Eden wys hul gunsteling-foto's

SARIE - November 2009

Eden wys hul gunsteling-foto's Foto’s: verskaf Galery

Die manne van Eden is by die onlangse Vonk-toekennings as Groep van die Jaar aangewys.

Hulle wys ons hul gunsteling-foto's.

Vorige album se cover

Die cover-foto van ons laaste album.


Foto in laaste album

Net 'n mooi comfy shot van die drie van ons wat toe baie mooi gewerk
het vir die middel van ons laaste album.


Vorige Raw Rocks in Sun City

94.7 se Raw Rocks-show – altyd 'n lekker event waar ons kans kry om
met die volle band ons songs te doen.


SAMA-toekennings

Die eerste jaar wat ons 'n SAMA-toekenning gewen het na
7 nominasies.


Optrede vir DVD

'n Ou foto uit die argiewe van ons DVD shoot, baie lang jare terug. Dit
was toe vir ons 'n baie groot projek want ons het self alles bymekaar
gesit, van kop tot tone.


SAMA-toekennings

Die eerste jaar wat ons 'n SAMA-toekenning gewen het. Dit was vir ons 'n groot aand, want ons het boonop opgetree by die toekennings.


Eerste album se cover

Die cover van ons heel eerste album wat net in Engels was en tot
ons verbasing (al het dit byna 3 jaar geneem) platinum-status
bereik het in 'n oorweldigende Afrikaanse mark.


Agter tralies!

Snaaks dat hierdie foto ons baie moeilikheid veroorsaak het met
mammas regoor SA wat gedink het ons was ten tyde van die shoot
agter tralies (in die tronk) en dat ons met die foto sê dis cool om
opgesluit te wees . . . weird.


DKNT-toekennings

Die aand toe ons die DKNT-toekenning gewen het vir die
eerste kunstenaars wat ooit op die DKNT-chart op no. 1 ingekom het.
Nog 'n groot aand vir ons.


 

Verwante artikels

  • "Toe stop my hart" - Lianie May en Jay van Eden se liedjie oorrompel

    "Toe stop my hart" - Lianie May en Jay van Eden se liedjie oorrompel

    SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 34

    "...een van die mooiste Afrikaanse liedjies", "beste beste song ooit en hul sing dit so mooi saam, perfekte stemme saam", "die coolste video wat ek in 'n lang tyd gesien het..." is van die opmerkings wat die prag-duet, Toe Stop My Hart, van Lianie May en Eden se Jay op YouTube uitgelok het.

  • Die einde van Eden?

    Die einde van Eden?

    SARIE - Maart 2011

    Eden, SA se gewildste popgroep, het vandeesweek (Februarie 2010) aangekondig dat hulle as groep nog net tot einde April gaan optree. Hulle tree al meer as 10 jaar saam op.

  • Eden se Johan wys sy nuwe baba

    Eden se Johan wys sy nuwe baba

    SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 5

    Johan Vorster van die gewilde sang-groep Eden en sy vrou, Rencha, het in Maart 2011 'n babaseun, Raphael, ryker geword.

  • Roer! - Jay se gebakte bokmelkkaas-risotto

    SARIE - September 2009

    Jay van SA groep Eden wys sy talent in die kombuis met 'n gebakte bokmelkkaas-risotto

  • Roer! - Jay se suikerbakkie

    SARIE - September 2009

    Jay van SA groep Eden het 'n heerlike idee vir 'n suikerbakkie met sjokolade en vrugte. Verras jou gaste met 'n soet nagereg wat hulle sal laat vra vir nog!

Galery

  • 94.7 Raw Rocks Show
  • Foto in laaste album
  • Vorige album se cover
  • SAMA-toekennings
  • Optrede vir DVD
  • SAMA-toekennings
  • Eerste album se cover
  • Agter tralies!
  • DKNT-toekennings
  • Vorige Raw Rocks in Sun City

Kommentaar

  • Ek dink regtig JAY is die heel mooiste man op hierdie planeet.......hy is sexy verby!!!!!!!!!! cK

    30ste Mar. 2012, 09:54

Web Development by FormFunction