Colin Cowie: "Die beste werk op aarde"
Die meeste van ons is alte bly die werkjaar staan einde se kant toe. Maar vir ander is dit heeljaar vakansie op kantoor... Soos vir die internasionale partytjiebeplanner, Colin Cowley
Hy's 'n "eenvoudige Suid-Afrikaner" wat partytjies reël vir mega-sterre soos Oprah, John Travolta, Tom Cruise en ons eie Sonkoning, Sol Kerzner.
En om binne sewe dae in vyf groot wêreldstede te werk is niks vreemds vir hierdie boorling van Oos-Londen nie.
"Ek maak ander mense gelukkig, en ja, ek maak ook baie geld!" vertel Colin, wat in New York woon. "Ek reis 250 tot 300 dae per jaar, woon in die beste hotelle, eet lekker kos, ontmoet interessante mense, is altyd kreatief. Dis 'n lewe vol voorregte. Ek kla niks!"
Kleintyd was hy gewoond aan lang middagetes saam met vriende en familie. Eet was 'n prettige okkasie.
"Toe ek in New York aankom, wou ek iets in die vermaaklikheidsbedryf doen en die hele besigheid van onthaal 'ontraaisel'. Ek het 'n spyseniering-onderneming begin en daaruit het my huidige sake-onderneming gegroei.
"Ek is maar net 'n eenvoudige Suid-Afrikaanse ou met 'n bietjie styl. - Colin Cowey
"'n Jong, sexy, prettige, funky, kleurryke styl van my eie het ontpop. Ek het mettertyd begin boeke skryf oor onthaal, bied nou TV-programme aan en daar is produkte op my webtuiste wat mense kan koop vir hul huis, kroeg en om mee te onthaal."
'n Goeie partytjiebeplanner...
moet styl, onuitputlike energie,'n uitstekende oog vir detail, goeie sakevernuf en organisasie-vaardighede hê, sê Colin.
"Ek werk met 'n ondersteunende span van veertig kenners. Ons is 'n eenstop-diens en reël als - van die sekuriteit by die partytjie tot die grimering, juweliersware, musiek, kos en klere. Dis 'n 360 grade-aanslag. Maar dis nié 'n 'partytjie-fabriek' nie. Ons diens is uniek. Dis hoekom ons nie baie werk aanvaar nie. Sowat vier troues en ses tot agt ander partytjies per jaar. Ons doen skouspelagtige produksies. Mylpaal-vierings."
Sy kliënte is die superrykes: sjeiks van Saoedi-Arabië, filmsterre, multimiljoenêrs . . . "Dis baie belangrik dat ons van hulle hou as ons die werk aanvaar, want daar is gedurig interaksie." Gelukkig bly hy kreatief "want ek is een groot spons".
Sy beste partytjie nog?
"Die volgende een," sê hy.
En die bestanddele van 'n wen-geleentheid?
"Die regte tydsberekening, geurige kos, kreatiewe skemerkelkies, groovy musiek en kleurryke mense."
Oprah se partytjie
Een van sy lekkerste projekte was om saam met Oprah Winfrey te werk aan haar Legends Ball.
"Sy is sóveel pret en ek het die wêreld se respek vir haar."
Colin se geheim vir sukses is kortom: "Ek is maar net 'n eenvoudige Suid-Afrikaanse ou met 'n bietjie styl. Ek vergeet dit nooit nie. Nederigheid anker my. Ek is mál oor SA. En ek is op my gelukkigste by my gesin en my ongelooflike ma, Gloria, wat nog in Oos-Londen woon."
Besoek sy webtuiste by www.colincowie.com
Verwante artikels
-
Eensaam by die werk?
SARIE - Mei 2008
Jy’s heeldag tussen kollegas – tog voel jy alleen en afgesny. Hier’s hoekom, en hoe jy dit kan verander
-
Help, ek kan nie meer huishou nie! ‘n Butler gee raad
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Dis werk, kinders grootmaak en dan moet jy nog die huis ook probeer reghou. Hier’s jou antwoord: Ons het ‘n bobaas-butler die kuns gaan afvra. Maar eers vertel hy van sy tyd saam met Uma Thurman
-
Juanita Daniel het die "beste werk op aarde"
SARIE - Desember 2009
Juanita Daniel, internasionale kreatiewe direkteur en regisseur en veldaanbieder van De Kat-joernaalprogram op SABC3, verklap.
-
Kies slim - nuwe werke, groot kanse
SARIE - Junie 2008
Daar’s beroepe en geleenthede soos nooit tevore nie. Hier’s hoe jy dit kan aangryp vir die beste loopbaan vorentoe
-
Kinderpartytjie op Stellenbosch
SARIE - Oktober 2009
Ná meer as ’n dekade as enkelouer is Theo, my vennoot in musiekmaak, ’n jaar of twee gelede getroud met my vrou se suster, Wilma
-
Te oud vir jou werk? Hier's raad
SARIE Maart 2010
-
Wenke vir jou werk-strategie
SARIE - Februarie 2010
-
Werkende ma's se raad
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
















Kommentaar
Lenise het gesê:
Hello is daar dan geen negatiewe dinge van die werk nie? moet n mens swot hier voor en waar kan mens daar voor gaan swot
23ste Mei. 2010, 13:07