Christi Panagio se voete deel van 'n kunswerk

SARIE - Desember 2010

Die menslike voet is ’n meesterstuk in ingenieurswese en ’n kunswerk,” het die Italiaanse kunstenaar Leonardo da Vinci gesê. En pas het ’n Franse fotograaf, Amélie Debray, dié kuns vasgevang in ’n reeks besonderse swart-wit foto’s van 46 Suid-Afrikaners wat diep spore in ons samelewing getrap het.

Vir Christi was die voete-afnemery “’n bietjie weird, maar ’n reuse-voorreg”.

“’n Mens wil half vir jou tone sê om mooi te smile, maar hulle wil niks hoor nie,” lag sy.
“My voete het onlangs duisende jare terug na antieke tye gestap by die Akropolis in Athene toe ek en Nico [haar TV-aanbieder-man] ons tweede wittebrood in Griekeland gaan hou het.”

Haar voete was ook vanjaar die eerste keer in die Kaapse township Khayelitsha toe sy hul huishulp gaan help het om ’n nuwe “sjiek shack” op te rig. Christi spot met haar nommer 8-voete.

“Toe ek as model in Duitsland gewerk het, was ek nog nie getroud nie en my modelkaart met al my besonderhede op het Christi B gesê. B staan vir my nooiensvan, Botha. Die Duitsers het my alewig in ’n grootte 6 of 7 skoen gedruk en dan kommentaar gelewer dat my voete te groot is! En só het ek bekend geword as Christi Bigfoot!”

Haar voete is gedurig “pootuit” nadat sy hulle ’n dag lank geforseer het om rond te loop in winkels op soek na die een ding waarvan hulle nié hou nie: skoene.
“Want,” sê sy, “my voete en tone is op hul heel gelukkigste wanneer hulle in see en sand rondwikkel.”

Sy is ’n “150%-kaalvoetmeisie” en dra 99% van die tyd plakkies, sandale of tekkies. Nico lag vir haar, want selfs in die winter probeer sy met plakkies wegkom.

Dus: Goedversorgde voete is vir haar baie belangrik.

“Ek skuur my voete minstens twee keer per week goed, en gee myself een keer per week ’n pedikuur.” Christi wil in die toekoms nog diep spore in Suid-Afrikaanse kinderharte trap.
“Ons kinders is ons toekoms en my hart breek as ek sien hoe party mense kinders se lewe kan verwoes.”


Verwante artikels

  • Marguerite Wheatly oor haar voete

    Marguerite Wheatly oor haar voete

    SARIE - November 2010

    Toe sy dertien was, het ’n mooi outjie op Yzerfontein aan die Kaapse Weskus, waar sy grootgeword het, vir Marguerite op die strand gesê: “Meisiekind, jy het die lelikste voete wat ek nog gesien het.“

  • Raai watter bekendes se voete is dit?

    Raai watter bekendes se voete is dit?

    SARIE - November 2010

    Vir die bekroonde Franse fotograaf Amélie Debray se nuutste projek het sy die voete van SA bekendes gefotografeer. Die uitstalling begin 29 Oktober en loop tot 27 November 2010 by die Wessel Snyman Galery in Kaapstad.

  • Shaleen Surtie-Richards 13 kg ligter: "Ek voel so goed"

    Shaleen Surtie-Richards 13 kg ligter: "Ek voel so goed"

    SARIE - Desember 2010

    Die voete van 46 bekende Suid-Afrikaners is onlangs afgeneem vir 'n besonderse foto-uitstalling.

  • Terug op hul voete, sterker anderkant uit

    Terug op hul voete, sterker anderkant uit

    SARIE - November 2009

  • Terug op my voete - ná egskeiding

    Terug op my voete - ná egskeiding

    SARIE - Januarie 2006

    Die SARIE-possak het gebult in reaksie op ons artikel oor egskeiding. Lesers het van heinde en ver van hulle laat hoor – om hul seer te deel, maar ook om hoop te gee

Galery

  • Christi Panagio
  • Christi Panagio se voete

Kommentaar

  • Sjoe, Christi het regtig mooi voete. En dan's sy nog mooi met 'n oulike persoonlikheid ook!

    23ste Nov. 2010, 21:04

Web Development by FormFunction