Boer Tickey se Selme-Louise oor die lewe op Loxton
Foto’s: verskaf Galery
Ná vier reekse is Selme-Louise en Tickey van Wyk steeds die enigste paartjie wat tot trou gekom het in die gewilde Boer soek ’n vrou-reekse. sarie.com het gaan uitvind wat hul geheim tot geluk is.
Die Van Wyks woon dolgelukkig op hul plaas op Loxton in die Karoo saam met hul jaar en ’n half oue seuntjie, George.
Tickey en Selme-Louise sê hulle is ’n doodnormale paartjie wat op ’n unieke manier ontmoet het, maar ook soos almal anders die pot aan die kook moet hou. “'n Mens kan byna nie glo dat 'n so program kan werk nie, maar ons glo die Here het ons paaie laat kruis,” vertel Selme-Louise.
Sy was voordat sy in 2008 aan Boer soek ’n vrou deelgeneem het ’n onderwyseres in Nelspruit en dit sou onwaarskynlik wees om ’n boer van Loxton raak te loop ...
“Ons is steeds mal oor Boer soek ’n vrou. Ons mis nie ’n episode nie!” bieg Selme-Louise. Sy sê sy gaan van vooraf saam met die meisies deur die emosies soos die reeks vorder.
Alhoewel die media nie meer op hulle toesak nie, vertel sy dat daar wel nog mense is wat hulle op straat herken en kom groet, maar dat dit baie minder is. “Ek dink die feit dat ons 100 km uit die dorp op ’n grondpad bly, help seker ook!” skerts sy.
Oor George sê sy: “Hy het ons lewe só verryk. Dit is vir ons ’n wonderlike voorreg om ouers te kan wees.”
Hul dae op die plaas lyk nooit dieselfde nie, veral oor klein George. Maar gewoonlik eet hulle almal saam boeremeelpap. Selme-Louise sê sy het nooit daarvan gehou nie, maar kan nou nie haar lewe daarsonder voorstel nie!
Ná ontbyt gaan Tickey veld toe. “Ek en George skei dan room af en sorg dat daar varsgebakte brood in die oond is, want die dorp is mos ver. En'n boer hou van 'n bord gekookte kos in die middag, so tussendeur laat ek die potte prut op die stoof.
“Ek speel ook juffrou-juffrou met George, en ons speel baie opvoedkundige speletjies.”
Wanneer George in die middag slaap, doen Selme-Louise die boerdery se boeke. En as hy wakker word, gaan boer hulle saam met pappa Tickey.
In die aande is hulle flou, maar tog het dié wonderlike paartjie steeds tyd om die Loxton-boeresportdag wat net om die draai is, te reël!
















Kommentaar
Reo van Schalkwyk het gesê:
Niemand sal ooit kan sê dat mense se paadjie nie deur 'n hoë hand beplan is nie. Mag julle saam, baie wonderlike jare beleef.
30ste Nov. 2011, 20:31Frank het gesê:
Leuk te lezen dat "Boer zoekt Vrouw" ook in Zuid-Afrika een sukses is.
28ste Nov. 2011, 16:29Amelia het gesê:
Die absoluut volmaakste paartjie. Jul is 'n pragtige gesin.
28ste Nov. 2011, 16:02Ashleigh Sutherland het gesê:
Tickey Selme en klein George,,man, die liefde en vrede vir Jesus en mekaar straal sooooo uit jul hele wese dit kan nie anders as om jul net verdere seen vir jul pad vorentoe toe te wens nie...voorwaar is julle regte voorloper kandidate vir gesins geluk. Aai Selme, ek kan die reuk van tuis gebakte brood en boerekos in jou kombuis ruik,,,wens ek was daar.....Tickey. ek ruik die vars grond en voel dit tussen my tone wanneer ek jou handewerk bewonder..ek dink jy is n boer in murg en been...haai klein George,,tannie kan al sien hoe kyk jy vir mamma met jou groot ogies wanneer sy vir jou kinderliedjies sing en dalkies vir jou se 1 + 1 = 2....... Seenwense vir die feestyd en voorspoed en geluk vir 2012..................L0vieS....xxxxxxxxxxxxxxxx
26ste Nov. 2011, 09:56Annetjie Merrick het gesê:
Julle is die pragtigste paartjie (wat ek dink) wat nog ooit in enige van die reekse was. Dit is asof die ander net gaan om gesien te word. Die een boer wat my laat twyfel het in die laaste reeks het my eintlik gisteraand twee keer laat dink. Ek sluk my woorde want Johan en sy metgesel pas ook bymekaar en is wat jy sien. Geen verrassings nie. Mag julle huweliksbooitjie veilig seil en pas George mooi op.
