Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Ja, Bertha le Roux het nóg 4,5 kg verloor sedert SARIE met haar gesels het vir ons April-uitgawe! Sy dra nou trots klere in 'n nommer 32. Oor 'n paar dae is sy klaar met die dieet waarmee sy nou al 19,5 kg afgeskud het
Bertha vertel in jou nuutste SARIE oor dié dieet wat haar laat voel dat sy vir die eerste keer in jare op die regte pad is na gesond maerder word. Deel van die dieet is 'n "refeeding-program" wat sy tans volg ná sy haar teikengewig bereik het.
Sy het verlede Maandag (9 Maart) met dié program begin en sal vir 18 dae daarmee volhou.* Bertha het binne drie maande haar teikengewig bereik.
Die refeeding-program behels dat sy nou groter porsies kan eet en ook weer melk en brood kan geniet. "Ek kan nou een of twee meer vrugte per dag eet en my proteïenporsies stelselmatig vermeerder. Dis lekker om meer te kan eet."
Bertha sal uiteindelik selfs weer aan koekies en sjokolade weglê - maar in mátige hoeveelhede! Ná die refeeding kry sy 'n eetprogram wat sal help om haar gewigsverlies te onderhou.
"Ek sal moet aanhou met wat ek op die dieet geleer doen het: Ek moet drie maaltye 'n dag eet en twee peuselhappies tussenin. Ek kry ook riglyne wat my sal help om gewig af te skud as ek dit weer sou optel."
Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) sê:
"Ek deel ‘n aantrekkamer met Bertha en was nie net verstom met haar fisiese tranformasie nie. Soos die gewig letterlik afgeval het (enige meisie sal jaloers wees), het Bertha se hele persoonlikheid ‘n transformasie ondergaan. Sy is 'ligter' (van gees), trots op haarself en vol self vertroue. Sy is fabulous! You go girl!"
* Bertha se refeeding-program duur 18 dae, maar dit verskil van persoon tot persoon.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Bertha
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 29
Vat dit van my: Voorbladfoto's vir 'n glanstydskrif soos SARIE is nie 'n eenvoudige ding nie ... - Fanie Cronjé, sosiale en styl-redakteur
-
Bertha oor haar kinders en haar terugkeer na die Laan
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 21
Bertha le Roux, 7de Laan se Emma is weer terug in ons gunsteling Laan. Sy vertel ons van Brioné en Kiana, die ander 7de Laan-ma's en wat sy en haar gesin vir Kersfees beplan.
-
Bertha se dieet-vordering
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 18
-
Hier is Bertha se dieet
Só het Bertha le Roux (Emma van 7de Laan) 15 kg in 2 maande verloor
-
Mooier, maerder Bertha: "Kyk hoe lyk ek nou"
SARIE - April 2009
Sy straal nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. Dis 'n splinternuwe Bertha dié. Sien meer en lees meer oor Bertha en haar dieet in jou nuwe SARIE
-
Mooier, maerder Bertha: 'Kyk hoe lyk ek nou!'
Sy straal van selfvertroue nadat sy die kilogramme behoorlik afgeskud het. En Bertha le Roux gee ook volpunte vir Emma, haar karakter in 7de Laan, omdat sy die moed gehad het om Jan-Hendrik voor die kansel te los...
















Kommentaar
Jacqueline het gesê:
Haai, sy lyk pragtig. Stuur ook vir ons die resep. Sal dit ook graag wil probeer.
9de Nov. 2011, 11:16lallie het gesê:
suk graag die dieet program asb
15de Aug. 2011, 18:17Louise het gesê:
my baba is vandag 1maand oud en ek wil graag van die ekstra gewig ontslae raak,ek was eers skeptie oor die dieet maar het besluit om dit te doen so wag nou vir my eetplan, jy het my verseker finaal laat besluit om dit te doen, dankie.
