Cindy uit Survivor, sy praat met sarie.com
Foto’s: verskaf deur M-Net Galery
"Hoor wat ek vir jou sê: 'n Vrou gaan hierdie Survivor wen. Ek is oortuig daarvan."- Cindy Nell Roberts
Cindy Nell Roberts het haarself verras met Survivor SA: Santa Carolina. Wie't nou gedink sy's so vernuftig met planne om 'n skuilplek te bou? Hoewel dit gelyk het of sy nog dae kon uithou, is sy nie spyt sy's uitgestem nie.
Dit het gelyk of jy vrou-alleen jul stam se skuilplek gebou het.
Ek het omtrent! Blykbaar is dit een van die beste skuilingplekke wat nóg op Survivor gebou is. Ons eerste skuilplek het platgeval. Toe lê ek een aand en dink hoe om 'n goeie skuilplek te bou wat meer aerodynamic is. Die wind moes bo-oor die skuilplek waai en nie binne-in nie. Ek het die volgende dag die plan vir ons nuwe skuilplek in die sand geteken. En toe werk dit!
Die storm wat die eiland getref het, het glad nie so erg gelyk nie.
Jy kan nie glo hoe erg dit was nie! Die TV-span kon nie eens op die eiland kom om dit te verfilm nie. Die wind het bome uitgeruk. Ons het soos sardientjies langs mekaar gelê en verkluim. Ek lyk soos 'n drama queen op TV omdat ek kla oor hoe erg dit was. Op TV lyk dit of daar twee druppels reën val. Ons kon doodgegaan het! Die volgende dag was ek finished. Ek't gedink 'beam me up, Scotty, I want to go home'.
Jy's uitgestem omdat jy te sterk voorgekom het. Is jy spyt jy't gewys wat in jou steek?
Jy raak so verlore in die celeb-wêreld. Jy weet naderhand nie meer wat belangrik is nie. Op die eiland het ek besef mense is belangrik, my ouers, my man, my vriende... - Cindy Nell Roberts
Ek wou aanvanklik nie my kop te hoog uitsteek nie, maar ná die storm was ek moedeloos. Niemand het iets gedoen nie! Ek het net besluit ek móét nou 'n skuilplek bou. Ek het toe per ongeluk uit noodsaak geskitter.
Was jy kwaad omdat jy uitgestem is?
Ek was nie vreeslik ontsteld nie. Ek kon niks daaromtrent doen nie. Dis waaroor Survivor gaan: As jy nie die rugstekery kan vat nie, moet jy dit nie doen nie.
Het jy jouself verras op die eiland?
Contrary to belief is ek nie 'n skoene- en handsakmeisie nie. Ek het tydens Mej. SA geleer om aanpasbaar te wees. Ek was ook aanpasbaar op die eiland. Van die mense op die eiland was geskok om te sien hoe sterk ek kan wees.
Dit lyk of Ashley Hayden die ander deelnemers oortuig het om jou uit te stem. Wat dink jy van haar?
Ek's 'n groot aanhanger van hoe Ashley Survivor speel. Hoor wat ek vir jou sê: 'n Vrou gaan hierdie Survivor wen. Ek is oortuig daarvan.
Hoekom het jy besluit om deel te neem?
Ek het gedink ek sou altyd wonder hoe dit sou wees as ek nie sou deelneem nie. Ek is bly ek het dit gedoen. Jy raak so verlore in die celeb-wêreld. Jy weet naderhand nie meer wat belangrik is nie. Op die eiland het ek besef mense is belangrik, my ouers, my man, my vriende... Survivor het 'n geweldige emosionele impak op my gehad.
**Lees die onderhoud met Garth Collins wat laasweek uit Survivor SA gestem is.
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Survivor se eerste episode
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 4
Dis hier! Survivor SA: Santa Carolina skop vanaand om 19:30 op M-Net af. Charis Labuschagne het die eerste episode gekyk en dis inderdaad soos aanbieder Nico Panagio gesê het: 'Dis 'n klomp kleurryke karakters.'