25ste Nov. 2011, 15:26suzette smal het gesê:
dit was die beste reeks tot nog toe. het julle baie geniet op die program. julle is `n pragtige paartjie en `n voorbeeld vir so baie. sterkte vorentoe!
25ste Nov. 2011, 14:50Karin het gesê:
So gewonder hoe dit met julle gaan. BLy vir julle.
25ste Nov. 2011, 12:44Wilma het gesê:
Het van die begin af gesê julle 2 was 'n match made in heaven. Perfekte pasmaats. Geniet julle lewe saam met julle pragtige kleinding.
25ste Nov. 2011, 09:41Tina het gesê:
Baie bly dat julle so gelukkig is. Dit kan geensins maklik wees om onder sulke abnormale omstandighede `n verhouding met iemand aan te knoop en boonop alles wat daarmee saamgaan te oorleef en die verhouding te laat werk nie. Dit vat baie spesiale mense met baie besonderse kwaliteite en die regte waardes. Wil net sê dat hulle nié die enigste paartjie van die reeks is wat tot trou gekom het nie, soos die berig lei nie. Daar is ook boer Flip en sy Wanda wat ook maar `n opdraende pad geloop het, maar ook dolgelukkig is. Baie geluk aan julle.
24ste Nov. 2011, 12:39Beryl Schmidt het gesê:
Baie oulik! 'n feetjie verhaal.
24ste Nov. 2011, 12:26Rina Bouwer het gesê:
Ek was nog altyd nuuskierig om te weet hoe dit nou met julle gaan en nou weet ek Ag julle is twee pragtige mense en saam met julle seuntjie wens ons julle net die beste toe.
24ste Nov. 2011, 09:18Riconette het gesê:
oulik
24ste Nov. 2011, 07:58johan het gesê:
Ons kyk nie meer die reeks nie want julle storie was die ultimate feeverhaal ... ons eie Notting Hill Dankie dat ons dit kon deel.
24ste Nov. 2011, 00:23Wally Fivaz het gesê:
'n Pragtige foto van drie pragtige mense! PS : Ek het in die 60-tiger jare op Victoria-Wes skoolgehou - nie ver van julle af nie. Dit was die heerlikste 4 jaar van my onderwysloopbaan - pragtige Karoo met pragtige mense!! Lekker werk en bly!!
23ste Nov. 2011, 18:19Alta Williams het gesê:
Julle is 'n stunning paartjie, van die begin af het ek geweet dit gaan werk! Mag die Here julle saam wees Seen en mag jul net vreugde en voorspoed ervaar!
23ste Nov. 2011, 17:14Francis van Zyl het gesê:
Hi Tickey en Selme julle is twee stunning mense. So mooi sien mens maar min. Hou so aan en geniet 'n baie mooi voorbeeldige lewe saam. Julle seuntjie is pragtig. Soentjie vir hom. Baie liefdetjies
23ste Nov. 2011, 15:00Petro Wilders het gesê:
Ons mis julle op boer soek 'n vrou!!! Mag jul huwelik altyd geseend wees en jul elke dag sakke vol geluk en liefde ervaar.
23ste Nov. 2011, 14:00ELISE het gesê:
SIEN STORIE
23ste Nov. 2011, 13:34blackhuff het gesê:
Baie lekker om te sien hoe dit gaan met die paartjie. Hulle het 'n pragtige seun en ek hoop God sëen julle nog baie in die toekoms.
23ste Nov. 2011, 13:12Susan Neethling het gesê:
Julle het vir die regte redes ingeskryf en so bymekaar uitgekom Julle waardes is vir julle belangrik en God jul Koning dit is hoekom julle huwelik werk!! Vrede en Geluk vir julle twee en klein George!!
23ste Nov. 2011, 09:25Corrie het gesê:
Wanneer die Here deel van jou lewe en huwelik is kan dit nie anders as om goed te gaan nie, prys die Here!!!! Baie seen vir julle en onthou "they that pray together, stays together"!!! 'n Vreugdevolle Kersfees word julle toegewens en 'n Voorspoedige 2012.
23ste Nov. 2011, 09:11Marlene het gesê:
Ek het ook van Boer soek 'n Vrou gehou, maar dis al asof hierdie reeks "afgewater" is, weet nie of die manne my afsit nie ... ☺. Julle 2 is 'n wonderlike voorbeeld, geloof, liefde, groot boustene van 'n huwelik.
23ste Nov. 2011, 08:07Joan Olivier het gesê:
Ag dis lekker om julle so gelukkig te sien. Geniet die lewe saam en ook daai pragtige kleinding van julle. Ek hoop julle net die beste toe en weet julle is n voorbeeld vir baie. So bly dat julle mekaar ontmoet het en so bymekaarstaan. Alles wat mooi is vir die jare vorentoe. Julle is n stunning paartjie. Groete. Joan Olivier
22ste Nov. 2011, 21:26Oom Hendrik het gesê:
Ek onthou nog Tickey se verstomde bewondering nadat jy hom ontmoet het in die eerste onderhoud! Julle sukses gee die opvolgende reekse byna iets soos 'n bestaansreg. Voorspoedwense en geniet vir George.