21ste Mei. 2011, 13:13Rianda het gesê:
Jy lyk stunning.Het ook Dr Cohen se eetplan gevolg en dit werk soos n bom.Die wat vra dat sy haar dieet moet deel,dit gaan nie werk nie. Jy moet v bloedtoetse gaan sodat hulle spesiaal n eetplan vir jou kan uitwerk. Kyk op die internet vir die naaste kliniek.
11de Apr. 2011, 19:27Lynette het gesê:
Hi ek sou graag 'n voor en na foto van Bertha wou sien op een bladsy. Dit maak dit net soveel meer rerig. Ek moet 'n hele 55kg verloor en weet nie waar ek die moed vandaan gaan kry nie!!!! Ek is so bang vir diete want dit voel as ek ophou tel ek net weer drie dubbel op!!!
21ste Jan. 2011, 15:34Elverine het gesê:
hi Bertha kan jy asseblief vir my jou eet plan stuur sukkel om gewig te verloor is sieklik moet dringed gewig verloor dankie sal dit baie waardeur Elverine
23ste Nov. 2010, 18:31Nezel het gesê:
Ek het nie woorde nie, wees so gaaf en stuur my jou resep. Groot ASB
13de Nov. 2010, 16:15Cornelia het gesê:
Bertha jy lyk fantasties mooi.Kan jy my asb se waar ek die dieet kan bekom, en ook asb n kontak nommer gee.Ek bly tans op die Suid-kus in Margate
10de Nov. 2010, 12:47Jacqualene het gesê:
Dr Cohen het my bitter teleur gestel. Nadat ek soveel geld betaal het en 10kg verloor het, hulle die Dr Cohen tak in Potchefstroom gesluit. Ek is baie baie teleurgestel in hulle. Die ander probleem met die dieet is, jy kry nie jou stabiliseerings dieet as jy nie weeg wat Dr Cohen as jy idiale gewig beskou nie. Ek voel 52 kg vir my is baie maer. Soos dink twee keer. Biae vroue in Potchefstroom het meer as die gewig wat hulle verloor het, weer opgetel.
28ste Jul. 2010, 13:13Suzette het gesê:
Bertha het baie van ons inspireer, ek gaan self aansluit en hierdie keer is ek baie positief oor die hele dieët ding. Ek het sowat 15 kilos om af te skud en gaan dit beslis doen. Kan nie wag om te begin nie !
15de Mar. 2010, 14:52Heleen het gesê:
Bertha jy lyk fantasties. Jy moenie maarder word nie hoor.
21ste Okt. 2009, 16:43Adri Rheeders het gesê:
Jy lyk absoluut pragtig ek wil ook by daai kliniek ghaan aansluit.
13de Sep. 2009, 09:40Jenny het gesê:
Bertha jy was my inspirasie vir hierdie dieet. ek is nou al op die dieet sewe weke en het 13kilo's verloor. As ek moedeloos raak dan dink ek net aan wat jy bereik het en dat dit doenbaar is. Die foto's van die maand is stunning. My man wil weet waar jy die klere koop sodat ek ook so kan aantrek.!!!!
1ste Sep. 2009, 08:37Jo-Nell het gesê:
Sjoe Bertha jy lyk, ongelooflik mooi, ek was ook op dieeet maar het weer gewig aan gesit. jou foto's is 'n inspirasie vir my. Ek wil net weet as jy klaar jou re-feed het en als, kan 'n mens weer op jou dieeet program klim en net weer als van vooraf doen?
19de Aug. 2009, 20:07Nadine het gesê:
Net more bel ek die kliniek in Roodepoort. Ek was vasbeslote om my babagewig hierdie winter die trekpas te gee, maar die winter is verby en ek wil groter as ooit en ongelukkig met wie ek is en hoe ek lyk. Bertha, jou foto's is 'n inspirasie vir my - en ek wil ook goed lyk vir my kinders, wil he hulle moet trots wees op hulle ma en nie dieselfde gewigskwessies he as ek nie
17de Aug. 2009, 19:16Elizabeth Smit het gesê:
Bertha jy lyk fantasies!!! Kan jy my asb sè waar ek die dieet kan kry, of program...kontak nommer. Is daar 'n kliniek/dokter in die Wes Kaap? Waarheen moet ek gaan vir die bloed toetse?
