Christa Steyn se genadetyd
Foto’s: Phyllis Green Galery
Sy’s nie bitter of kwaad nie, nie eens terneergedruk nie – en sy sal aanhou komponeer, aanhou werk, aanhou veg. Christa Steyn, een van SA se grootste musieksterre, praat oor goue oomblikke en haar stryd teen kanker.
Dis ’n baie siek, moeë Christa Steyn wat die deur van haar ateljee in Pretoria-Oos oopmaak.
Sy’s net ’n skadu van die verhoogpianis wat oor dekades heen ’n ster in die Afrikaanse musiekbedryf geword het.
In Junie 2010 het sy gehoor sy het borskanker en dit het intussen na onder meer haar lewer en niere versprei. Die afgelope paar maande het die siekte haar so afgetakel dat sy sê sy’s nou in haar “genadetyd”. Maar sy hou aan met die chemoterapie, al lyk die prognose hoe sleg. “Ek sal nie ophou veg nie.”
Waar haar lang blonde hare eens was, is nou ’n kopdoek, haar gesig is onherkenbaar geswel weens die kortisoon en sy moet kort-kort die onderhoud onderbreek omdat sy naar word as gevolg van die chemoterapie. Maar in haar blou oë sien jy nog die vonkel van die Christa van ouds – die pragtige vrou wat met die klawers kon toor.
Sy het vrede gemaak met die verandering in haar voorkoms weens die chemo en die gewig wat sy die laaste jare aangesit het. Sy spot dit het haar goed gepas in haar en Jannie du Toit se vertoning Jannie en die Tannie. “My hare wat uitgeval het, die swelsel weens die kortisoon waarmee ek behandel word . . . Dis als oukei.
“Soms word ek in die middel van die nag wakker en wonder wanneer gaan dit verby wees . . .”
Maar sy’s nie terneergedruk nie. “My kop is eintlik op ’n wonderlike plek al het die dokter my vandeesweek [dit was middel Desember] ingelig ’n nuwe gewas groei agter my borsbeen. Ek voel my lewe is nou finaal in God se hande. Dit is nie vir my of dokters om te besluit hoeveel maande nog nie.”
* Lees die volle aangrypende onderhoud met Christa in die Maart 2012-uitgawe (vanaf Maandag 13 Februarie te kry).
KONSERT VIR CHRISTA
In die vertoning 20 Hande 1 Hart, wat in April deur die Met Mathys Trust by die KKNK aangebied word, kom tien uiteenlopende kunstenaars op een verhoog saam, met veral twee dinge gemeen: Die klavier en ’n liefdevolle respek vir Christa Steyn.
SARIE is die mediaborg van die Met Mathys Trust, wat op die been gebring is om kunstenaars in krisistye by te staan ná die motorfietsongeluk van die sanger Mathys Roets.
Kunstenaars soos Pedro Kruger, Lize Beekman, Ollie Viljoen, Matthys Maree en Janine Neethling sal te sien wees in dié uitsonderlike musiekervaring met solo’s, duette, improvisasies en skermutselings.
Rand Merchant Bank is ter wille van deursigtigheid die trustee van die trust.
* Die KKNK-vertonings is om 20:30 op 5 April en 10:00 op 6 April in die Absa-burgersentrum en kos R100.
Verwante artikels
-
Christa Steyn met ’n pragroos vereer
SARIE November 2011 | Kommentaar: 9
Die bekende en geliefde musikant, liedjieskrywer en komponis Christa Steyn vermaak gehore al vir 25 jaar met haar unieke musiekstyl en liedjies. Christa is veral bekend vir treffers soos “Ek wil vir jou” en “Aan die einde van die reënboog”.
-
VIDEO: Top-pianiste speel op konsert vir Christa
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 6
Tien van Suid-Afrika se voorste pianiste het onlangs op Potchefstroom bymekaargekom om nog 'n konsert ten bate van Christa Steyn te hou. Hier's enkele video-hoogtepunte.
