22ste Nov. 2011, 17:54Leonie Schmidt het gesê:
Julle is pragtig! 'n Volmaakte gesin.. en is die outjie nie te oulik nie! Ek glo julle geniet hom vreeslik! Alles wat mooi is vir die Feesseisoen en ek hoop Kersvader bring vir daai kleinding sommer baie speelgoed! Groetnis...
22ste Nov. 2011, 17:17Suzette het gesê:
Pragtig, pragtig en nogmaals pragtig, kyk die liewe Vader loop ompaaie met mens se lewe maar as jul beskore is vir mekaar sal jul by mekaar uitkom, dis verseker die twee is te sweet , geniet die lewe op Loxton ek gaan nog eendag daar draai maak.
22ste Nov. 2011, 16:18Ruth het gesê:
van dag een geweet jul is vir mekaar bedoel so 'n pragtige paartjie! ons bid jul net voorspoed en geluk toe George is pragtig!!!!!!!
22ste Nov. 2011, 13:33Marianne Crowe het gesê:
Ek het nou die dag oor julle gewonder. Julle is vir my die mooiste paartjie en het nou nog die oulikste kleinding ook! Mag julle 'n wonderlike Kerstyd hê en baie seën vir julle as gesin. Hoop om vorentoe nog artikels oor julle te kan lees.
22ste Nov. 2011, 12:59Anna van Schalkwyk het gesê:
Gee asb ook bietjie terugvoer wat het van die vorige reeks se boere geword. Jacobus en Ina, Pieter en sy goue meisie, Vlok en die kwaaitjie, Chef Rainier en die meisie wat saam met hom was by die re-unie. Nou kan ek nie onthou wie was nommer vyf nie. Een van die boere wat nie in top vyf was nie, maar in die top 10 is ook getroud met 'n meisie wat vir hom geskryf het en wat saam by reunie was.
22ste Nov. 2011, 12:47Adelene Posthumus het gesê:
Ek is SO bly om die artikel te sien. Ek wou al skryf dat iemand hulle interview. Was so nuuskierig om die klein boertjie te sien!!! Dankie hiervoor!
22ste Nov. 2011, 12:45Tania het gesê:
Sjoe, kan nie glo hoe die tyd gevlieg het nie! Dis 'n wonderlike storie en dit is goed om te sien dat julle wonderlike waardes het. Alles van die beste vorentoe
22ste Nov. 2011, 12:39Lomine Brynard het gesê:
Dit is my fav couple! Mal oor julle en mag dit 'n geseende tyd vir julle ook wees. Jul seuntjie is te cute.
22ste Nov. 2011, 12:33Marlene Van Wyk het gesê:
Julle is stunning. Jul ou seuntjie is so pragtig. n Wonderlike geskenk van God. Wanneer n mens in jou verhouding en huwelik vir God deelmaak daarvan, dan is baie dinge moontlik en dit kan n sukses wees. Mag julle elke dag die liefde en vrede van Jesus ondervind en Mag HY julle saam gelukkig hou op julle lewenspad vorentoe.
22ste Nov. 2011, 12:32Linda het gesê:
het nog altyd van die twee gehou geluk en vreugde vir die res van jul lewe!
22ste Nov. 2011, 12:13esme badenhorst het gesê:
Van al die boere is en bly julle die beste Ek was nog altyd mal oor julle. Ek hoop om meer in die toekoms van julle en George te hoor. Geseende Kerstyd vir julle!!!!
22ste Nov. 2011, 11:58Nicole Johnson het gesê:
Baie baie dankie aan sarie vir die wonderlike artikel. So bly dat alles vir julle uitgewerk het. Julle is n pragtige familie!
22ste Nov. 2011, 11:57H Lambert het gesê:
Pragtig! Julle is 3 oulike mense! Ekt daardie Boer soek 'n vrou gemis maar kan sien julle 2 tjies pas baie mooi aan geluk en sterkte vir die toekoms!
22ste Nov. 2011, 11:46Michelle het gesê:
Aaaaaawww so mooi om te lees julle is gelukkig en dat alles so mooi uitgewerk het op die einde - dit gee ons ander mense sommer hoop dat ons ook so gelukkig sal opeindig
22ste Nov. 2011, 11:41Heleen Jansen het gesê:
Julle twee is pragtig en n mooi voorbeeld vir talle jong mense,ek wens julle alle seenwense en voorspoed toe vir die Kers tyd en vir die res van jul lewe saam as n gesin. Hou so aan,
22ste Nov. 2011, 11:27