14de Aug. 2009, 14:35Veronika Swardt het gesê:
Waar kry ek nog idees vir Bertha se eetplan. Ek benodig GROOT ASSEBLIEF spyskaart idees. Ek het Dr. Cohen se boek gekoop maar daar is net 'n eetplan vir 'n week in.
29ste Jul. 2009, 10:54fillicity het gesê:
hi bertha jy lyk asemrowend.ek sukkel al van ek jong meisie was met my gewig het al alles probeer.ek sal ook graag n paar kilo's wil afskud maar het nie die geld om deur al die prosedures te gaan nie,wil jy my nie asb help met n eet program en al die verskillende kosse wat dit insluit nie.ek sal dit baie waardeer,baie dankie sal graag van jou so spoedig as moonlik wil hoor raak oor 2jaar veertig en wil baie graag sexy lyk op my verjaarsdag ek wil die gaste se asem wegslaan
23ste Jun. 2009, 18:11Naomi Heckroodt het gesê:
Kan jy my asb sè waar ek die dieet kan bekom, of program...kontak nommer
22ste Jun. 2009, 02:58Cecillia het gesê:
Hi Bertha Eerstens wil ek net se "Emma" was nog altyd my gusteling karakter. Dankie dat jy jou sukses verhaal met ons deel en ons aanspoor om iets aan ons self te doen. Jy lyk ongelooflik, pragtig verby.
11de Jun. 2009, 15:06JILL het gesê:
EMMA EK IS SO TROTS OP JOU EK HAAL MY HOED AF VIR JOU.EK HET AL HOEVEEL KEER PROBEER MA FAIL ALTYD.
6de Jun. 2009, 11:41Sonja het gesê:
Liewe Bertha You rock Girl!!!! Jy lyk fantasties! Ekt ook navraag gedoen oor die dieet, maar bly nog skepties. Was al op al wat 'n dieet was, het verloor, maar weer dubbel soveel opgetel! En elke keer is dit so 'n klomp geld, ek kon al oorsee gaan met al die geld wat ek op dieet pille en strope en inspuitings uitgegee het. Eks nou nog die vetste wat ek in jare was, en is sowat 35kg oorgewig. Ek kan eenvoudig net die die dieet bekostig nie, HELP met raad asb.!!!!!!
6de Jun. 2009, 11:00Elizma het gesê:
Genugtig... hou so aan!!Jy is sprankelend en pragtig!!
28ste Mei. 2009, 13:21Dinah het gesê:
Hi Bertha. Jy was my insperasie. Ek sukkel ook al 'n HELE paar jaar met my gewig wat wipplank ry. Ek self was by Weighless en het 10kg verloor, maar daarna het my liggaam net besluit genoeg is genoeg, en dis nie asof ek my "goalweight" is nie. Ek het Saterdag 16 May na 'n praaitjie gaan luister oor die dieet en het net daar en dan aangesluit. Ek begin Donderdag 28 May met die dieet en kan nie wag om die resultate te sien nie. Jy is my insperasie en jou foto's het 'n spesiaale plekkie vir die dae wat die moeilik gaan. DANKIE!!!!!!!!!!!
21ste Mei. 2009, 14:46Janet het gesê:
Ek het ook al alles probeer - 'starvation diets' en al wat 'n pil is. Om na 'n week of 2 uit pure frustrasie tou op te gooi. Niks het natuurlik gewerk nie. Maar vandag, 7 Mei gaan ek begin met hierdie dieet. Ek het ook so om en by 15kg ekstra gewig wat ek saamsleep en wil nou finaal daarvan ontslae raak. Die helfte van die klere in my kas het ek gekoop omdat dit mooi is, maar ek kon dit nog nooit aantrek nie, omdat dit nie pas nie!!!!! Maar ek is seker oor 'n maand of 3 gaan ek dit kan aantrek. WATCH THIS SPACE PEOPLE. sal julle op hoogte hou. Dankie Sarie en liewe Bertha vir die inspirasie
7de Mei. 2009, 11:27Yolanda het gesê:
Ek is ook op Dr Cohen se dieet van Maandag 4 Mei af. Ek voel sommer alreeds beter en weet hierdie keer gaan ek suksusvol wees. Dit is ook lekker om te sien soveel van julle deel julle sukses verhale - dit inspireer my. Ek het 13 kg om te verloor en glo ek gaan dit ook binne 2 maande kan doen...