-
Craig Jacobs uit Survivor SA - hy praat met sarie.com
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Darren Maule uit Survivor, hy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
-
Kalm Survivor Gys uitgestem, maar só het hy kopgehou
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
As jy aan 'n taai werklikheidsreeks soos Survivor SA Santa Carolina deelneem, moet jy al jou vermoëns kan inspan. Akteur Gys de Villiers het sy kop gebruik . . .
-
Lady Lea uit Survivor SA, sy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010
-
Proefskeiding: kan dit werk?
SARIE - April 2010
Kan tyd weg van mekaar die krake in ’n huwelik heelmaak? Dit het Cindy Nell Roberts se ouers gehelp. Wat van Jonty Rhodes en Tiger Woods?
-
sarie.com-gebruikers vol lof vir Survivor se Cindy
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Survivor SA - Vroue oorleef ágter die kamera
SARIE - Oktober 2006
63 dae op ’n verre Panama-eiland . . . die vroue van Survivor se TV-span deel hul trane, kopskuiwe, verlange en persoonlike groei
-
Survivor SA, episode 3: Manne huil vir die eerste keer
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 4: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 5: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
In die vyfde episode van Survivor SA: Santa Carolina kom daar 'n skeuring in die stamme. Die mense wat alliansies gevorm het, begin teen mekaar draai.
-
Survivor SA, episode 6: "Opwindendste een nog!"
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA: Agter die skerms van Episode 2
SARIE Januarie 2010
-
Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Nico verklap sy gunstelinge en 'n paar ander geheime.



















Kommentaar
Eddie Short het gesê:
Ek gril nou vir Ashley sy is bad , hoop hulle stuur haar so gou moontlik huistoe . Cindy jy was awesome in die Survivor reeks !!!!!!!! jy het wat dit vat
1ste Feb. 2010, 09:18Sonet van Graan het gesê:
Ek het altyd gedink Cindy is net soos die ander 'publisiteit-honger, aandagsoekende, poppies' wat saam met haar die Afrikaanse TV program Pasella aanbied. Maar sy het my verras. Ek dink nie die sogenaamde Celebs besef hoe irriterend ons mense dink hulle is as hulle so aansitterig met borste wat oral uitval optree nie. Cindy het bewys mens hoef nie jou lyf te gebruik vir aandag nie. Sy verdien haar sterstatus. Ek dink ook Ashley speel takties en het haar uitoorle. Ashley het dus Cindy survive, en dit is waaroor die spel gaan. Vol punte vir Ashley wat opreg voor die kamera erken sy het bedreig gevoel (meeste sou vals en agteraf daaroor gewees het). En volpunte vir Cindy wat dit soos 'n sterk vrou vat. En Cindy - ek is mal oor jou lyf. Moenie nou te maer word nie. Ons hou regtig nie van die valse pinupmodel voorkoms soos 'n sekere mede aanbieder in Pasella nie.
30ste Jan. 2010, 09:12Anita het gesê:
Ek is Engels vroumens en ek dink Ciny is di bester! Sy is so vroulik and het all haar (dinity) and strengte aan ons almal gewys!! Well Done Cindy:) Ek het die pragtige "down to earth" Vroumens baie geniet en is jammer om haar nie meer op Survivor sien!!
29ste Jan. 2010, 15:32Neil het gesê:
I have never been a Cindy fan, after having met her about twice when she came into our shop. However she has changed my mind, she was really up for the challenge and could have been a strong contender. I am sorry to see her go as I think she was good for the show.
29ste Jan. 2010, 14:45June het gesê:
Cindy het my verbaas. n Mens het soveel stories oor haar gehoor en gewonder hoe sy die survivor gaan hanteer en daar sien n mens toe n ander kant van haar. Sy is toe n plat op die aarde sterk vrou wat haar man kan staan. Mooi so Cindy, jy het n bewonderaar by gekry.
