Arno Carstens wys sy foto's
Arno Carstens is besig om die tawwe Britse musiekmark te verower. Hy skuur skouers met sterre soos Jay-Z, Celine Dion, RonanKeating en Robert Pattinson se suster, en daar’s ’n nuwe CD oppad waaroor dié sexy blonde rocker baie opgewonde is.
Dit is nie enige Suid-Afrikaanse musikant wat kan sê hy het al ’n verhoog met Celine Dion, Ronan Keating en The Rolling Stones gedeel nie. Arno Carstens, ons alternatiewe rocker, kán.
Hy is behoorlik aan die naam maak in Brittanje. Soveel so dat Jay-Z, die Amerikaanse R&B-sanger en Beyoncé se man, Arno se optrede by die Isle of Wight (in Junie vanjaar) as ’n “moet-sien” bestempel het.
Arno en sy vrou, Melanie Machattie, woon gedeeltelik in Londen waar hy onlangs sy derde solo-album, Wonderful Wild, uitgereik het. Ons ken hom ook as lid van die Springbok Nude Girls (SNG) saam met wie hy ses albums gemaak en vier SAMA’s (Suid-Afrikaanse Musiektoekennings) gewen het.
Sy eerste solo-album, Another Universe, was die grootste verkoper van Engelse rock nóg in Suid-Afrika. Dit het platinumstatus behaal en is ook met ’n SAMA vir beste rockalbum bekroon. Sy tweede solo-album, The Hello Goodbye Boys, het eweneens ’n SAMA vir beste volwasse kontemporêre album gewen.
Lees die volle onderhoud met Arno Carstens.
![]() |
Arno (4). Hy het op 12 behoorlik kitaar leer speel. |
|
Arno as “5-of 6-jarige”. Hy het daarvan gehou om army-army te speel. |
![]() |
In Berlyn verlede jaar toe Arno saam met die Skotse rock-groep Simple Minds getoer het. |
![]() |
Net voor Arno en sy band New Porn vir die Stones geopen het, in 2007. “Ons kon hier hoor hoe hulle ’n klanktoets doen – ’n surrealistiese oomblik,” sê |
![]() |
Mel en Arno ontmoet Celine Dion in Maart 2008 in Johannesburg by ’n konsert van haar. |
![]() |
Saam met Ronan Keating ná een van die optredes wat Arno in Junie 2008 vir hom geopen het. |
Verwante artikels
-
Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Arno trek aandag oorsee!
-
Arno Carstens: Sy gunstelinge
SARIE Julie 2010
Hy verklap ook dít wat jy nie van hom geweet het nie...




























Kommentaar