Christi Panagio verklap 'n paar geheime en wys haar foto's
In ons 'Stem vir jou gunsteling 7de Laan-voorblad' het baie van julle Christi Panagio uitgesonder. Ons het in die argiewe gaan soek en 'n paar interessanthede oor haar gaan versamel. Gedog julle sal belangstel...
IN HAAR EIE WOORDE:
1. Oor familie:
"Ek het in Monumentpark grootgeword, en was in Centurion op skool ook. My pa, Chris, is 'n sakeman. My ma, Babsie, het altyd gewerk, maar sy speel deesdae ouma vir my sussie, Elmien, se twee kinders."
2. Oor akteur-word:
"Op skool was ek sportmal, het veral netbal gespeel. En ek het aan redenaarskompetisies deelgeneem.
Ek het aanvanklik B. Com (bemarking) gana studeer, maar toe oorgeslaan en twee jaar lank drama aan die Method Training Centre gaan swot. Ek het ook voorheen modelwerk gedoen, en in 'n mate is dit baie soos om op stel te wees. 'n Mens speel maar voor die kamera. Ek het van kleins af voor 'n kamera ingespring. Gesigte getrek en toneel gespeel. Heeltemal anders as die res van die familie, wat nogal kamerasku is."
3. Oor wat sy in 'n ander lewe graag sou wou doen:
"In 'n ander lewe sou ek graag vir Nasa wou werk! Maar meer realisties, ek sou enigiets kreatiefs wou doen, van grafiese ontwerp (soos Karien) tot in die kunsdepartement op stel. Of selfs as 'n binneversierder. Ek is beslis 'n regterbrein-mens."
4. Oor slegte gewoontes:
"Ooo, ek gun myself heeltemal te veel cheat-dae in een week!" (Maar sy wei nie verder uit nie...)
5. En goeie gewoontes?
"Ek gaan slaap nóóit met grimering aan nie en drink baie water. En ek is altyd eerlik."
6. Oor die stoutste ding wat sy op skool aangevang het:
"Ek het vreeslik baie gebunk en gemaak of ek op 'n shoot is."
7. Oor haar jeughelde:
"Ek het seker élke boek in die Saartjie-reeks gelees. So, toe hulle dit in 'n TV-reeks omgeskep het, was Annie Malan as Saartjie my held. Ek en my twee maatjies het altyd Saartjie-Saartjie gespeel. Ek natuurlik as Saartjie, en hulle twee as Anna en Lina..."
8. Oor lekker kos:
"Ek is baie lief vir eet! Veral Thaise kos, pizza, Steers se tjips en spare ribs en popcorn in die fliek. Maar ek geniet ook 'n lekker slaai. En ek hou baie van 'n aarbei-daiquiri."
9. Oor hoe sy ontspan:
"Ek drink rooiwyn en speel skaak. Of 30 seconds. En fliek. EK hou baie van Nicole Kidman en sal enigiets van Edward Norton kyk. Of luister musiek, enigiets van die Gypsey Kings, U2, Black Eyed Peas tot BLK Sunshine..."
10. En dít wat jy nie van haar geweet het nie:
* Ek kan maskara aansit terwyl ek bestuur.
* Ek ly aan OCB (obsessive compulsive behaviour) - tel teëls en lyne en my brein hou nie op nie.
* EK is mal oor knoffel - tot die innige spyt van my vriende.
* Ek is totaal verslaaf aan werklikheids-TV (Idols, Survivor).
* KYK NA HAAR FOTO'S IN DIE GALLERY HIERONDER.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Christi Panagio - byna 100 foto's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Christi Panagio is op die September 2010-voorblad van SARIE. In die tydskrif vertel sy meer van haar groot, Griekse 2de wittebrood, en hier op sarie.com wys ons jou al die agter-die-skerms-aksie
-
Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie - FOTO's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Celeb-paartjie Nico en Christi Panagio was onlangs vir 'n wegbreekvakansie in Griekeland, en hulle wys hul foto's op sarie.com
-
Christi Panagio se skoonheidswenke
SARIE - September 2009
Gee jou oë lig, sê Christi.
-
Kry só Christi Panagio se voorbladvoorkoms
SARIE September 2010
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur en voorheen aanbieder van die oormaakprogram ID op MK, sê hoe jy Christi se voorbladgrimering en hare kan kry.
-
Nico en Christi Panagio: 'Ons het movie love'
SARIE - Februarie 2008 | Kommentaar: 2
Vir ’n dag is sy sirkus toe. Tussen die vuurblasers, sweefartieste en towenaars was dit sý wat die aandag getrek het. Sy wat die kollig beset het
-
Nico Panagio ontmoet Paris Hilton en wys sy foto's van Cannes
SARIE - Augustus 2009
Nico, ’n aanbieder van die glansprogram Top Billing op SABC3, het onlangs ’n eksklusiewe onderhoud met dié beroemde sosiale vlinder gevoer by die 62ste jaarlikse rolprentfees in Cannes
-
Nico Panagio wys sy foto's
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder van 2010 Survivor SA, Nico Panagio, was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink . . .
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...

























Kommentaar
Anne het gesê:
Jy is great!!!! Jy en (George) maak 'n goeie couple. Ek is mal oor jou en jy is my rolmodel. Baie dankie vir jou goeie voorbeeld wat jy vir my stel. Liefde Anne
30ste Jul. 2011, 15:49Corlene het gesê:
Julle is sowaar die mooiste paartjie in SA! En ek praat nie net van julle uiterlike skoonheid nie, julle innerlike skoonheid straal soos 'n helder lig uit julle uit.
1ste Sep. 2010, 16:04Lecia het gesê:
Watter ongelooflike pragtige mens! Mal oor jou en het my verkyk aan jou foto's. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir al ons dames stel . Bly so mooi Jesus-kind!
29ste Aug. 2010, 20:40Chamaine het gesê:
Bly altyd die opregte, eerlike mooi mens wat jy is. 'n WARE voorbeeld!! En julle is 'n couple "made in heaven"!!
23ste Jun. 2010, 13:32Ané Meyer het gesê:
Ek is mal oor jou modelwerk. Dit is my droom om soos jy te wees. Jy is 'n pragtige vrou. Ek is nou 11 jaar oud. liefde Ané
29ste Apr. 2010, 21:23Mariana het gesê:
sy is 'n pragtige mense en ek hou van haar geskenk idees wat sy eendag in 'n tydskrif gewys het
24ste Apr. 2010, 14:08Tania het gesê:
Ek het baie ingemeen met haar, dis asof sy antwoorde gee wat ek sou (nou nie almal nie). Wens ons kon vriende wees ;-) Sy is stunning. Plat op die aarde en baie mooi
23ste Apr. 2010, 09:52