Kommentaar
Daleen het gesê:
Liewe Christa Ek hou skool by n skool vir gestremdes leerlinge (students with Specal Needs) hier in New Zealand. Ek speel elke more vir hulle jou pragtige musiek en tot van die Engelse personeel is gaande daaroor. Baie sterkte en liefde ook van hier af.
1ste Mar. 2012, 11:20Traandruppel het gesê:
Lewe jy nog?
29ste Feb. 2012, 12:56Lynette Pienaar het gesê:
Geen mens kan dink waardeur jy gaan nie, maar ek wens jou baie sterkte toe. Mag God se Genade en Liefde jou met warmte omvou en weet dat ons elke dag vir jou bid en in liefde aan jou dink. Jy is voorwaar 'n besondere mens. Die hele Suid Afrika bid vir jou!!
21ste Feb. 2012, 05:56Jeaneth du Toit het gesê:
Christa, jy is so pragtige mens, binne en buite. Sterkte vir jou in hierdie moeilike tyd. Ons bid vir jou. liefde
20ste Feb. 2012, 17:46Ria Lourens het gesê:
Liewe Christa, Suster met dieselfde probleem, en twee broers afgegee weens kanker. As ek so sleg voel van ek weet nie wat, en voel ek kan nie meer verder, wil 'n mens in die rigting dink, maar doen dinge en voel netnou weer beter. 'n Jong familielid - 27 jaar - met longkanker en ander vriendinne met verskeie kankers. 'n Siekte wat nie vasgepen kan word nie, maar ons hou aan met bid vir julle almal. God se genade is groot en Hy het ons sooo lief!! Sy grootheid vind gestalte in sy genade vir ons. Baie liefde vir julle almal.
20ste Feb. 2012, 17:43amanda het gesê:
Jy is voorwaar n YSTERVROU Christa !!
20ste Feb. 2012, 08:38Hannetjie Fourie het gesê:
Christa jy is 'n wonderlike sterk vrou. Weet dat die Here met jou is. Elke dag gaan dit nie goed nie, maar die Here kyk na sy kinders. Dra jou op in my gebede. Wonderlike dag.
20ste Feb. 2012, 07:50Annelien du Plessis het gesê:
Hierdie artikel het my vanaand so aangeraak. Ek wil weet hoe kan ek met Christa kontak maak. Ek is n begeleier en het n vriendin met n hemelse stem. Ek voel net in my hart die Here se ons moet vir haar gaan musiek maak. Ek bly ook in die ooste van Pretoria en sal dit as n voorreg beskou om vir haar te kan speel en sing.
19de Feb. 2012, 21:16Pieter Scheffer het gesê:
Liewe Christa, Ons hier in New Zealand luister nog steeds graag na jou , geniet jou allerpragtigste musiek en waardeer jou . Jy woon in ons gedagtes en harte en ons bid vir jou toe -God se genade . Hy besluit oor jou toekoms en het jou baie lief en sorg vir jou -vertrou op Hom .Nou ken ons nog net ten dele eendag..... jy gaan by jou Vader woon vir ewig ---geen pyn of smart ...net daar by Jesus se voete ...al Sy kinders ..ons is almal op pad . Dankie vir jou getuienis . Baie liefde -pieter scheffer .
19de Feb. 2012, 13:01Stephanie Gernandt het gesê:
Christa jy is 'n engel op die aarde! 'N Ware inspirasie vir amal en ek kan net in my verbeelding hoor hoe klink die hemelse musiek met jou wat die pianis is! Sterkte vir elke dag en mag ou las lig gemaak word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Ons is lief vir jou!
19de Feb. 2012, 07:47Gigi het gesê:
Kan ek julle almal 'challenge' om te gaan luister na n 'teaching' : 'God wants you well' en 'You've already got it' deur Andrew Wommack. Soek dit op die internet. God het Sy Seun vir al ons siektes laat sterf en as ons dit net sal glo en verkondig aan die wereld dat ons klaar gesond gemaak is 2000jaar gelede toe Jesus gesterf het sal genesing plaasvind!! Geen kanker kan teen die naam van Jesus staan!! Sterkte Christa!
