Bertha oor haar kinders en haar terugkeer na die Laan
Bertha le Roux, 7de Laan se Emma is weer terug in ons gunsteling Laan. Sy vertel ons van Brioné en Kiana, die ander 7de Laan-ma's en wat sy en haar gesin vir Kersfees beplan.
Is jy nou weer voltyds terug by die Laan?
Ja, ons is volstoom aan die gang.
Wat mis jy nou die meeste van by die huis by jou kinders wees?
'n Ongejaagde oggend sonder spanning.
Is die nuwe roetine van weer werk toe gaan 'n groot aanpassing vir jou?
O ja! Dit verg nogal baie om myself elke dag uit die bed te sleep.
Hoe gaan dit met klein Brioné en Kiana?
Dit gaan goed met Brioné en Kiana. Hulle begin mekaar nou geniet en Kiana is BAIE trots op haar sussie!
Jou BabyB-onderneming is gereeld by die ekspo's en dit lyk of dit baie goed gaan?
BabyB groei stadig maar seker en ons het allerhande drome vir die brand. Watch this space!
Deel jy en van die ander 7de Laan-ma's gereeld baba-wenke? Wie van hulle gee die beste raad?
Almal van ons kan nogal raad uitdeel en veral as die kinders siek raak, help ons mekaar met boererate en allerlei ondersteuning.
Wat is die Wahl's se Kersvakansie-planne met Brione se eerste Kersfees saam met julle?
Ons gaan saam met my man se familie vakansie hou en ons hoop om 'n paar nuwe tradisies te begin. Idees is welkom...
Is Emma terug om te bly? Wanneer is sy terug op die kassie?
Emma is terug om te bly en julle kan haar einde Januarie terug verwag op die kassie.
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
Bertha le Roux (Emma van 7de Laan)
"Ek wil nie hê Kiana moet grootword met liggaamskwessies wat sy by my as ma geleer het nie. Ek wil 'n gesonde ma vir haar wees. Dit voel asof daar nou 'n lig aangegaan het. Ek besef ek kan nie gewig verloor met iets wat ek nie die res van my lewe kan...
-
Bertha le Roux - een hot mama!
SARIE - September 2007
Die eerste foto’s van klein Kiana, wat Bertha le Roux van 7de Laan se lewe kom verander – en verryk – het
-
Bertha le Roux skryf terug aan SARIE-lesers
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 32
Julle het op sarie.com vir Bertha laat weet hoe goed sy lyk. Lees nou hier wat sy te sê het
-
Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 52
Ja, Bertha le Roux het nóg 4,5 kg verloor sedert SARIE met haar gesels het vir ons April-uitgawe! Sy dra nou trots klere in 'n nommer 32. Oor 'n paar dae is sy klaar met die dieet waarmee sy nou al 19,5 kg afgeskud het
-
Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg
SARIE - Maart 2009
Ja, Bertha le Roux het nóg 4,5 kg verloor sedert SARIE met haar gesels het vir ons April-uitgawe! Sy dra nou trots klere in 'n nommer 32. Oor 'n paar dae is sy klaar met die dieet waarmee sy nou al 19,5 kg afgeskud het.
-
Bertha se pad na doelgewig ná haar baba
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 28
-
Lee-Ann Liebenberg se baba-dogter gebore
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Gia van der Walt is hier!
-
Naas Botha gesels met ons en wys sy foto's
SARIE - November 2010
Op die ou end van die dag is hy ’n rugbylegende wat wéét waar sy lojaliteit lê. As Naas Botha vandag terugkyk, is daar net een ding waaroor hy spyt is.
-
NUWE FOTO'S: Bertha (Emma van 7de Laan) se babaklere-reeks
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bertha le Roux (7de Laan se Emma) het 'n nuwe baba- en kleuter-klerereeks op die mark. Die idee vir BabyB het in 2003 begin toe haar ma, Griet, en haar suster, Corrie, 'n projek in Zambië begin het. Hulle het vroue leer naaldwerk doen, om hul eie klere te maak en dit dan te verkoop.
-
So leer ek my kinders waardes - 'n ma vertel
SARIE - Desember 2010
-
So lyk Emma se baba!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
Die aktrise Bertha le Roux het vir die eerste keer haar baba Brioné vir almal op Facebook gewys. Brioné is op 27 Junie 2010 gebore. Haar ousus Kiana is nou drie.
















Kommentaar
Heila het gesê:
So what as dit n 'ou' foto is... of ge 'airbrush' is.... sy was en is steeds n pragtige mens en puik aktrise...kom nou dames(ouens) - hierdie is n platform om kommentaar te lewer en nie om negatiewe dinge mekaar toe te snou nie....
