TV-hunk Dave Salmoni praat met sarie.com
Foto’s: Verskaf Galery
Hy laat vroue snak na hul asems en met leeus speel hy asof hulle klein, huishoudelike troeteldiere is.
Dave Salmoni, 35, is deesdae bekend as die hunk van die Animal Planet-kanaal.
Jy sal hom ken as die TV-aanbieder van Discovery Channel se Rogue Nature-program en Animal Planet se Predator versus Prey-program. Dave is van Kanada, maar draai gereeld in Suid-Afrika waar hy sy eie projekte doen.
Ons het met hom gesels:
Waar het jou liefde vir die natuur begin?
Dit het begin toe ek klein was. Ek het in Kanada groot geword. Ons gesin het gereeld gaan kamp of in ‘n klein gehuggie in die bos gaan bly. Dan was ek maar meestal buite, omdat die huisie of die tent so klein was.
Jy het al met verskeie wilde diere gewerk, van bere tot bokke, maar veral leeus en tiere. Wat is jou gunsteling dier en waarom?
Ek het gelukkig geen gunsteling-diere nie. Ek is mal oor alle diere en ek is vir verskillende, unieke redes oor elke sort mal.
Wat was jou ergste aan diens-besering as dierehanteerder?
Ek moes in 2003 ‘n rugoperasie ondergaan nadat ek ‘n rugstringbesering opgedoen het toe ek met tiere gespeel het.
Het jy al ooit in ‘n dier se oë gekyk en besef - dit is dit, nou sterf jy?
Ja. Tydens ‘n TV-opname in 1998 toe Bongo, die eerste leeu wat ek ooit opgelei het, my gebyt het. Hy het eers van my ribbes gebreek, toe my been verskeur. Toe hy vir my keel gaan, het ek gedink hy gaan my doodmaak. Nadat ek uit die hospital ontslaan is, is die eerste plek waarheen ek is, na Bongo toe sodat ons dit kon uitsorteer.
Hoe kry jy dit reg om jou vrees te oorwin na ‘n ondervinding met roofdiere en dit so reg te kry om aan te hou om met roofdiere te werk?
Ek voel nie ek word ooit bang nie. My nuuskurigheid oor die dier neem heeltemaal oor. Dit is sterker as my vrees vir hulle.
Watter land verkies jy, Kanada of Suid-Afrika?
Ek verkies albei ewe veel, maar om verskeie redes.
Ek verkies Kanda weens my familie, maar as dit by diere kom, verkies ek Suid-Afrika.
Het jy enige troeteldiere?
Nee. Ek kan nie, want ek reis ongelukkig te veel. Ek is nooit vir lang genoeg rukke by die huis nie. Dit sal onregverdig teenoor troeteldiere wees.
Vir watter diere het jy die meeste respek/Is jy die bangste voor?
Ek is baie bang vir sjimpansees wat in aanhouding is. Ek kom nie naby hulle nie.
Vertel ons iets van jou wat niemand weet nie.
My gunsteling lekkers is “Goodies.” My ma is die enigste mens wat dit weet. My gunsteling Suid-Afrikaanse lekkergoed is Sparkles. Ek eet hulle terwyl ek werk. Ek het op die oomblik (gedurende sy huidige besoek aan SA) sommer twee pakke in my bagasie.
Beskryf jou ideale vrou.
Sy moet selfversekerd, doelgerig en snaaks wees en sy moet mooi en oulik wees.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Verwante artikels
-
Blond of brunet: Watter styl pas wie die beste? Elma, Angelina, Fergie wys
SARIE September 2010 | Kommentaar: 11
Wat is beter: blond of brunet?
-
Elvis Blue - kyk al sy haarstyle!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Ons ken hom as die stil, sexy Idols 7 wenner met die kort, regop hare. Maar hy't nie altyd die kort styl gedra nie. Hy't al langer hare gehad en was al selfs poenskop. Watter Elvis Blue-styl verkies jy?
-
Louis Vuitton op safari met Ernest Hemingway se agterkleinkind!
SARIE September 2010
Daar's net iets spesiaals wanneer die son in Afrika sak. En Louis Vuitton se nuwe advertensieveldtog vir sy nuwe reis-versameling praat saam.
-
Robbie Wessels: Lewe ná Leeuloop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
























Kommentaar