Die sepiesterre wat julle die meeste mis
Volgens ons meningspeiling op sarie.com het julle só gestem oor die sepiesterre wat julle die meeste mis...
- Elsa du Plessis (Egoli) 7.9%
- Wilmien de Lange (7de Laan) 35.6%
- Tim Vorster (Egoli) 2.5%
- George Kyriakis (7de Laan) 38.1%
- Gregory Mitchell (Egoli) 5%
- Madel Terblanche (7de Laan) 10.9%
Wilmien de Lange en George Kyriakis (beide van 7de Laan) was tops met onderskeidelik 38.1% en 35.6%. En bra min van julle mis vir Tim Vorster en Gregory Mitchell...
Op Facebook ons dieselfde gevra, en dís wat julle gesê het:
George en Wilmien was wéér bo! Met Malan Koster (Binnelanders), Sandra Stutterheim (7de Laan), Bart (7de Laan), Bienkie (Egoli), Dezi (7de Laan), Mitch (Egoli) en Joe (Egoli). Selfs Kimberley Logan-Voster-Schultz-Edwards (Egoli) het 'n stem of wat gekry!
So sê julle op Facebook:
"Ja, Sandra Stutterheim kan gerus terugkom Laan toe! Sy en Gita kan aartsvyande wees." - Christy Nel
"Wilmien, Bart, Sandra, Madel, Dezi. Só bly Paula is terug! Hoop Marko kom ook terug. En Connie." - Heidi Wahl
"Pietie wat saam met bertie in Egoli was!" - Cindy Mac Nicol- Kapp
"7de Laan se George en Wilmien... En karakter wat Steve Hofmeyr gespeel het..." - Stephanie Stumke
"Al die ou waitresses van 7de Laan moet 'n lekker reünie hou, en dan Wilmien, want ek wil graag sien hoe sy en Paula saamspeel, albei se rolle min of meer dieselfde. Dan moet Sandra die Hights kom red van Gita. Maar met regte intrige - Sandra moet haar in die rug steek." - Petro Badenhorst
"Nog 'n laaste bietje Mitch om oor te drool sou nice gewees het, voor Egoli klaar maak. Miskien maak hy 'n come-back in die Egoli-movie.... - Marieza van Jaarsveldt
Besoek sarie.com op Facebook
Verwante artikels
-
Henry Mylne: Die man agter ons sepiesterre
SARIE - Julie 2008
Hy buig en vorm 7de Laan se nuwelinge na sy hand. Sommige word tot regisseur Henry Mylne se groot vreugde volwaardige akteurs. Ander se glans verdof maar gou ...
-
Is Cherel van Isidingo groot geld betaal om terug te gaan?
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Saam met die nuus dat Michelle Botes teruggaan Isidingo toe, het allerhande gerugte kop uitgesteek.
-
Nina Swart se drome
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
In die tweede reeks van Boer soek 'n vrou gaan 'n paar boere hopelik hul drome verwesenlik. Regisseur en aktrise Nina Swart verklap haar 10 drome
-
Nuwe sepie op M-Net
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Oor minder as ’n maand is daar ’n nuwe sepie op M-Net te sien!
-
Nuwe sepie op M-Net
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Oor minder as ’n maand is daar ’n nuwe sepie op M-Net te sien!
-
Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Nico verklap sy gunstelinge en 'n paar ander geheime.



















Kommentaar