Craig Jacobs uit Survivor SA - hy praat met sarie.com
Op TV lyk dit of ontwerper Craig Jacobs die septer probeer swaai en nie veel doen nie in Survivor SA: Santa Carolina. Wat gaan maak jy in elk geval op 'n verlate eiland as jy allergies is vir skulpvis en nie kan swem nie? Charis Labuschagne was aangenaam verras toe sy met hom gesels het.
Het jy verwag om afgestem te word?
Ja, die skrif was aan die muur. Ek dink my stam sou my teen die eerste episode afgestem het as hulle kon. Ag, dis net 'n speletjie; dit was pret.
Wat het jy gedink toe jy jouself op TV sien?
Ek't gedink ek is nogal snaaks! Ek was net myself. As mense nie van my gehou het nie, jammer. Jy sien nie alles wat agter die skerms gebeur het nie. Ek hét bygedra. Ek het gehelp om ons skuilplek te bou en hout bymekaar gemaak vir vuur. Ek moes vier keer 'n dag vir agt mense water gaan haal. En dit was ver om te loop. Dis jammer my stam het gedink dit was nie behulpsaam nie. (Sade het snedig gesê Craig is die 'waterboy').
Wat was jou strategie?
Ek het nie 'n speletjie gespeel nie. Ek was eerlik.
Het jy van jou stam gehou?
Ja, al die mense was cool. Ek het goed met GiGi oor die weg gekom. Dis 'n vriendskap wat langer as Survivor sal hou. Sy was 'n ruk terug by my modevertoning by die AUDI Joburg Fashion Week. Sade was ook daar. Ek het selfs vir Izak op die eiland gevra om 'n model in my vertoning te wees.
So, daar is nie kwade gevoelens tussen jou en Sade nie?
Glad nie. Ek dink almal wat in Survivor was, verstaan TV goed. Jy weet jy moenie dít wat op TV gebeur te ernstig opneem nie.
Het jy regtig gedink jy is die stam se leier?
Glad nie. Ek meen, ek en Kaz, die 'sogenaamde leiers', is in die eerste episode uitgestem. Dis toe dat ons aangesê is om elkeen 'n stam te kies. Ons is vanselfsprekend nie leiers nie! Maar ek het dit ernstig opgeneem toe ek 'n stam moes kies. Twee van ons stamlede het besluit om die eiland te verlaat en ek het hulle gekies. Ek't gevoel dis my skuld, ek kon eerder ander mense gekies het.
Wie het 'n kans om te wen?
Dit moet iemand wees wat berekend is en wat toneel kan speel. Iemand wat hul kaarte teen hul bors hou. Ek dink Ashley Hayden is 'n goeie kandidaat.
Wat het jy vir Survivor gebied?
Komedie. Die dinge wat ek gesê het, het net uit my mond gekom. Ek neem myself nie te ernstig op nie. Hopelik het kykers dit gesien vir wat dit is.
Vertel van die insident waar die ander lede gevoel het jy eet heeltemal te veel aartappelskyfies.
Ek is allergies vir skulpvis. Ek kon nie die krap en oesters eet nie. Dit was hoofsaaklik wat ons stam gevang het. Ek het gras, miere, wilde spinasie en kokosneute geëet. Ek was verskriklik honger. Toe ons aartappelskyfies kry, het ek my vergryp. Eintlik het ek net 'n handvol geëet.
Jy kan ook nie swem nie?
Ja, en ek moes met een uitdaging vanaf 'n stellasie in die see spring. Ek het dit net gedoen, al het ek dit nie goed gedoen nie.
Hoekom het jy aan Survivor deelgeneem as jy allergies is vir skulpvis en nie kan swem nie?
Ek't dit juis gedoen omdat ek allergies vir skulpvis is en nie kan swem nie. Ek wou kyk of ek kon oorleef. Ek wou net een dag uithou, en elke dag wat ek langer op die eiland gebly het, was 'n bonus. Ek was uiteindelik nege dae daar.
Is jy spyt oor enigiets?
Ek is spyt ek kon nie die versteekte immunity idol kry nie. Ek en Gigi het die eiland vol gesoek en ek was baie naby om dit te kry.
Kyk na nog foto's uit episode 3 van Survivor SA: Santa Carolina
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Survivor se eerste episode
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 4
Dis hier! Survivor SA: Santa Carolina skop vanaand om 19:30 op M-Net af. Charis Labuschagne het die eerste episode gekyk en dis inderdaad soos aanbieder Nico Panagio gesê het: 'Dis 'n klomp kleurryke karakters.'
-
Cindy uit Survivor, sy praat met sarie.com
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 15
-
Darren Maule uit Survivor, hy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
-
Gladiator Garth Collins uit Survivor SA - hy praat met SARIE
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
-
Lady Lea uit Survivor SA, sy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010
-
sarie.com-gebruikers vol lof vir Survivor se Cindy
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Survivor SA, episode 3: Manne huil vir die eerste keer
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 4: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 5: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
In die vyfde episode van Survivor SA: Santa Carolina kom daar 'n skeuring in die stamme. Die mense wat alliansies gevorm het, begin teen mekaar draai.
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...














Kommentaar
Yolanda het gesê:
I must admit - I watched the first two episodes of survivor.... and vowed not to finish the season. It's most probably, the WORST survivor season in the history of mankind! I really enjoyed the first South African survivor, so I'm not against the South African survivor at all.
7de Feb. 2010, 09:22Conraad het gesê:
Bly hierdie ou is gone, daren snaaks hoe hulle van opinie verander as hulle loose! Mag 'n vrou asb nie wen nie!!!
4de Feb. 2010, 14:18