Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's

SARIE Augustus 2010

Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.

Die film het reeds 3 internasionale toekennings gewen. Brad Glass was die regisseur en saam met ons eie akteurs is daar 'n paar bekende Bollywood-akteurs te sien.

Die storielyn draai om Shaan, 'n middelkind van drie seuns wat daarvan droom om 'n draaiboekskrywer te word, en hy's gaande oor Hollywood-aksieflieks. Sy pa, Raj, keur dit glad nie goed nie omdat hy reken die filmbedryf is 'n onstabiele besigheid. Hy (Raj) verkies Indiese Bollywood-flieks en vind dit moeilik om te glo dat Shaan sy Indiese herkoms vergeet het. Shaan sit egter sy droom voort ten spyte van sy pa se afkeuring. Ná 'n familietragedie kry sy lewenspad 'n nuwe koers.

Só sê Vicky Davis: "Ek speel 'n Suid-Afrikaanse meisie, 'n eks-model wat modelwerk laat vaar het ter wille van haar gesin," vertel Vicky. "Dis glad nie die gewone Bollywood-fliek waar daar gesing en gedans word nie. Die begroting was ook baie klein, so dit was 'n groot uitdaging. Maar ek het besef SA kameramanne hoef nie 'n tree terug te staan vir internasionale spanne nie.''

Corine speel die rol van Sheila. (Vir meer inligting besoek Florida Road se webtuiste)

Kyk die video

Verwante artikels

Galery

  • Corine du Toit en Vicky Davis
  • Corine du Toit in Florida Road
  • Corine du Toit in Florida Road
  • Corine en Vicky by die span van Florida Road
  • Corine du Toit op haar akteurs-stoel
  • Corine en Vicky by die span van Florida Road

Kommentaar

Web Development by FormFunction