Clara in 7de Laan
Foto’s: verskaf Galery
Fanie Cronjé knoop 'n kort geselsie aan. Ja!
Die 26-jarige eks-dramastudent Angelique Gerber speel die rol van Clara in 7de laan - met oorgawe.
Waar het jy die "Russiese" aksent geleer?
Ek was in die biblioteek toe ek hoor ek moet 'n oudisie doen en die karakter het 'n Russiese aksent. Gelukkig het iemand wat daar werk my vertel hulle het CD's waarmee jy die aksent kan leer. Ek het dit dadelik gedoen. My tyd in Londen het my ook baie geleer, daar is soveel verskillende kulture.
En die "ja" wat sy so aan die einde van 'n sin sê?
Ek hoor dit dikwels, ja. Mense sê gereeld vir my "Clara, ja".
Het jy dit self uitgedink?
Dit was in die teks.
Hoekom van alle dinge is sy 'n Roemeniër?
Ek weet nie. Dis so 'n agter-die-Ystergordyn-storie, jy weet? Hulle wou graag iets komies doen, die
vreeslik naïewe, onskuldige ding.
Was jy al self in Rusland of Roemenië?
Nog nie. Dit sou my baie help.
Wat gaan van Clara word?
Haar grammar gaan verbeter.
So sy gaan nie vir die volgende 20 jaar "ja" sê nie?
Danie Odendaal-hulle gaan sorg dat sy leer om beter te praat.
Hou net asseblief die "ja".
Ja-nee. Dis haar handelsmerk. So nou en dan sal dit oulik wees.
Wie het volgens jou die lekkerste rol in 7de Laan?
Gita (Jo da Silva).
Verwante artikels
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
Christo Davids (Laan se Errol) gesels oor sy 10 drome
SARIE - Augustus 2009
In die Julie 2011-uitgawe van SARIE gesels Christo Davids uit die hart. Hy is bekend as Errol van 7de Laan, maar is ewe tuis op die verhoog, want hy is as't ware daar gebore. En hy is pas weer bekroon vir sy talent-met-siel
-
Só hou 7de Laan se Helena vakansie
SARIE - April 2009
Die aktrise Jana Strydom vat graag die wandelpad ...
-
Sorina Erasmus, 7de Laan se Flooze
My ultimate lewensmotto is Koos du Plessis se wyse woorde: "Wat ek is, is net genade en wat ek het, is net geleen." Dis 'n gedagte wat my altyd nederig hou. Maar ek maak ook elke Oujaarsaand 'n nuwe motto op - 2009 s'n is die 3 G's en die 3 L'e. "Mag...
-
Wat jy nie van Diaan (Paula van 7de Laan) geweet het nie . . .
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 9
Sy’s skaam, gek oor kos, raak vies wanneer iemand popcorn in die fliek kou en glo daar is spoke.
















Kommentaar
Jaco Jacobs het gesê:
You rock the planet that rocks the world, Jy is te oulik vir woorde!!! Keep up the good work!!!!
22ste Jun. 2010, 08:19Julie Botha het gesê:
Ek geniet haar spel in 7de Laan en dink sys baie qute en natuurlik en laat my lekker lag.
10de Jun. 2010, 14:40sandra jonathan het gesê:
Clara is die beste, maar die die floozie klop haar uit.
7de Apr. 2010, 15:08Loyanke het gesê:
Ons geniet haar baie sonder haar gaan die laan leeg wees.
2de Okt. 2009, 15:22Judith Vermeulen het gesê:
Sy is te oulik.
17de Aug. 2009, 11:30