18de Feb. 2012, 23:24Pine het gesê:
Crista dankie vir jou musiek.Jy is een in 'n duisend.Mag jy vrede en genade vind in Jesus se arms.Sterkte vir jou en jou familie.
18de Feb. 2012, 20:46Daan het gesê:
Christa,niks kan ons skei van Sy liefde nie>Jesus is die Liefde self en Hy woon in Sy kinders se harte.Daar is 'n gediggie wat sê: "Two men were behind bars,one saw the mud and one saw the stars..."
18de Feb. 2012, 20:03Jenna het gesê:
Ai Christa, wat se n mens in hierdie tyd vir jou? Ek kan my nie dink waardeur jy gaan nie, want ek was nog nie daar nie. Ekself, het n ander, maar lewensgevaarlike siekte gehad, maar 10 jaar later, weet ek dat ek erens tog n doel op moet het. Ek het die doel nog nie "gesien" nie, maar dit sal nog aan my geopenbaar word. Waarmee ek myself kan vereenselwig, is dat n mens in daardie tyd van beproewing besef hoe broos die mens is. Ek was altyd in beheer van my lewe, maar toe tref die siekte my. Ek wou nog baklei, maar moes leer dat ek nie in beheer van my eie lewe is nie. God is. Hy besluit wat met ons gaan gebeur. Die manier hoe ons die situasie beheer, le in ons hande. Mag Liewe Jesus vir jou in hierdie tyd al die krag en moedigheid gee wat jy nodig het.
18de Feb. 2012, 08:55Gerald Smit het gesê:
X
18de Feb. 2012, 08:54Annie het gesê:
Ek stuur vir jou mandjies vol JESUS Lig.... ! Vertrou op die Here! Ek is ook in remissie... 2jaar. Ons kan net bid vir bystand, die Here is groot!
17de Feb. 2012, 23:28Altie Steenkamp het gesê:
Wat kan ons doen/se/skreeu/baklei/bid? Al wat daar is is om dankies uit te deel aan jou! n Juweel vrou! Is dit nie ironies dat sulke vroue altyd n mens aanraak nie? Ons was daar - swaar genoeg - n juweel Moeder verloor op 43. Die lewe is nie regverdig nie - ons moet dit aanvaar - die lewe het egter aan ons n Christa Steyn gegee. Alle hoop is egter nie verlore nie - niemand weet wat die plan is nie. Sterkte - geloof help met alles!
17de Feb. 2012, 21:23Lindie van Wyk het gesê:
Ek is in 2010met borskanker gediagnoseer. 'n Knop voor aan die bors van 15cm is verwyder. Volle masektomie. 3cm van my ribbietjies af was daar nog 'n knop. God is goed vir my. Het 6 chemo's gehad en 35 bestralings. Danksy dieHere se genade gaan dit goed. Verlede jaar was daar 'n knop in my nek. Dadelik verwyder. Dit was nie kwaadaardig nie. Die Here het weer vir my gewys hy is in beheer. Christa ons weet dit is moeilik, maar ek dink persoonlik ons kankerpasiente wat vrede daarmee gemaak het is reg om te gaan. My dagstukkie het nou die dag gesê die een wat op die bed lê is gereed maar die wat lanksaan staan het nog nie vrede die. Dit is vir my so waar. Sterkte vir jou in hierdie tyd, mag God jou las lig maak.
17de Feb. 2012, 16:01Janie het gesê:
Christa dit is so hartseer wat kanker aan mense doen wat ons lief het. Jammer vir al die ongerief en dae wat jy voel jy kan nie meer nie. Ons is net menslik en van vlees maar by ons Hemelse Vader is niks onmoontlik nie. Mag sy genade en opregte warmte en liefde jou deurdra en op groen weivelde neersit waar jy kan rus en asem skep wanneer jy dit nodig het. Moenie vrees nie want God is met jou en Hy sal jou dra, hou moed en klou vas aan Sy wonderlike genade. Bid vir jou en familie in die moeilike tyd!
