Charlize oor Dior J'adore
Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.
Dié parfuum, wêreldwyd Dior se gewildste, is nou tien jaar oud. John Galliano, kunsdirekteur van Dior en van die J’adore-veldtog, het Charlize om ’n goeie (gulde) rede gekies. Soos Galliano dit stel: “Goud is ’n mitiese kleur, dis sinoniem met Dior. Met haar natuurlike goue hare is Charlize die nuwe Marilyn (Monroe) van die 21ste eeu. Sy vergestalt die Hollywood-droom beter as enigiemand anders. Met haar inherente sensualiteit het sy dadelik die godin van goud op die stel van die advertensie geword. Sy het J’adore verpersoonlik en almal in die ateljee betower.”
Hoe het jy gevoel toe jy die eerste keer J’adore geruik het? Watter woorde het by jou opgekom?
Dit was vir my sexy en sterk, dis hoekom ek so daarvan hou. Dis nes ’n vrou . . . sensueel en waaghalsig.
Toe J’adore bekend gestel is, het Christian Dior Parfums dit so beskryf: “Vreugdevol, goddelik, optimisties, stralend”, geskep vir ’n “vry en hedonistiese vrou”, “’n absoluut vroulike geur”. Herken jy jouself in hierdie woorde?
Dis moeilik om na myself te kyk en sulke dinge op my van toepassing te maak, maar ek is ’n vrou en ek dink alle vroue is goddelik. En ek is beslis optimisties.
Jasmyn, ilang-ilang, roos en soetemaling is onder die top- en hartnote van J’adore. By watter noot vind jy die meeste aanklank?
Ek kan nie een bestanddeel uitsonder nie, want dis die kombinasie van almal wat die parfuum so besonders maak. Dit gee my beslis ekstra selfvertroue en laat my sexy voel. Dit vang die essensie van glamour vas en is terselfdertyd hartstogtelik.
Jy het netnou vertel van jou samewerking met John Galliano, die maestro agter alles. Werk jy ook nou saam met die regisseurs en fotograwe van die J’adore-veldtog?
Dié soort samewerking is my gunsteling-deel van die artistieke proses. Trouens, dié aspek van toneelspel is so opwindend dat dit my na vervaardiging gelei het.
Waar dra jy graag jou parfuum?
J’adore ís my gunsteling en ek dra dit aan my nek, agter my ore en op my polse – al die sexyste dele van ’n vrou!
Is J’adore ’n uitdrukking wat jy dikwels gebruik? (Dis Frans vir “ek is mal oor” oftewel “I adore”.)
Dis ’n wonderlike frase. Wat is daar om nié oor mal te wees aan J’adore nie?
Verwante artikels
-
Charlize los haar kêrel, Stuart Townsend
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Charlize Theron en Stuart Townsend is uitmekaar. Hul verhouding was bestempel as een van die mees stabiele verhoudings in Hollywood, maar die romanse van 9 jaar is nou verby.
-
Charlize Theron praat eksklusief met sarie.com
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 7
Sooooo sexy, maar sy hou nie van dié etiket nie. En Charlize Theron se grootste swakheid? Kos! Sy dink die hele tyd daaraan. In dié lekker onderhoud verklap sy ook wat sy wil doen as Hollywood haar nie meer wil hê nie ...
-
Dior dank John Galliano af
SARIE - Maart 2011
John Galliano, wat sedert 1997 die kreatiewe brein van die gewilde modehuis Dior is, staan nie verniet as die "bad boy" in die modebedryf bekend nie. Hy is aan die begin van Maart 2011 afgedank nadat hy verlede week 'n paartjie in 'n restaurant uitgeskel het en videomateriaal daarvan Maandag op YouTube verskyn het.
-
Dior se tydlose geure
SARIE - Julie 2009
Christian Dior het parfuum deur die oë van ’n modeontwerper gesien.
-
Goue Charlize: sarie.com is eksklusief op stel
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 37
Dior J'adore is vanjaar 10 jaar oud en Charlize, SA se goue meisie, is die gesig van dié topverkoper-parfuum. Kuier agter die skerms toe dié pragfoto's vir die advertensie geneem is.
-
Goue meisie Charlize se skoonheidswenke
SARIE - Desember 2009
As sy haar geluk kon bottel, sou Suid-Afrika beslis een van die bestanddele wees, vertel die goue Charlize Theron. Hier deel sy háár skoonheidsgeheime eksklusief op sarie.com
-
Larry King: "Charlize Theron is die sexyste vrou met wie ek nóg 'n onderhoud gevoer het"
SARIE - Junie 2010
"Sy's 'n godin! En daai aksent. Sy is mooi van binne en buite, en dit kan 'n mens duidelik sien. En sy's sexy." Dit was Larry King se antwoord Saterdagaand op 'n vraag van Quentin Tarantino oor watter vrou met wie hy al 'n onderhoud gevoer het, hy dink die sexyste is.
-
Legendes skitter in nuwe Dior J’adore-kortfliek
SARIE September 2011
Die nuwe advertensie vir Dior se parfuum J’Adore vat jou op ’n tydreis deur die dekades!
-
Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak
Dié Oscar-wenner, bekend vir haar rol as Edith Piaf in La Vie en Rose, gaan oor die volgende 2 jaar in 4 Dior-kortflieks speel
-
Perfekte wimpers met slim tegnologie
SARIE - Maart 2011
Nou kan ook jy lyk asof jy van die loopplank afgestap het met Dior se nuutste maskara.
-
SARIE, Charlize en sokker!
SARIE - Desember 2009
Op die Charlize-webtuiste, charlizeonline.com, word daar geskryf oor SARIE se treffende Januarie-uitgawe.
-
Tannie Evita en Charlize in Hollywood
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Charlize Theron, Benoni se Oscar-wenner, lang verlore susterskind van Tannie Evita Bezuidenhout (Pieter-Dirk Uys) is verlede week in Hollywood herenig.
















Kommentaar