Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie - FOTO's
Foto’s: verskaf Galery
Celeb-paartjie Nico en Christi Panagio was onlangs vir 'n wegbreekvakansie in Griekeland, en hulle wys hul foto's op sarie.com
1. Wanneer was julle oorsee en vir hoe lank?
Ons het net ná ons eerste Wêreldbeker-wedstryd, die 11de Junie by die Kaapstad-stadion, vertrek en het net voor die laaste wedstryd, die 11de Julie, teruggekom! Dus, 13 Junie tot 8 Julie. Ons het nie beplan om weg te wees vir die Wêreldbeker nie, dit het net toevallig so uitgewerk. Maar ons het seker gemaak ons is by die eerste en laaste wedstryd, en het die meeste van die wedstryde in Griekeland gekyk.
2. Was julle net in Griekeland, of elders ook?
Nee, net in Griekeland. In Athene, Corfu, Mykonos en Santorini.
3. Met jou en Nico se druk skedules is dit sekerlik moeilik om 'n wegkomkans te kry?
Dit vat 'n bietjie beplanning, maar die wintermaande is stillerig in ons bedryf so dis die perfekte tyd om te toer. Ons besige tyd is gewoonlik meer die begin en einde van die jaar, so dit werk perfek uit. Ons spandeer die somer in ons eie pragtige land en probeer die res van die wêreld sien as dit hier winter (en daar somer) is! (Julle kom seker agter dat ons albei totale son-en-somer-kinders is!)
Christi en Nico se vakansie-hoogtepunte
Mykonos was 'n absolute hoogtepunt. Die Cycladic-eiland-styl is absoluut pragtig met alles in wit, en dan die spatsels rooi, blou en pienk oral. Elke liewe hoekie is interessant en 'n fees vir die oog.
Mythos is die lekkerste bier ooit! Ek drink nie vreeslik bier in SA nie, maar op 'n 44 ºC-dag is daar darem niks lekkerders as 'n koue bier terwyl jy in die son lê en bak nie!
Die familie het ons so beïndruk en bederf met hul gasvryheid. Dit is een honderd persent soos wat jy dit in 'My Big Fat Greek Wedding' sal sien. Hulle vat net eenvoudig nie nee vir 'n antwoord as dit by kos en eet kom nie! So tussen al die Mythos en gasvryheid deur het ek en Nico (needless to say) elkeen 3 kg opgetel!
Die sonsondergang in Oia, Santorini, is asemrowend. Die dorpie Oia is heel bo-op die berg en dit is tjoepstil daarbo. Dit lyk letterlik of die son in die horison insny. Daar vergader honderde mense van regoor die wêreld, en sodra die son sak, klap almal jolig hande! Definitief 'n regmerkie op ons 'to do list'.
Dit was vir my baie bevrydend om te kon rondloop en net nog 'n gesig in die massas te wees...
![]() |
![]() |
| 4 ure om te spaar op Doebai-lughawe |
Die uitsig oor Pontikonassi |
![]() |
![]() |
| Die Venetian Fortress op Corfu |
Die Italiaanse invloed op die argitektuur van Corfu |
![]() |
![]() |
| Tipies Griekeland! |
'n Kaart kom handig te pas! |
![]() |
![]() |
| In Kamari, Santorini | By die Akropolis |
![]() |
![]() |
| Nico speel met sy nuwe onderwater-kamera |
Ons hotel op Oia, Santorini |
![]() |
![]() |
| Ons vakansie-dieet: Mythos-bier en Gyros | Inkopietyd! |
Verwante artikels
-
"Ek het besef ek is oor hom toe ek..."
SARIE Augustus 2010
-
Agter die skerms saam met Christi Panagio - byna 100 foto's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Christi Panagio is op die September 2010-voorblad van SARIE. In die tydskrif vertel sy meer van haar groot, Griekse 2de wittebrood, en hier op sarie.com wys ons jou al die agter-die-skerms-aksie
-
Christi Panagio verklap 'n paar geheime en wys haar foto's
SARIE - Desember 2005 | Kommentaar: 6
In ons 'Stem vir jou gunsteling 7de Laan-voorblad' het baie van julle Christi Panagio uitgesonder. Ons het in die argiewe gaan soek en 'n paar interessanthede oor haar gaan versamel. Gedog julle sal belangstel...
-
Eksotiese eilandpret: Retha Alberts van Rawsonville vertel
SARIE Julie 2010
In Mei vanjaar moes ek in Kuala Lumpur, Maleisië, gaan werk. Maar van werk alleen kan ’n mens darem ook nie leef nie.
-
Kry só Christi Panagio se voorbladvoorkoms
SARIE September 2010
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur en voorheen aanbieder van die oormaakprogram ID op MK, sê hoe jy Christi se voorbladgrimering en hare kan kry.
-
Kurt Darren - foto's van Australiese toer: "Sydney het gekook!"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Suid-Afrikaners in Australië weet dat die beste medisyne teen huis toe verlang 'n lekker Afrikaanse konsert is.
-
Nico en Christi Panagio: 'Ons het movie love'
SARIE - Februarie 2008 | Kommentaar: 2
Vir ’n dag is sy sirkus toe. Tussen die vuurblasers, sweefartieste en towenaars was dit sý wat die aandag getrek het. Sy wat die kollig beset het
-
Nico Panagio ontmoet Paris Hilton en wys sy foto's van Cannes
SARIE - Augustus 2009
Nico, ’n aanbieder van die glansprogram Top Billing op SABC3, het onlangs ’n eksklusiewe onderhoud met dié beroemde sosiale vlinder gevoer by die 62ste jaarlikse rolprentfees in Cannes
-
Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
SARIE - Mei 2010
George, Wilmien en Zac vertel...
-
Pasella se Dieter Voigt wys sy gunsteling-foto's
SARIE Augustus 2010
Voormalige Mnr SA (2007), model en Pasella-aanbieder, Dieter Voigt, deel sy gunsteling-foto's met sarie.com.
-
Raai wie's die celebs op hul skoolfoto's...
SARIE Julie 2010
Die wêreld van bekendes is glansryk en dit is dikwels hulle voorkoms wat betower. Maar as jy na hul skoolfoto's kyk, lyk die prentjie bietjie anders.











































Kommentaar
Ria Blignault het gesê:
Pragtig! So bly julle is gelukkige paartjie en mag julle bootjie van geluk altyd veilig vaar! Hou ons altyd op hoogte ons geniet dit!!
26ste Aug. 2010, 18:34Christina Marais het gesê:
Dankie dat julle jul fotos met ons gedeel het. Julle is n super cool paartjie!:-)
5de Aug. 2010, 15:49Benita Brand het gesê:
Wow, wat 'n stunning couple, kan nie wag om hul babas eendag te sien nie want met sulke gene gaan hul stunning wees. Mag jul altyd so gelukkig wees.
3de Aug. 2010, 11:57Elaine het gesê:
Dit lyk wonderlik.... Wat 'n "beautifull" paartjie..
3de Aug. 2010, 10:26Landie het gesê:
Pragtige foto's julle!!! En dit lyk SO ongelooflik lekker. Bly julle kon lekker rus, terwyl ons almal moes WERK!!!
3de Aug. 2010, 10:04