Arno Carstens: Sy gunstelinge

SARIE Julie 2010

Hy verklap ook dít wat jy nie van hom geweet het nie...

Oorsese rockster James Walsh, die Britse musikant van Starsailor.
 

Plaaslike rockster Karen Zoid. Sy rock!

Afrikaanse musikant Chris Chameleon. Hy het 'n besondere stem, is aantreklik en veral sy Ingrid Jonker-album is uitstekend.
 

Kitaar 'n Gibson.

Liedjie Ray LaMontagne se Trouble en PJ Harvey en John Parish se Black Hearted Love.

Eie liedjie Baseball wat ek en die Springbok Nude Girls met 'n 25-stuk-orkes uitgevoer het.

Boek Conversations with God deur Donald Walsch en The Alchemist deur Paulo Coelho.

Fliek Kick-Ass met Nicolas Cage.

Drankie Meerlust Rubicon en die Skotse Whisky Lagavulin

Kos Mario's hier naby in Groenpunt se murgbene, gebraaide skaapbrein, afval en tarentaal in rooiwynsous.

Sêding of inspirerende aanhaling The only impossible journey is the one you never begin.

Vakansieplek Zanzibar, waar ons ook getrou het. Ek hou van hul tipe seesand, die water is soos badwater. Ek vat 'n geestelike boek saam en ons snorkel. Daar is 'n TV nie nodig nie.

Mooiste vrou buiten joune Scarlett Johansson, al is sy 'n bietjie kort, Heidi Klum en Michelle McLean

Klik vir 'n agter-die-skerms-video van Arno se nuwe CD-projek

5 dinge wat jy nie van Arno Carstens geweet het nie

Ek weet ek het 'n goeie song geskryf as dit met net 'n paar kitaardrukke werk.
Ek kan goed dans.
Ek speel kitaar, tromme en klavier. Ek hou van die klavier se klank, maar is 'n terrible speler.
Ek is mal oor braai. Ook omdat dit vroue 'n bietjie afgee.
Ek het die voordele van die kilt ontdek. Dis fantasties om aan te trek wanneer jy uit 'n swembad klim.

Verwante artikels

  • Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op

    Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op

    SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1

    Arno trek aandag oorsee!

  • Arno Carstens wys sy foto's

    Arno Carstens wys sy foto's

    SARIE Augustus 2010

    Arno Carstens is besig om die tawwe Britse musiekmark te verower. Hy skuur skouers met sterre soos Jay-Z, Celine Dion, RonanKeating en Robert Pattinson se suster, en daar’s ’n nuwe CD oppad waaroor dié sexy blonde rocker baie opgewonde is.

  • Arno Carstens: Sy nuwe lewe in Brittanje

    Arno Carstens: Sy nuwe lewe in Brittanje

    SARIE Augustus 2010

    Arno Carstens is besig om die tawwe Britse musiekmark te verower. Hy skuur skouers met sterre soos Jay-Z, Celine Dion, Ronan Keating en Robert Pattinson sesuster, en daar’s ’n nuwe CD oppad waaroor dié sexy blonde rocker baie opgewonde is.

  • Rock-koning Arno hip en hardekwas

    Rock-koning Arno hip en hardekwas

    SARIE - Januarie 2006

    Vanjaar tref hy Londen. Met hope talent en daardie X-faktor wat ster spel. Is dit dalk Arno Carstens se groot internasionale oomblik?

  • Wat jy nie van Robbie Wessels geweet het nie

    Wat jy nie van Robbie Wessels geweet het nie

    SARIE September 2010 | Kommentaar: 1

    Dis al vier jaar sedert die sanger Robbie Wessels se befaamde (en berugte) supertreffer. Deesdae kyk hy heel anders na musiek. En hier's nog 'n paar ander dinge wat jy nie van hom geweet het nie...

Kommentaar

Web Development by FormFunction