlasela, beter bekend as die raakvatter Aggie, wat als en almal kan beheer by die Hillside Times, is 'n baie gewilde 7de Laan karakter.
-
7de Laan se Diederik praat reguit
SARIE - April 2010
Hennie Jacobs, oftewel 7de Laan se Diederik, het met Marguerite van Wyk gesels oor hoe dié sepie Afrikaans en rasseverhoudings in Suid-Afrika bevorder.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan se nuwe 'hunk' Bernard oor sy eerste dag op stel
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 3
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Annie Basson (7de Laan) se lewe, vrese en hoop
SARIE - Mei 2010
Sy is een van die groot geeste in ons TV-bedryf (sy's medevervaardiger van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan), deel wat haar laat tiek - én droom
-
Kies jou gunsteling SARIE-voorblad met 'n 7de Laan-ster
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 66
SARIE het oor die jare talle 7de Laan-akteurs op die voorblad gehad. En nou kan jy 5 sterre vir jou gunsteling-voorblad gee
-
Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
SARIE - Mei 2010
George, Wilmien en Zac vertel...
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
-
Só sien Annelisa Weiland (Laan se Hilda) haarself
SARIE Junie 2012
7de Laan-aktrise Annelisa Weiland het 'n skets van haarself gemaak, en dís hoe sy haarself sien.
-
Wat '7de Laan' vir Gita (Jo da Silva) beteken
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
7de Laan beteken vir my.... familie.


















Kommentaar
Bets goosen het gesê:
ag Flooze is bietjie "overboard" maar los vir Hilda daar moet mos 'n 'Kloosterkoekie' in die storie wees,of hoe? Ou neef Gert kan ok ma koers kry sowaar ek sal hom lankal met 'n pan geslaan het,hoe lyk dit Maria? Die sepie is taamlik "swanger" hoop ons gaan almal se "babies" sien?
1ste Mei. 2010, 20:14Silvia het gesê:
Hilda ek stem volkome saam. Jou hare lyk pragtig los! Jy kan gerus vir jou n boetjie op tof in die sepie en ontslae raak van die "oumens" maniertjies. Geen wonder matrone altyd op jou nek. Die jong klomp in 7de laan moet jou bietjie onderhande neem en die koppe laat draai!!! ek weet dit is net n storie, maar ons sal n bietjie opwinding geniet terwyl Floose ook nou daar is en die ou stomme Paula.
29ste Apr. 2010, 16:04Mavis het gesê:
Ja, asb! Ek kan nie glo dat sy altyd, by elke geleentheid, hoe spesiaal ookal, met die poniestert verskyn nie!
26ste Apr. 2010, 20:58Rita het gesê:
Hilda moet haar laat op dollie deur Paula en al die manne se oe laat draai. Sy en Matrone moet'n stoei geveg hou met potte en panne
23ste Apr. 2010, 12:51Suzette Laten het gesê:
Kan Hilda nie so 'n stunt gooi saam met Flooze met die uitrusting en hond en haar Tjoma wees vir een middag of aand nie? O, ja "Let the Hair down, Hilda!!!"
14de Apr. 2010, 22:41