26ste Nov. 2010, 21:49Lulu het gesê:
Ek hoop sy kan die skrywers van 7de Laan oorreed dat hulle die storielyn weer op standaard bring. Goeie en talentvolle akteurs word verlaag to vervelige karakters met die huidige storie lyn. Shame
16de Nov. 2010, 09:46MARIUS VAN SCHALKWYK het gesê:
AL JULLE DAMES DAAR BUITE WAT SO NEGATIEF IS EN VIR BERTHA SLEG SE ONTHOU NET 1 DING MATTHEUS 7:1 MOENIE OORDEEL NIE WNT DIE MAAT WAARMEE JY ANDER MEET GAAN MET JOU GEMEET WORD "OOK TOE DIE STAD SE MANS DIE HOER NA JESUS TOE GEVAT HET EN GESE HET MEESTER SY MOET GESTENIG WORD TOE SE JESUS DIE VAN JULLE WAT REIN VAN HART IS GOOI DAN DIE 1STE KLIP. EK WIL NET SE EK SKAAM MY OE UIT MY KOP UIT VIR JULLE VROUENS WAT SO LOOP EN SKINDER EN BERTHA SE NAAM SLEG MAAK EMMA EK DINK JY ROCK!!!!!!!!!!!!!! EN JYS AWSOME
16de Nov. 2010, 07:39Marietjie het gesê:
Ja dit wys jou nou maar net vandag dat vrouens so jaloers is op mekaar en die ander een niks gin nie.Emma jy lyk pragtig mense is jaloers en daarom praat hul so
16de Nov. 2010, 07:20JESSICA het gesê:
AL DIE VROUENS WAT IETS NEGATIEFS TE Sê HET, DIS DALK DIE GROEN DRAKIE WAT UIT KOM...AS IEMAND IETS GOEDS BEREIK WEES BLY SAAM HULLE..SIES MAN.
15de Nov. 2010, 15:22Venessa het gesê:
En die foto is ge: airbrush :! Ek kan ook so lyk
15de Nov. 2010, 14:07maryna het gesê:
Hi, vir die van julle wat nie weet nie - hierdie is nie 'n HUIDIGE foto van Bertha nie, dit is 'n foto van haar wat REEDS in April/Mei 2009 in Sarie verskyn het...
15de Nov. 2010, 12:03Riana het gesê:
Jy lyk pragtig, hou so aan. Jou baie gemis in 7 delaan en welkom terug.
15de Nov. 2010, 08:59Ruby het gesê:
Bleg! Dankie tog ek is verlos van kinderagtige sepies met swak aktrises - veral as hulle moet maak of hulle huil!!!
15de Nov. 2010, 08:56Jeane het gesê:
Well done!!! jy lyk fantasties!! geluk met die kleintjie..
15de Nov. 2010, 08:19Elsie het gesê:
Jy lyk pragtig ek weet ook nie hoe jy dit gedoen het hou so aan
15de Nov. 2010, 07:13santoinette het gesê:
hi jy lyk pragtig dis nie maklik om gewig te verloor nie jy is n inspirasie vir almal wat sukkel om gewig te verloor.
14de Nov. 2010, 20:34sannie het gesê:
hoekom gaan almal so aan oor haar???
13de Nov. 2010, 22:09Sarie het gesê:
Bertha jy lyk eenvoudig so goed, jy moet gerus jou dieetgeheime met ons almal deel want daar is baie van ons wat soos jy jare al sukkel om van die oortollige vetjies ontslae te raak.
13de Nov. 2010, 07:13Madeleine het gesê:
As DIT is wat kinders aan jou doen moet jy beslis nog 4 hê! Jy lyk PRAGTIG!
12de Nov. 2010, 16:49Caroline het gesê:
Bertha of te wel Emma van 7 de Laan jy lyk pragtig awesome verby hou so aan
12de Nov. 2010, 16:12gerda het gesê:
kan ek daai resep kry wow!
12de Nov. 2010, 14:39GERDA het gesê:
JY LYK ASEMROWEND MOOI. HOU DIT SO, DIT WAS SEKERLIK NIE MAKLIK GEWEES NIE EN WELKOM TERUG OP DIE KASSIE ONS HET JOU GEMIS
12de Nov. 2010, 14:24Jackson het gesê:
Waar is 'n 7de laan?
12de Nov. 2010, 13:55annatjie het gesê:
Sjoe dit is net eenvoudig fantasties glo dit was nie maklik nie baie geluk dit is wonderlik
12de Nov. 2010, 12:04ELIZE het gesê:
JINNE "EMMA" EK KAN NIE GLO JY LYK SO NIE, JY LYK PRAGTIG!!!! WAT HET JY GEDOEN??? JYS PRAGTIG.
12de Nov. 2010, 11:12