Bertha le Roux (Emma): '7de Laan' beteken vir my...

Deur Charis Labuschagne, SARIE - Mei 2010

Bertha le Roux (Emma): '7de Laan' beteken vir my... Foto’s: Aubrey Jonsson Galery

“’n Geleentheid om my passie uit te leef, maar steeds ’n standvastige huislewe te kan hê.

Ek geniet Emma se rol omdat sy so baie mans soen. Grappie! Ek dink vroue vereenselwig met haar omdat sy halsoorkop verlief raak en al baie seergekry het. Ek is mal oor Emma – sy’s oulik en haar naïwiteit is deel van haar charm. Maar soms wens ek ek kon Gita speel. Dis ’n rol waarin jy jou tande behoorlik kan slaan. Ná agt jaar in 7de Laan het ek al ’n emosionele verbintenis met die sepie. Ek is trots daarop om deel van die span te wees.”

* Kyk ook na Bertha se nuwe babaklere-reeks, BabyB.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction