Corine du Toit oor haar jongste fliek
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
Die storielyn is grillerig ... erg grillerig. 'n Groep toeriste gaan op 'n nag-safari, maar die voertuig laat hulle in die steek. Die groepie bevind hulle in die middel van die Bosveld, en een ná die ander verdwyn hulle. Die gevreesde Hiëna-man en sy makkers is aan die werk en hul fokus is mensehandel, ook die handeldryf met menslike organe.
Vertel ons 'n bietjie meer van jou karakter, Karin, in Night drive en is daar enigsins struikelblokke wat jy ervaar het?
Karin is 'n baie emosionele karakter. Ons ontmoet haar wanneer haar man haar Bosveld toe neem om haar te probeer opbeur na 'n mislukte selfmoordpoging. Karin sukkel om die aanval in hul huis, toe sy verkrag is, te verwerk en haar depressie is besig om haar huwelik te verwoes. Die struikelblok met so 'n karakter is om die balans tussen 'die gebreekte voëltjie' en 'die krag van 'n vrou' te vind. Alhoewel ek dink daar 'n groot verandering in Karin plaasvind deur die verloop van die film. Dit was heerlik om te speel.
Waar presies is Night drive geskiet?
In die Hartebeespoort-area.
Hoe lank het julle aan die rolprent geskiet?
Ek het omtrent 4 weke geskiet.
Wat was vir jou die hoogtepunt?
Ons het baie in die nag geskiet en dit is nogal opwindend en 'scary' terselfdertyd. Almal op stel was so entoesiasties en passievol dat die hele ondervinding vir my 'n hoogtepunt was. Ek kon nie wag om elke dag op stel te kom en te begin skiet nie. Ons het ook almal ons eie 'stunts' gedoen, wat heerlik was!
Met watter projekte is jy tans besig?
Op die oomblik is ek nie besig om te skiet nie. Hierdie tyd van die jaar bly ek baie besig met MC-werk en praatjies, ens. Ek doen ook drama-werkswinkels saam met aktrise Tamarin du Toit en het ook pas 'n 3 maande model-werkswinkel aangebied. Ek is ook besig met 'n draaiboek-projek vir iemand.
Wat is vir jou spesiaal omtrent Suid-Afrika?
Ek is definitief 'n buitemens en Suid-Afrika is hemels as dit by die buitelewe kom. Dit is heerlik om net 'n paar minute uit Johannesburg te ry en omring te wees deur die natuur en groot oop spasies. Dan is daar die res van Suid-Afrika se kuslyne, berge, die Karoo en vele meer.
Wat is jou ideaal in jou loopbaan?
Ek geniet dit om op films te werk, my ideaal sal wees om so 3 films 'n jaar te doen en dan te skryf vir die res van die tyd... op 'n plaas.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Corine
-
Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Corine verruil haar lang lokke vir die pixie-haarstyl. Dit vat waagmoed en mooi gelaatstrekke, wat Corine beslis het.
-
Die man aan Corine du Toit se sy
SARIE - November 2010
Dis vier jaar ná die gru-ongeluk waarin sy haar neus vergruis het en Corine du Toit se ster skyn helderder as ooit. Ook met die liefde gaan dit goed!
-
Roer! - Corine du Toit se bessie-mousse
SARIE - September 2009
Dié nagereg kry 'n lekker strooplagie bo-op wat gemaak word van versiersuiker en aarbeie. Perfek om 'n maaltyd mee af te sluit
-
Roer! - Corine du Toit se koue komkommersop
SARIE - September 2009
Nie baie mense weet dit nie, maar 'n komkommer word geklassifiseer as 'n vrug. Gebruik dit om 'n verfrissende sop te maak. Dit maak 'n heerlike voorgereg
-
Roer! - Corine du Toit se salm met groenslaai en wasabi-roomsous
SARIE - September 2009
Maak iets spesiaals van dié visgereg deur dit met 'n wasabi-roomsous voor te sit. Wees net versigtig, die wasabi laat dit lekker brand!
















Kommentaar