17de Feb. 2012, 15:15Tertia van Zyl het gesê:
Dankie Christa vir jou ongelooflike wonderlike musiek! Ek is self in remissie - 4 jaar nou- en is elke dag dankbaar vir die wonderlike Genade wat ek ontvang het!!! EK glo jy skryf nou in hierdie tyd die mooiste musiek ooit, want God omvou jou elke dag met Sy wonderlike liefde! Dankie vir jou inspirasie! Voorspoed!
17de Feb. 2012, 15:14Elsje Holmes het gesê:
Sterkte Christa! Ek het 2 jaar terug met borskanker kennis gemaak toe my vriendin gediagnoseer is. Die Here was baie goed vir haar want sy het nie naar geword of enige newe efekte oorgehou nie maar mens is maar nooit gerus nie. Al wat mens kan doen is om alles in die hande van die Here oor te laat soos jy nou doen. Dankie dat jy nog veg en ek sal elke dag vir jou bid. Jy is baie moedig en ek bewonder jou daarvoor. Jy stel vir ons vroue n goeie voorbeeld deur nie moed op te gee nie maar om te glo. Baie sterkte vir jou.
17de Feb. 2012, 13:35Maritsa het gesê:
Sjoe Christa. Ek's vol hoendervleis as ek dink waardeur jy moet gaan. BAie sterkte vir jou, ek bid ons Vader se groot genade en liefde oor jou. Mag hy jou styf-styf vashou elke dag. CARPE DIEM!
17de Feb. 2012, 13:25Ansie Marais het gesê:
Liewe Christa Baie baie sterkte. Ons bid vir jou en ook vir almal wat deur hierdie moeilike proses van kanker gaan. Het ook familie lede verloor deur kanker en het 'n suster wat bors kanker het. Ek weet dit is 'n baie moeilike pad wat geloop moet word met al die medikasies en terapie. Maar weet net een ding, die Here sal julle nooit maar nooit verlaat nie. Liefde, Ans van Namibie.
17de Feb. 2012, 12:49MAGDA REYNDERS het gesê:
My moeder is verlede jaar november diagnoseer met bors kanker, sy mastektomie gehad, sy tans besig met chemo, maar asgv die kanker wat versprei, is sy baie baie siek. Bid saam met ons vir haar, en dra jou op in ons gebede. Dankie vir die inspirsie wat jy het tot ander vrouens. Liefies jou Baie.
17de Feb. 2012, 11:59Susan N het gesê:
My hart gaan soo uit na jou!! Wonderlik om te weet jy stap jou pad saam met God! Sterkte ons dra jou ook in gebede!Moes my Ma ook vir die Here terug gee na haar stryd met kanker, maar dis gerusstellend om te weet sy is by die Here.Sy Genade is Genoeg!!
17de Feb. 2012, 09:46Morne het gesê:
Christa, Ons gaan tans deur die selfde met my suster. Ek weet dus hoe jy voel en hoe jou familie voel. Ek wens dit op niemand toe nie, nie eers my grootste vyand nie. Christa baie sterkte en mag dit net beter gaan.
17de Feb. 2012, 08:32JMvD het gesê:
By God is niks onmoontlik, bid, glo , hoop en vertrou. Prys die Heer , 'n skoolkennis is pas deur dieselfde en God se genade is vir Theo oneindig groot . Ons vra vir jou dieselfde genade onbeskryflik groot. Mag Jesus jou ook aanraak met Sy hand van genesing. Seën vir jou pad vorentoe.
17de Feb. 2012, 02:36Rinze Kamminga het gesê:
Sterkte vir jou...My vrou wat nou reeds 6 maande chemo kry is ook gereed '' om te gaan ''... MAAR EK IS NIE GEREED DAT SY MOET GAAN NIE!!!!
