Deon Lotz se wegholsukses-jaar
Vir die akteur Deon Lotz was 2011 ’n besige jaar. ’n Jaar vol opwinding, hoogtepunte, optredes en flieks.
“Met die einde van een ding begin die ander,” sê Deon. En vir hom is dit baie waar. Midde-in die laaste paar optredes van Stuur Groete aan Mannetjies Roux, die musiekblyspel, begin Skoonheid, ’n fliek waarin hy die hoofrol vertolk.
Skoonheid
Deon speel die rol van ’n tipiese Afrikanerman, Francois van Heerden, wat stereotipies en eng deur die lewe gaan. Tog het hy ’n paar geraamtes in die kas, soos sy onnatuurlike verhouding met ’n jong seun.
Vir Francois is skoonheid iets wat hy haat en waardeer. Hy hou van mooi mense, maar haat die feit dat dit hulle bevoordeel in die lewe en dat hulle baie makliker wegkom met moord.
“Emosies is baie belangrike en komplekse goed. Mens moet kan uiting gee aan emosies anders kom dit op snaakse maniere uit. Die ding dat mans nie mag huil nie is twak, emosies moet ontwikkel word, en ouers moet besef hulle speel ’n groot rol daarin,” vertel Deon aan sarie.com. “Francois het net nie geweet hoe om die emosies wat hy voel te hanteer nie.
“Ek hoop Suid-Afrikaanse gehore is open minded genoeg vir die fliek en dat hulle met empatie na Francois te kyk, om deur dieselfde emosies te gaan waardeur hy gaan. Ek glo daar is baie sulke mense in die samelewing.”
Vir Deon was daar twee tonele wat baie uitdagend was. Die een toneel is vreeslik gewelddadig en die ander een is ongemaklik as gevolg van die aard van die karakter. “Dit was ’n groot uitdaging om beide tonele geloofwaardig te vertolk,” bieg hy.
Skoonheid is met die Queer Palm-prys by die gewilde Cannes Filmfees in Frankryk bekroon. Die geleentheid was vir Deon ’n hoogtepunt wat hy nie gou sal vergeet nie. “Om op die rooi tapyt te loop en internasionaal beloon te word is wonderlik.”
Vir hom was dit ook ’n heerlike belewenis om saam met regisseur Oliver Hermanus te werk.
Stuur Groete aan Mannetjies Roux
Aan die einde van Stuur Groete voel Deon dit was ’n wonderlike ervaring en ’n voorreg om saam met die hele span, en veral Laurika Rauch, te werk. Deon speel die oom in Laurika se “My oom se motor”, ’n boer op die plaas Dwarsbult.
Hy het saam gesing en gedans en sê die hele ondervinding was heerlik. Hy was as kind in die Drakensbergse seunskoor, maar sê hy moes sy sang-talent bietjie afstof vir dié produksie.
“Ons sal moontlik in die toekoms nog optredes doen, miskien volgende jaar,” verklap hy.
Roepman
Deon was ook onlangs te sien in die Afrikaanse fliek wat gegrond is op Jan van Tonder se gelyknamige boek, Roepman. Deon speel die stoere pa, Abraham Rademan.
“Dit was ongelooflik lekker om aan Roepman te werk. Die vervaardigers, Sallas en Piet de Jager, was so entoesiasties en dit het die res van ons aangesteek. Dit is ’n mooi storie oor ’n Afrikaner-familie, en dit het omtrent gevoel of ons almal familie was,” gesels Deon.
Toekoms
Deon het vir 13 jaar 5-sterhotelle op die been gebring en bestuur, maar kies nou die lewe van ’n akteur enige tyd.
Deon sal by vanjaar se Aardklop-kunstefees te sien wees in twee produksies. Die onbeholpe djin uit die pen van Jan van Tonder en Agterplaas, wat ook by die KKNK te sien was.
Hy begin ook eersdaags skiet aan Sleepers Wake. En gaan binnekort in Verraaiers speel, ’n rolprent saam met dieselfde vervaardigers as van Roepman.
Luister Woensdag 3 Augustus om 08:15 na ’n onderhoud met Deon deur Rian van Heerden op Jacaranda 92.4.
Verwante artikels
-
Akteur Deon Lotz as F.W. in nuwe Winnie-fliek
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, het onlangs in akteur Deon Lotz by die Kaapstadse Internasionale Lughawe vasgeloop waar hy op pad was na Pretoria om 'n toneel vir die nuwe Winnie-fliek te gaan verfilm.
-
Akteurs van nuwe Afrikaanse fliek, Roepman, gesels met sarie.com
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Phyllis Green gesels met die akteurs van Roepman, 'n nuwe Afrikaanse fliek, met Paul Eilers as regisseur.
-
Fliekresensie: Skoonheid
SARIE Augustus 2011
"Dis beeldskoon, maar brutaal. Ek wil Skoonheid graag aanbeveel. Ek wil ook nie." Sarie.com se nuwe fliekresensent, Réney Warrington, het die opspraakwekkende Skoonheid gaan kyk. Sy sal ook in die komende maande jou op hoogte hou van nuwe flieks wat begin draai.
-
Mannetjies Roux-musiekblyspel open in Pretoria - foto's
SARIE Mei 2011
Stuur groete aan Mannetjies Roux is ’n musiekblyspel gebaseer op Laurika Rauch se gelyknamige treffer van die jare negentig, en dit het gisteraand by die Atterbury Teater in Pretoria geopen. Mannetjies Roux self was ook daar saam met sy kinders en kleinkinders
-
Nóg 'n nuwe Afrikaanse fliek - SARIE kuier agter die skerms van Paul Eilers se Roepman
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Kamera, ligte, aksie! 'n Groepie akteurs verskyn soos spoke uit die stoomwolke wat langs 'n trein uitwarrel. Hulle hardloop langs die trein tot waar hulle nie meer kan byhou nie.
-
Video-hoogtepunte: onderhoud met akteur Deon Lotz
SARIE Maart 2012
Mense begin omkyk as hulle hom op straat sien. Deon Lotz lyk bekend, maar vanwaar? Wel, dalk ’n TV-advertensie, ’n hand vol verhoogstukke. Hy het ook ’n hutspot van rolprente in sy sak. Een daarvan is
Skoonheid, wat onlangs op die Cannes-filmfees bekroon is
















Kommentaar
Belia het gesê:
Skoonheid se tema moes al lankal vertel gewees het. Dit ruk jou na die werlikheid en realiteit van mans saam met wie ons werk en oral raakloop. Dit het 'n grusame verhaal wat ek dink veral vir gays maar veral ook vir erg verkramptes baie ontstellend kan wees.
6de Aug. 2011, 11:42