Die aktrise Vanessa Haywood oor District 9
Vanessa Haywood speel Tania van der Merwe in District 9 teenoor Sharlto Copley (Wikus van der Merwe in die fliek). Sy is trots daarop dat sy deel van dié produksie kon wees, veral omdat 90% van die rolverdeling en span Suid-Afrikaans is.
"Ek is oortuig daarvan die fliek sal vir een of twee Oscars benoem word, dalk vir beste fliek en beste spesiale effekte. Ek kan nie wag nie. Ek gaan in Amerika wees as die benoemings vir volgende jaar bekend gemaak word.
"Dis 'n malhuis. Ek doen die een onderhoud ná die ander en hardloop rond om publisiteit vir die fliek te doen. Maar ek's op 'n gelukkige plek in my lewe; dis 'n wonderlike reis.
"Ek is só trots op District 9. Dis hoofsaaklik 'n SA fliek, hoewel dit 'n Hollywood produksie is. Sci-fi is nie gewoonlik snaaks en emosioneel nie. Dié fliek is anders. Daar is 'n liefdesverhaal en baie komedie. Dis heeltemal over the top.
"Een van die groot oomblikke was toe ek my naam aan die einde van die fliek op die grootskerm sien (dit was vóór die amptelike bekendstelling in Johannesburg). Dit het lewensgroot alleen op die skerm gestaan - wit op swart. Toe't ek gedink: Wag 'n bietjie, hier is nou die ware Jakob!
"Ek is onlangs Los Angeles toe en gaan vir 'n maand in Kalifornië reis en vakansie hou. Dan sal ek in LA aanbly om 'n loopbaan te probeer bou. Ek's baie lief vir Suid- Afrika, maar ongelukkig is hier nie genoeg rolprentwerk nie.
"Ek sal ook graag 'n rol in die rolprent Spud wil hê. (Dié fliek, gegrond op die gewilde boeke, word vanaf Februarie in SA verfilm.) Ek het einde November vir 'n oudisie gegaan en as ek 'n rol kry, kom ek terug" - Vanessa Haywood, aktrise.
* District 9 is pas vir 'n Golden Globe benoem in die beste draaiboek-kategorie. En die Oscars wink!
Verwante artikels
-
Akteur Deon Lotz as F.W. in nuwe Winnie-fliek
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, het onlangs in akteur Deon Lotz by die Kaapstadse Internasionale Lughawe vasgeloop waar hy op pad was na Pretoria om 'n toneel vir die nuwe Winnie-fliek te gaan verfilm.
-
District 9 - Apartheid en ruimtewesens
SARIE - Augustus 2009
Dit word bestempel as een van die oorspronklikste sci-fi-rillerflieks in jare - glo die wêreld se eerste ''outobiografiese'' alien-Apartheidsfilm. Ons eie Neill Blomkamp, 'n SA regisseur van kortfilms en advertensies wat al geruime tyd in Vancouver, Kanada, woon, was die skrywer en regisseur.
-
Invictus: Marguerite Wheatley se grootste rol
SARIE - Desember 2009
Van Egoli tot Invictus, die rolprent oor Madiba, François Pienaar en Wêreldbeker ’95. Marguerite Wheatley vertel van haar internasionale kollig
-
Ontmoet model en aktrise Charlbi Dean Kriek
SARIE Januarie 2010
Hou haar dop! Sy's beslis een van SARIE se inspireerders vir 2010.
-
SA akteurs vir Night Drive-fliek
SARIE - Augustus 2009
Night Drive is 'n nuwe SA aksie-rillerfliek, en die akteurs daarin is pas bekend gemaak. Verfilming begin oor 3 dae.
-
Stelio Savante, SA-gebore ster in Hollywood, gesels met sarie.com
SARIE Maart 2010
Die Grieks-Suid-Afrikaanse akteur Stelio Savante, wat reeds sowat 18 jaar jaar in Amerika woon, is tans besig om die rolprent A Million Colours in Johannesburg te verfilm.
-
Watter celebs hou almal van gholf speel?
SARIE Julie 2010
Louis Oosthuizen, wat die legendariese Skotse gholfbaan, St Andrews, in die 2010 Ope Kampioenskap getem het, het ons só geïnspireer dat ons gaan kyk het watter ander celebs ook graag tyd op die gholfbaan deurbring.
















Kommentaar