16de Feb. 2012, 21:37Trippie het gesê:
Aan elk van julle dames wat ook gediagnoseer is met kanker, ek dink aan julle, bid vir julle ook. Ek is, met alle dankbaarheid aan MY HEMELSE VADER nou 2 jaar en 6 maande in remissie. My hart gaan uit na julle ! Ja, hier waar ek sit het ek ook trane in my oe.
16de Feb. 2012, 18:35Laraine Blaauw het gesê:
Christa ek veg saam met jou teen die kanker, ek is April 2010 gediagnoseer met bors kanker, chemo gekry, dit het weer gesprei , na longe, die chemo wat ek weer gekry het, het bly terugskop ,aan mekaar reaksie getoon, na die tweede lot chemo pillle was daar skanderings gedoen , en uit gevind dit na die brein versprei. Eggenoot en kinders familie en vriende was platgeslaan. Maar met die GENADE VAN ONSE VADER IS BAIE GROOT, EK BID SAAM MET JOU EN GLO EN VERTROU ALLLES SAL REGKOM, ONS IS IN SY HANDE BAIE LIEFDE Lulu
16de Feb. 2012, 17:20Tjaart herbst het gesê:
Baie sterkte! Jy is 'n voorbeeld vir baie omdat jy nie gaan le nie maar aanhou om jou skeppingsdoel uit te leef. Mag die Here jou geloof versterk en jou deur hierdie tyd dra. Weet net daar is baie gebede wat ook vir jou opgaan!
16de Feb. 2012, 17:10Antionette het gesê:
Ons vertrou op die Heer vir Sy planne met jou. Jy is so geseen met wonderlike talente en so 'n pragmens in vele opsigte!
16de Feb. 2012, 16:47Helene het gesê:
Christa, jy is 'n pragtige mens, binne en buite. Jy is vir so baie mense 'n wonderlike inspirasie. Baie sterkte, eks so bly jy't vrede in jou hart - bly net glo in God se Genade - Hy sal altyd daar wees vir jou.
16de Feb. 2012, 16:27Susan het gesê:
Ek is so jammer vir jou. Baie sterkte. Jy is 'n voorbeeld.
16de Feb. 2012, 16:21Andrea du Toit het gesê:
Liewe Christa, Jare terug het ek en Douw saam gewerk, so het jy deel geword van ons en nooit sal ek vergeet van toe julle babatjie gebore is en hierdie kleine mensie amper niks geweeg het, ons het nagte om gebid vir julle en God het ons almal ge-antwoord, later jare het ek en Douw nie meer saam gewerk nie, maar julle het deel van ons huis houding gebly in ons gedagtes, met julle optredes en musiek. Elke optrede het die wonderlikeste herinneringe terug gebring. So baie wat ek kan onthou en dus maak die verandering nie saak nie, daar is te veel inspirerende dinge en julle is nog altyd geseend met die groter Genade Van die Hemelse Vader. Soos ons jare terug gebid het , so bid ons nog steeds. Ons stuur vir jou hope Jesus Liefde.
16de Feb. 2012, 16:12Leonie vdw het gesê:
Christa jy is die inspirasie wat enige vrou wat oor nietighede kla en kerm nodig het! Jy is amazing en as ek wil kla oor 'n kopseer of bietjie moegheid dink ek aan jou en jou stryd en met trane in my oe gaan ek weer aan! ek bid vir jou in hierdie dae want die Here het groot planne vir jou.
16de Feb. 2012, 16:01Margaret het gesê:
Hoe groot is ons God nie by Hom is enige iets moontlik. My vriendin Nieta het ook siek gewees die dr het haar 3md gegee maar God het haar lewe gegee vir baie meer as dit sy het geglo dat net Hy die heerser oor haar die datum kan bepaal en na 10jaar is Nieta nog siek maar ons God het nog nie haar dag bepaal nie.. so al wat ek vandag vir jou kan se dit is wonderlik dat jou lewe in ons Pa se Hand is want Hy is getrou Groot en Magtig en wanneer die tyd reg is sal Hy besluit. .. Hou moed ons bid vir jou .. Ons is mos KONING KINDERS niks sal ons ontbreek nie..
