Bobby Skinstad se foto-album
Foto’s: Neville Lockhart Galery
Blaai saam deur sy foto-album vir 'n kykie in sy lewe.
Bobby Skinstad het in 42 toetswedstryde gespeel, 11 drieë gedruk en was in 12 wedstryde Springbokkaptein. Vandag is hy hoof-aandeelhouer in die restaurant The Toad in the Village in Noordhoek.
Benewens sy community pub (die restaurant), besit hy ’n paar selfoonwinkels in die Wes-Kaap en aandele in “enkele klein ondernemings”. Hy bestuur ook die Bobsforgood Foundation, wat liefdadigheidswerk doen. Tussendeur is hy ’n SuperSport-aanbieder en het hy sy eie leefstyl-en-sportprogram op radio, Saturday Mornings with Bob*. Dan gesels hy oor sport en “al die positiewe dinge van Suid-Afrika”.
Op die SuperSport-blog lewer hy kommentaar op rugbywedstryde en op www.rugbyjourney.com vertel hy van sy rugbylewe.
Hy is boonop ’n motiveringspreker vir maatskappye, banke en rugbyklubs oor onderwerpe soos leierskap of hoe om ’n wenner te wees.
Hier's 'n verdere kykie in sy besig lewe:
![]() |
Ek en my twee jonger broers, |
|
|
In ’n wedstryd vir Hilton College. |
|
|
My en Debbie se troudag |
|
|
My kinders, |
|
|
Ek oorhandig ’n paar skoolskoene |
|
|
In die Kfm-ateljee |
Verwante artikels
-
Bob Skinstad is trots SA
SARIE Julie 2010
Hy het die verbeelding aangegryp met ’n rugbybal in die hand, en kaal bolyf . . . Maar deesdae is Bobby Skinstad tuis agter die mikrofoon–en gek oor sokker. Bafana Bafana is juis sy no. 1!
-
Bobby Skinstad: Dit wat jy nie van hom geweet het nie...
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 10
Hy het die verbeelding aangegryp met 'n rugbybal in die hand, en kaal bolyf... Maar deesdae is Bobby Skinstad tuis agter die mikrofoon - en gek oor sokker. Hier verklap hy 'n paar geheime...
-
Dowe Mej. SA, Vicki Fourie, wys haar foto's
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 5
Al kan sy nie hoor nie, sing Mej. Dowe SA elke dag haar eie lied van oorwinning. Kyk maar, Vicki Fourie het groot planne vir die toekoms.
-
Naas Botha gesels met ons en wys sy foto's
SARIE - November 2010
Op die ou end van die dag is hy ’n rugbylegende wat wéét waar sy lojaliteit lê. As Naas Botha vandag terugkyk, is daar net een ding waaroor hy spyt is.





























Kommentaar
patricia het gesê:
Ek dink Bob skinstad is absoluut wonderlik! ondanks sy sukses het dit nie na sy kop gegaan! dit maak n mens trots om te weet daar is nog optegte sporsterre in Suid afrika! well done Bob!
26ste Aug. 2010, 20:04