Coenie de Villiers en Die Heuwels Fantasties sing saam
Dit gons nou al vir 'n wyle dat die ikoniese sanger en liedjieskrywer Coenie de Villiers gaan kragte saamspan met die talentvolle manne van Die Heuwels Fantasties.
Daar steek tog waarheid in die bewerings, en Sarie.com het gaan uitvind.
Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties:
Hoe het dit gebeur dat julle en Coenie saamsing?
Ek kan nie presies onthou nie, maar volgens my was ons op sy show en toe praat ons oor 'n potensiële colab (colaboration). Later bel hy toe vir ons en vra hy of ons omgee dat hy 'Tambotieboom' cover. Toe sê ons natuurlik: Ons gee glad nie om nie! Ek was aanvanklik nie seker of dit werklik Coenie de Villiers was wat ons gekontak het nie, maar toe ons 'Onbeplan' in die studio opgeneem het, het Pierre die brainwave gekry om dit vir Coenie te stuur. En toe's dit nou maar so.
Wie het die liedjie geskryf? Die Heuwels het die koor geskryf en Coenie het die verse geskryf. Dis nog vroeë dae so ons sal moet sien wat gebeur.
Is dit vir 'n meer volwasse gehoor as julle ander musiek? Nee wat, dis vir almal.
Gaan die liedjie op julle sowel as Coenie se nuwe CD's verskyn? Ons besluit nog daaroor, maar miskien gaan daar meer as een liedjie uit hierdie samewerkingsessie kom.
Waarna sien julle die meeste uit in 2011? Alles!
Só sê Coenie:
Hoe het dit gebeur dat jy en Die Heuwels Fantasties saamsing? Ek was nog altyd 'n groot aanhanger van Hunter en Pierre se werk, en was gewoon te bang om hulle te vra om met die ou verswakte bejaarde saam te werk! Ek het 'n onderhoud op televisie met hulle gedoen, en na die tyd was die "deal" gedoen. Ek is nie seker wie het vir wie gevra nie, maar ek is verskriklik opgewonde om saam met hulle te kan werk.
Wie het die liedjie geskryf? Met die eerste rondte het hulle vir my 'n wonderlike a capella-koorgedeelte aangestuur, en ek het die res bygeskryf. Ek vermoed met rondte twee gaan dit andersom werk - ons hoop binnekort het ons nog 'n poging.
Is dit vir 'n meer volwasse gehoor as julle ander musiek? Ek moet erken ek dink nie regtig aan die ouderdom van die gehoor nie - ek probeer net iets skep wat so goed is as wat ons dit kan maak.
Gaan die liedjie sowel op jou as op Die Heuwels se CD verskyn? Dis die plan
Waarna sien jy die meeste uit in 2011? Miskien 'n meer rustige pas, maar dis hoogs onwaarskynlik!
Verwante artikels
-
Coenie de Villiers
SARIE - Junie 2009
-
Coenie de Villiers gesels oor sy nuwe album
SARIE November 2011
Dit is drie jaar sedert Coenie de Villiers ’n album vrygestel het. Met sy splinternuwe CD, Hart van glas, neem hy sy aanhangers op ’n musikale reis van formaat.
-
Coenie de Villiers se Damaskuservaring
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Coenie de Villiers se gunstelinge
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
-
Die Heuwels Fantasties oor Lady Gaga en hul nuwe Deluxe-album
SARIE - Oktober 2010
Die Heuwels Fantasties se Hunter Kennedy en Pierre Greef gesels met sarie.com oor hul nuwe Deluxe-album, 'n visuele dubbel-album met nuwe liedjies, ou liedjies en 'n musiekvideo vir elkeen van hulle...
-
Francois van Coke is verloof
SARIE - Januarie 2011
Nou gebeur dit asof daar iets in die water is. Ons musieksterre haak af!


















Kommentaar