16de Feb. 2012, 15:43Hartseer Centurion het gesê:
Dit is baie hartseer, die pragtige tannie wat my altyd so bly laat voel deur haar musiek. Ek is en sal altyd lief wees vir haar en haar musiek en is dankbaar dat sy ons so geseen het met haar wonderlike talent. Ek het altyd gedink as ek luister na "Christa Steyn speel die Meesters" dat hulle nooit so goed kon klink nie. Dit vat 'n baie spesiale mens om so groot talent uit te leef.
16de Feb. 2012, 15:14Tilda het gesê:
Tilda skryf Sterlte Christa jy het baie genot in baie lewens gebring
16de Feb. 2012, 14:57Jay het gesê:
It is all about the Legacy you leave behind!!!!
16de Feb. 2012, 14:28Esther de Beer het gesê:
Christa, ons vroue kan maar. Ek lei aan dieselfde, my LEWER het gesond het geword. Vita Thion Bruis Tablette vir aanvulling gevat en Cod-Liver-Oil Pilletjies. Ek het in Junie 2010 beenkanker gekry, sel op Borsbeen het versprei en sedertdien op Chemo. Verlede week het die CT scan vasgestel dat die kanker nou na my brein is, en kry ek nou 10 Dringende Brein Bestralings, daarna weer Chemo. Ek het intussen 26 kg verloor met die behandeling en slaan brandwonde op my arms en hande uit van die Chemo. Dit kom uit die aar na bo-op die vel. Maar ........................ ek is nou EERS 50 en het nog BAIE dinge wat ek graag sal wil doen, MET die Groot GENADE van ons HERE gaan dit alles moontlik wees. Sterkte en liefde vir jou. Ons staan almal saam sterk en ONS gaan OORWIN ! ! ! ! Jy is so 'n pragtige vrou, en Kaalkop en min hare is eintlik ook tot ons voordeel. Geen haarsalonne word ryk uit ons. Dink aan jou en almal wat aan Kanker lei. Baie liefde. Esther de Beer, Pietersburg, Limpopo.
16de Feb. 2012, 14:05Monica het gesê:
My hart bloei vir hierdie vrou!! Jy is so dapper! Ek bid dat n wonderwerk moet gebeur en jy gesond kan raak. Baie sterkte vir jou Christa.
16de Feb. 2012, 14:00Christine Kitching het gesê:
Christa, Jy is BAIE SPESIAAL. Jou woorde beteken vir ons wat nie jou ervarings kan voel nie sommer BAIE. Geloof soos joune is wat ons almal na smag. Die wereld sou baie mooier wees as almal soos jy geglo en vertrou het. My wens vir jou is rus, liefde en baie mooi gedagtes en herrineringe. Groetnis, Christine
16de Feb. 2012, 13:32Marie Claassen het gesê:
Christa is net 'n insperasie vir ons almal. Sy is 'n kind van die Here en is dit 'n voorreg om haar te ken. Sy is 'n geliefde mens in alle opsigte. Dra haar in julle gebede op.
16de Feb. 2012, 13:09Lillian het gesê:
Baie sterkte Christa!
16de Feb. 2012, 12:13Christna Steyn het gesê:
Mag HY daar wees elke oomblik op jou reis. Jy is werlik 'n groot inspiarasie vir baie mense. jou lewe raak baie ander se lewens aan en dis 'n lieflike kontak. Christna Steyn
16de Feb. 2012, 12:12Ryk Jacobs het gesê:
Dit was gister (15 Febr.) presies twaalf jaar gelede wat ons as gesin ook 'n juweel van 'n vrou moes groet nadat sy vyftien jaar teen die kanker geveg het. Ek dink die Liewe Heer gee aan hierdie mense daardie ekstra genade om ten spyte van die siekte, steeds te glimlag en 'n sonstraal in ander se lewens te wees.Sterkte vir jou Christa. Ek sal in my gebede ook aan jou dink.
