Coenie de Villiers se gunstelinge
Foto’s: verskaf Galery
Coenie de Villiers, die gesig van die gewilde TV-program Kwêla, het pas saam met kykNET hul 10de verjaardag gevier. Hy deel sy 10 gunstelinge met sarie.com
Ek is mal oor ...
- My mooi Griekse vrou, wat ná 30 jaar nog steeds my hart se punt bly
- My kinders, wat betekenis gee aan my opstaan elke dag
- My sportmotor, wat veral naweke met die kap af my lewe opkikker
- My vleuelklavier, wat klank gee aan die liedjies wat ek skryf
- My vulpen - die een ding wat darem nie digitaal is nie!
- My eikeboom in ons agtertuin waar ons in die somer braaivleis eet
- My honde: 'n dierbare Rottweiler, 'n lelike skaaphond van die DBV, en 'n mopshond (pug) wat niemand kan weerstaan nie
- My stukkie eiland op Ciprus waar ek hoop om eendag meer tyd te kan bestee
- My boeke, wat oorloop uit elke kas en rak en waarsonder ek nie kan nie
- My geloof in ons land en sy mense - die groot rede waarom 'n mens hier bly
Coenie se album Weerlig oor die see het ook Album van die Jaar by vanjaar se Vonk-toekennings gewen.
Bestel Weerlig oor die see by Kalahari.net
Bestel nog CD's van Coenie de Villiers
Kyk die video van Pie Jesu, gesing deur Coenie de Villiers, Chris Chameleon en Jannie du Toit.
Verwante artikels
-
Coenie de Villiers en Die Heuwels Fantasties sing saam
SARIE - Desember 2010
Dit gons nou al vir 'n wyle dat die ikoniese sanger en liedjieskrywer Coenie de Villiers gaan kragte saamspan met die talentvolle manne van Die Heuwels Fantasties.
-
Coenie de Villiers se Damaskuservaring
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Emo Adams verklap...
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met ’n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek. Hy verklap sy gunstelinge.
-
Kitte van Binnelanders (Jürgen Hellberg) oor sy toekoms, snaaksste oomblik en gunstelinge
SARIE - November 2009
-
Rocco de Villiers: "Ek's mal oor ..."
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
















Kommentaar
madeleen het gesê:
Dis verby puik!!!!!!!!!!!!!! Ek sal heeldag na die liedjie kan luister.
29ste Apr. 2010, 10:47Rene van Wyngaarden het gesê:
Drie fenomile kunstenaars. ek is van mening dat almal en alles verby sal wees, maar nie die drie nie!
26ste Nov. 2009, 22:58