Bobby Skinstad: Dit wat jy nie van hom geweet het nie...

SARIE - Junie 2010

Hy het die verbeelding aangegryp met 'n rugbybal in die hand, en kaal bolyf... Maar deesdae is Bobby Skinstad tuis agter die mikrofoon - en gek oor sokker. Hier verklap hy 'n paar geheime...

 

 

1. Ek versamel boeke en het onlangs my voorraad uitgedun deur 10 bokse vol aan die Hospice te skenk.

2. Ek slaap met ‘n kussing tussen my arms en hou terselfdertyd met een hand my kop vas.

3. Ek leer my kinders om nie alles net so te aanvaar nie. As iemand my dogtertjie sou afknou, verwag ek dat my seun haar beskerm.

4. Henry Honiball wat vir Noord-Natal en ook vir Suid-Afrika gespeel het, was die sterkste, “hardste” man teen wie ek nog ooit rugby gespeel het. 

5. Ek glo geluk is ‘n gewoonte. As ek byvoorbeeld my goed in ‘n sekere sak sou dra en ons wen die wedstryd, dra ek volgende keer weer dié sak.   

6. Ek slaan nie maaltye oor nie en eet gesond. Maar ek en Debbie (sy vrou) eet nou en dan sjokolade.

SY GUNSTELINGE

1. Suid-Afrikaanse rugbyspeler: Os du Randt en Andrew Aitken. Hulle was hul tyd ver vooruit.

2. Oorsese rugbyspeler: Die Ierse Brian O’ Driscoll.

3. Boek: In Search of Excellence deur Tom Peters.

4. Film: The Usual Suspects en Mystic Pizza.

5. Musiek: Bruce Springsteen, oftewel “The Boss”. Hy is sowat 60 en hou nog maklik ‘n drie-uur-lange konsert! 

6. Kos: Braaivleis, pasta en pizza. My gunsteling-pizza is my eie restaurant, The Toad in the Village, se “Riche”. Dit het spekvleis, hoender, avokado, peperdew en feta.

7: Wyn Beyerskloof Pinotage want ek het dit op ‘n keer saam met Beyers Truter (mede-eienaar van die plaas) gedrink toe ek ‘n student was.

8. Vakansieplek: My huisie op Swellendam teen die Breërivier. Ek hengel terwyl my kinders naby kan wees.

9. Land om na te reis: Frankryk. Ek hou van Parys, Toulouse, die Franse Riviera en Normandië.

* Moenie die volle onderhoud in die nuwe Julie-uitgawe van SARIE misloop nie. Vanaf Maandag 21 Junie te kry.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Het nog altyd gedink dit is die mooiste man op aarde en daardie mooi sit definitief nie net aan die buitekant nie...Bob is 'n rolmodel vir enige kind en man en hy is 'n "tonic" vir die vrouegeslag (baie belangrik).

    22ste Aug. 2010, 11:41
  • Bobby was een van die beste voorbeelde van 'n goeie en getroue rugbyspeler, hy bly "good looking". Ons het hom Saterdag by die Old Biscuit Mill gesien en hy is nog net so 'n "gentleman".

    25ste Jun. 2010, 11:31
  • ek is nog altyd mal oor hom. een van die ordentlike rugbyspelers!!

    24ste Jun. 2010, 21:22
  • Bobby bly my favourite, hy het 'n stout seuntjie gesiggie, maar sy kinders en vrou is vir hom belangrik. Dit tel baie punte!

    24ste Jun. 2010, 18:16
  • Love sy rugbykommentaar

    24ste Jun. 2010, 06:53
  • Ek vind dit verskriklik interessant hoe Bob slaap. Ek slaap presies soos hy, is dit net toevallig, of is daar n groter betekenis... Laat my weet asb.

    23ste Jun. 2010, 15:38
  • yum

    23ste Jun. 2010, 14:14
  • ek het nie eers geweet hy is getroud nie!

    23ste Jun. 2010, 14:13
  • Kinders? het Bobby-hulle al kinders? hoe het ek dit gemis? kan nie wag vir die Sarie om te verskyn sodat ek als kan lees nie. dink nog altyd ou Bob is 'n HUNK (en moet erken, was daaaaai tyd selfs 'n bietjie verlief op hom...) LOL

    23ste Jun. 2010, 13:59
  • INTERESANT!

    23ste Jun. 2010, 10:36

Web Development by FormFunction