16de Feb. 2012, 12:07Amanda het gesê:
AI dis bitter erg! Gelukkig kry mens "krag wat alle verstand te bowe gaan" Net maar weer bewys daar is n God want n mens sal nie dit alleen kan aanvaar of verwerk nie!
16de Feb. 2012, 11:59Ria het gesê:
Geloof, hoop en liefde ! Christa, jy is in my gebede. Wat 'n voorbeeld en inspirasie vir elke mens, nie slegs vrouens nie.
16de Feb. 2012, 11:38Sanette het gesê:
Baie sterkte Christa. God is in beheer van jou lewe.
16de Feb. 2012, 11:27Priscilla de Wijs het gesê:
Christa, jy ken my nie, maar ek bid elke dag vir jou. Ek is so bly dat jou hoop by die regte plek naamlik Jesus Christus le. By Hom is alles moontlik, en jy sal volkome herstel as dit Sy wil is. Baie sterkte. Priscilla de Wijs
16de Feb. 2012, 11:19Frances van der Merwe het gesê:
Baie dankie, Christa, vir jou ongelooflike lus om te lewe, vir die wip wat jy nog in ons menswees sit, vir die sprankel, die dankbaarheid, die inspirasie en bowenal die groot vrede wat jy in jou omdra. Ek kan baie by jou leer.... die lewe is goed, die lewe is mooi, gryp dit met albei hande vas. Ek kom lê jou saggies voor Jesus se voete neer.
16de Feb. 2012, 10:49Martie van der Merwe het gesê:
Liewe Christa Wat 'n mens is jy nie, wat 'n vrou wat 'n pianis. Jy is vir my 'n ongelooflik voorbeeld wat ek slaags sal wil navolg. Ek bid vir jou en weet jy is op die regte plek. God ismet jou en sal daar wees tot in die hiernamaals. Jy sal vir ons 'n onskatbare skat nalaat. :Ek wil vir jou.." bid en "Aan die einde van die reënboog.." wag jou Hemelse vader met 'n glimlag vir jou. Die hemele gaan mooi musiek maak.
16de Feb. 2012, 10:04Cara Maartens het gesê:
Het haar onderhoud op Kwela gesien en was ook aangeraak deur haar laaste stelling : "God se genade is genoeg." Dis waar almal van ons moet wees, maak nie saak wat ons omstandighede is nie, of dit kanker of 'n "bad hair day" is nie. Sy sal altyd bly inspireer!
16de Feb. 2012, 09:49Christine Barendse het gesê:
Ek admireer jou moed en dapperheid Christa! Net jy sal weet waardeur jy gaan....baie sterkte en liefde...xxx
16de Feb. 2012, 09:48Elize Verwaaij-Mare het gesê:
Ai Christa, hoe laat jy mens weer tjankerig word, so vroeg in die oggend. Ek gaan deur 'n verbrokkelde verhouding en dit voel vir my soos die einde van die wereld, maar jy staar die dood in die gesig en is nog so moedig en vol lus vir die lewe. Jy is nog die heeltyd vir my 'n inspirasie, en ek kan so baie by jou leer. Dit is baie hartseer om te sien hoe die kanker deur jou hele lyf versprei het, en dat jy nou in die genadetyd is soos jy dit beskryf het. Weet net dat jy nie alleen op hierdie reis is nie, ons is almal saam met jou daar, en ons almal dra jou in gebed op - wonderwerke is by God nooit ontmoontlik nie. Baie sterkte vir jou vriendin.
16de Feb. 2012, 09:35Ruth Scholtz het gesê:
Sterkte vir jou in die moeilike tyd,maar dankie ook vir die inspirerende vrou en mens wat jy is. Ons bid vir jou. Dankie vir vroue soos jy.
16de Feb. 2012, 09:09