Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan
Eckard Rabe was toe wraggies die eerste een van die ou Egoli-spelers wat deur 7de Laan opgeraap is.
Ná 15 jaar van Chris Edwards wees, gaan hy nou die rol van Wesley Young, ‘n vryskutjoernalis van die Hillside Times speel, al is dit net vir 'n rukkie.Fanie Cronjé het die vrae gevra.
Het jy gedink jy gaan so gou in 7de Laan speel?
Nee, nooit. Ek het gedink om myself minstens ses maande te gee voordat ek in ‘n ander sepie sou speel.
Was daar een van die ander Egoli-spelers wat jy gedink het deur 7de Laan genader sou word?
Nie eintlik nie. Ek en baie van die ander spelers was vir baie lank daai karakters. Ek het self 15 jaar vir hulle gespeel. Jy moet realisties wees en jouself tyd gee. Ek was nietemin baie gevlei toe Danie my bel en vra of ek die rol wil kom speel. Dis wonderlik hier. Dis ‘n groot eer en ‘n plesier om hier te wees.
Gaan jy vir lank daar wees?
Ek het ‘n 4 weke-kontrak.
Hoekom is dit so lekker om by 7de Laan te werk?
Die manier waar op hulle dinge doen, is baie professioneel. En die ander akteurs is wonderlik. Ek werk nou saam met mense saam met wie ek jare gelede gewerk het toe ons loopbane begin het.
Soos wie?
Ek en Marius Weyers was bv. saam by Truk.
Gaan jy teenoor Jo da Silva (Gita), jou eksvrou, speel?
Ek dink juis ons gaan môre ‘n toneel saam opneem.
Wat is jou ander planne?
Ek het so pas klaargemaak met ‘n toneelstuk vir Pieter Toerien, The woman in Black. Nou is ek weer terug op die conveyer belt.
Verwante artikels
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
Des van Egoli speel model vir internasionale modehuis. Hier's die TV-advertensie.
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 11
Chanelle de Jager, voorheen Des du Pondt in Egoli, is deesdae model vir modehuise soos René Taylor van Miladys en Triumph-onderklere.
-
Fanie Cronjé gaan kyk die Egoli-fliek: "Dit is nie 'n episode van Egoli nie, so kry jou kop reg"
SARIE - Junie 2010
Dit was Sondagaand die premiere van Franz Marx se film, Egoli: Afrikaners is Plesierig.
-
Jill Middlekop (Jansie in Egoli) se Kersfeesgeur
SARIE - Desember 2009
-
Oubaas se gevleuelde woorde
SARIE - April 2010
-
Shaleen Surtie-Richards oor Egoli
SARIE - April 2010
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...
-
Wat jy nie van Zane Meas (Neville Meintjies van 7de Laan) geweet het nie
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3


















Kommentaar