29ste Jan. 2010, 13:07Val het gesê:
Cindy is "great". Jy het bewys dat vrouens "tops" is. Ons het gehoop jy gaan SURVIVOR wen. Eintlik gaan die program nou nie meer so treffend wees sonder Cindy. Cindy, die span gaan al hulle "challenges" verloor omdat jy nie langer daar is nie. Laat hulle "suffer" - hulle wou jou uitstem. Ons wil jou weer op 'n Survivor sien - kom Cindy - "GO FOR IT"
29ste Jan. 2010, 11:04Lyn het gesê:
Cindy, jammer dat die 'top vrou' nie meer in die spel is nie. Jy het skoon en 'true' gespeel, en die weers- kos- en ander omstandighede in Survivor het niks van jou blinkgeid geneem nie. Ons sal sien of die rugstekers ook ge-'blindside' word. Hou aan met jou pragtige voorbeeld vir ons vroue.
29ste Jan. 2010, 10:07Pieter Torlage het gesê:
Survivor is die program wat duidelik uitbeeld hoe die lewe werklik is. Die rugstekers en genadeloses kom bo uit en die werklik eerlikes word uitgestoot. Kyk maar om jou in die alledaagse lewe. Wie woon in weelde en ry die duurste karre ens.? Wie is Klubleiers, Kerkleiers, Hoog in die Plitiek, Sport...noem maar op - dis die survivors van die aarde. Nie oor hulle so goed is as wat hulle voorgee nie, maar omdat hulle so slu soos "survivors" is. Dus - cheers vir die wat uitgestem word - op hulle kan jy staatmaak. Een skat in die hart oorterf 'n miljoen skatte van goud. Cindy is 'n skat in die hart.
29ste Jan. 2010, 08:32Samantha het gesê:
wow! cindy was amazing! was al die pad agter haar! jammer dat sy uit is, dink sy sou net nog sterker voor gekom het. ek dink haar onderhoude tydens die survivor was uitstekend en dat sy 'n vrou is wat vinnig op haar voete kan dink en intelligente feite voorendaag kan bring. Sy was beslis my wenner en nie so "sag" en "tingerig" soos die ander celebs nie... ek is geskok oor die SA celebs...hul is useless! Sal nou maar vir Izak moet vote
29ste Jan. 2010, 07:49Poppy het gesê:
Dankie cindy dat jy bewys het dat mens nie altyd ander mense moet onderskat net deur status nie. Mense moet besef daar is meer in 'n persoon as wat mens sien. Dit maak mens trots om te sien dat vrouens wel vir hulle self kan opstaan! Dankie cindy jy's great!
28ste Jan. 2010, 15:39Karen het gesê:
Cindy jy was fantasties! Baie mense dink jy is 'n "..skoene- en handsakmeisie...", ek was een van hulle. Maar jy het my siening totaal verander. En ek het WEEREENS geleer: Don't judge a book by its cover! Jy het nog 'n aanhanger bygekry!
28ste Jan. 2010, 15:24Con het gesê:
Het ook nooit van Cindy gehou nie maar is nou mal oor haar! Net jammer rugstekery veroorsaak dat paloekas wen en nie die raw deal nie. Kyk maar vorige's.......die jenion survivor word afgestem en die beste rugsteker wen.....dis nie mos waaroor dit gaan nie........Cindy sou almal se gatte, met die uitsondering van dalk ou Gys en Davel, met gemak geskop het. Sy moes in top 3 gewees het. Gaan nou 'n foto van haar teen my muur plak!!
28ste Jan. 2010, 10:48Marina het gesê:
Cindy, Dankie dat jy weereens gewys het hoe sterk 'n vrou kan wees. Ons is almal so afhanklik van mans se hulp, dat dit lekker was om te sien wat lê nog in 'vrou wees'. In my oë is jy die wenner van Survivor ! Daai klomp gaan sukkel sonder jou. Jy's 'n pragtige vrou.
28ste Jan. 2010, 10:36Joewina het gesê:
WOW...Cindy jy het nie gewen nie MAAR jy het n INDRUK gemaak op baie mense. Hoekom onderskat mense altyd vrouens?
28ste Jan. 2010, 10:28Louise van der Sandt het gesê:
Cindy het gewys hoe sterk ons vrouens werklik is. Sy het bewys dat mens niemand op sy baadjie moet takseer nie. Sy het bewys dat 'n mens altyd terug "default" na die belangrike dinge in die lewe. Cindy, ek haal my hoed vir jou af. Jy het my as vrou baie trots gemaak. Jy het 'n nuwe aanhanger bygekry. Jy is pragtig
28ste Jan. 2010, 10:08