6de Mei. 2009, 19:27Liza het gesê:
Ek het self Dr. Cohen se dieet gevolg en het 38kg in 5 maande verloor - na 7 maande is my gewig nog dieselfde en volg en net die goue reels wat daarna vir jou gegee word en dan sal jy NOOIT weer gewig optel nie. En moenie dink jy kan glad nie gewone, lekker kos eet nie, nee jy kan enigiets eet. Dit was die beste ding wat ek ooit vir myself kon doen!
29ste Apr. 2009, 12:23Bianca het gesê:
Dit is fantasties wat met Bertha gebeur het, ek wil ook so lyk. Ek is baie negatief op die oomblik, ek trou in Augustus, ek het dringend hulp nodig.. kan jul my verwys na iemand om die dieet te begin volg.. ek bly in Kempton Park? Ek wil dit baie graag doen , nou!
28ste Apr. 2009, 13:05Ria het gesê:
Bertha jy lyk fantasies, jy is 'n groot insperasie vir my om gewig te verloor, sukkel ook met my gewig
28ste Apr. 2009, 12:54Lientjie het gesê:
Jy "ROCK"! Dit is inspirerend om te sien dat iemand amper 30 kg verloor en so blom. Jy het my gemotiveer!
21ste Apr. 2009, 12:19Stephney het gesê:
Well I must say she looks stunning. Can you please send me the diet as I am desperately overweight.
17de Apr. 2009, 13:55Linda Esterhuizen het gesê:
EK moet se, ek het nooit besef hoe mooi jy eintlik is nie! Hou so aan!
16de Apr. 2009, 09:57Elsabe het gesê:
Jy is my inspirasie!! Baie geluk met wat jy reggekry het. Ek het ook met die dieet begin wat jy gevolg het, en ek kan ook reeds na 'n week die verskil agterkom! Ek kan nie wag om te sien wanneer jy al daardie klere op 7deLaan afgooi nie..!
15de Apr. 2009, 19:50Lynne Cokart het gesê:
Jy lyk pragtig Bertha! Jy is werlik vir my 'n inspirasie! Ek het op 2 April met dié dieet begin en ek moet sê dit gaan sommer baie goed. Ek het daai mooi fotos van jou wat in Sarie verskyn het uitgeknip en op my yskas se deur geplak, sodat ek die hele tyd herinner word hoe suksesvol jy was op hierdie dieet! Welgedaan Bertha - jy verdien dit!!
15de Apr. 2009, 13:20Alda het gesê:
Vet of maer, jy was nog altyd pragtig. Maar ek moet sê: "Jy slaan nou my asem weg!!" Jy blom soos 'n bloedrooi papawer. Die fotograaf het alles bymekaar gebring, baie geluk aan julle albei.
14de Apr. 2009, 09:13Talishia het gesê:
weer ek, maar waar kan ek meer informasie kry op jou dieet??
13de Apr. 2009, 21:10Talishia het gesê:
jy lyk ongelooflik!!! ek gaan bietjie meer uitvind oor die dieet want ek sukkel al vir amper 3jaar om gewig te verloor maar ek tel dit so vinnig op as wat ek dit verloor! jy is my insperasie!!! thanx!
13de Apr. 2009, 21:00annemarie giliome het gesê:
Dit is great om te sien dat jy met jou deursettingsvermoe sukses behaal het! mooi so!! jy lyk pragtig!!!
13de Apr. 2009, 20:01AMANDA het gesê:
JY LYK STUNNING GIRL!!! KEEP IT THERE EK EN MY MAN BEGIN DONDERDAG 16 APRIL MET DIE DIEET, HOOP ONS KRY OOK SULKE GOEIE RESULTATE
13de Apr. 2009, 14:27Yolandi het gesê:
Hi, Deel Asseblief jou dieet met ons. Jy lyk ongelooflik. Ek sukkel geweldig baie om gewig ter verloor... HELP!!!???
