Anrich Herbst in Mamma Mia, en gesels oor pa-wees
Hy kan sing ook, ja! Op 39 is Anrich Herbst van Orkney snork nie-, Egoli- en Isidingo-faam al 'n veteraan-akteur.
Deesdae sing hy op die verhoog in Mamma Mia!, eers in die Kaap en van begin Oktober in Johannesburg
Hoe oud was jy toe jy begin toneel speel het?
Oe, klein, nog op laerskool. Ek en my sussie was Hans Strydom en Sybil Coetzee se kinders in 'n dramareeks genaamd Klagstaat. Ek was 15 toe ek in Orkney snork nie begin speel het.
En nou speel jy in 'n musiekblyspel ook. Die mense sê Mamma Mia! is wonderlik.
Dit is regtig!
En jy sing glo baie goed.
Ag, dankie, ja, ek geniet dit. Jy vertolk die rol wat Pierce Brosnan in die fliek gespeel het. Maar hy kon glad nie sing nie. Dit was nogal charming, ek het gedink daardie karakter behoort nie te kan sing nie.
Ek dink die karakter moet kan sing.
Jy moet onthou, dit was die internasionale vervaardigers wat die rolverdeling hier kom doen het. En hulle weet presies wat hulle wil hê. Presies.
Jy moet eintlik vir Willie Esterhuizen sê hy moet 'n Orkney snork nie - die musical maak!
Ek het nog nooit daaraan gedink nie - dit sal baie lekker wees.
Jy is ook deesdae pa van 'n seun. Hoe voel dit?
Ek is maar nog steeds 'n loskop, maar 'n mens word gou verantwoordelik.
Verwante artikels
-
Anrich Herbst trou
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 10
Die trouklokke lui weer vir die akteur Anrich Herbst. Hy trou Saterdag (5 September 2009) met Mia van der Merwe (33), 'n finansiële bestuurder in die hotelbedryf. Hy het met Marguerite van Wyk gesels.
-
Fanie gaan kyk Mamma Mia!
SARIE - Oktober 2010
"Mense, het ek nou ʼn lekker aand gehad gisteraand. Die verhoog-weergawe van die musiekblyspel Mamma Mia!, gegrond op en geïnspireer deur ABBA se musiek, word by die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg opgevoer."
-
Orkney se Wimpie nou in Mamma Mia!
SARIE - Oktober 2009
















Kommentaar
Elbie het gesê:
Ek dink die man bly pragtig veral nou dat hy bietjie ouer raak, hoop ons sal nog baie van hom sien!
1ste Okt. 2010, 12:10