11de Apr. 2009, 18:44MARIETTA het gesê:
JY LYK ONGELOOFLIK! SUKKEL SELF MET MY GEWIG. WAAR KRY EK MEER INLIGTING OOR DIE DIEET?
9de Apr. 2009, 16:40Salome Le Roux het gesê:
Hi Bertha, jy lyk ongelooflik. Ek sukkel nou al 2 jaar lank om van 10kg ontslae te raak, na my seuntjie se geboorte in 2007. Deel asseblief jou dieet met my.
9de Apr. 2009, 14:59Antonette Skeates het gesê:
Jy lyk absoluut "stunning"! Baie geluk!!! Jy het my geinspireer om ook op die dieet te gaan en is vanaf 27 Maart op die dieet en ek het al lekker verloor en voel fantasties! Ek het nog 'n lang pad om te gaan, maar ek is vasbeslote om daarby te bly, want jy is 'n voorbeeld vir ons almal!!!
6de Apr. 2009, 17:28Wendy Bezuidenhout het gesê:
Jy lyk STUNNING!!! Waar kry 'n mens inligting oor hierdie dieet? My man en ek wil graag gewig verloor maar ons sukkel.
5de Apr. 2009, 10:33doreen het gesê:
Jy lyk mooi en ons gister oor dit gepraat. Ek bly ma moedig jou soos mooi aan. Stuur groete vir mooi nig van die voortrekkers. Groete Doreen
2de Apr. 2009, 11:06mari het gesê:
hi jy lyk pragtig. maar waar het jy aan hierdie dieet gekom en hoe kan ek dit ook bekom.
26ste Mar. 2009, 10:00Lelanie het gesê:
Jy lyk stunning!! Vertel asb meer oor die dieët waarop jy is. My gewig is soos 'n klimtol, op en af.
26ste Mar. 2009, 08:53Sheranie Verster het gesê:
Hi , Jy lyk ongelooflik mooi ek was ook op die dieet gewees en het 21 kg verloor maar na my rug operasie sukkel ek verskriklik baie ek het weer 10 kg opgetel. Ek moet weer gewig verloor, help asb...
24ste Mar. 2009, 13:40Charmainw het gesê:
WOW - jy lyk voorwaar soos 'n model!! Wys jou net... waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.
24ste Mar. 2009, 12:23MAGDALENA CRAUKAMP het gesê:
JY LYK WONDERLIK.. KAN JY JOU DIEET PLAN MET MY DEEL... EK SUKKEL OM BY MY DIEET TE BLY, EN AS EK OP 'N DIEET IS DAN VOEL EK ALTYD HONGER...DEEL JOU UITHOUVERMOE MET MY ASB..
23ste Mar. 2009, 19:15Diame het gesê:
hi skat wil net se jy is my inspirasie en ek een van my groot drome is om net oor die telefoon met jou te praat. Die nuwe Bertha foto het ek op my yskas geplak en dit help,maar ek het nog 'n lang pad om te gaan. Nogmaals baie geluk en ek hoop ek kan ook so lyk eendag en meskien word my droom waar dat ek met jou kan praat. Mooi bly
22ste Mar. 2009, 21:05Rozanne Engelbrecht het gesê:
Jy lyk pragtig!!!
21ste Mar. 2009, 21:16FELANSIA het gesê:
Ek sukkel vreeslik my by 'n dietplan te bly. Ekt ook nie geld om 'n dietkundige te gaan sien nie. Ek sukkel vreeslik om gewig te verloor!!!! Ekt die planne gedownload, maar daar is niemand wat my aanspoor nie!!! Kan iemand my help???
20ste Mar. 2009, 09:42Zenobia het gesê:
sjoe sy lyk fantasties ek sal graag meer inligting rondom die dieet wil he ek sukkel erg
19de Mar. 2009, 16:05