'Ek ken Steve nie só nie'
Foto’s: Phyllis Green Galery
Steve Hofmeyr se stryd is ook sy ma, Carien, se stryd. As ’n media-herrie om sy kop losbars, is dit sy wat vir dae nie Pick n Pay toe wil gaan nie of te bang is om Huisgenoot te koop. Maar sy weet Steve doen wat hy wil, niemand skryf hom voor nie
Dít het hy al self vir haar gesê. Carien praat vir die eerste keer openhartig oor die storms om haar beroemde seun se kop en hoe hy soms selfs vir háár soos ’n vreemdeling voel. Hier is ’n eksklusiewe uittreksel:
Carien dink Steve en Natasha se egskeiding knou hom erg. "Steve lag nou oor 'n klomp goed, maar hy steek baie hartseer weg. Dit is dan wanneer hy bombastiese dinge sê wat alles weer in die koerante kom. Hoe sê hulle? The best form of defense is attack."
Sy (Carien) en Natasha is nog op goeie voet. "Ek stuur gereeld vir haar SMS'e om te hoor hoe dit met haar en die kinders (Benjamin en Sebastian) gaan. Dan sê sy ons moet kuier.
"Natasha het my gevra of ek van die verhouding met Janine geweet het, toe sê ek nee. Sy het ook niks daarvan geweet nie. Steve sê hy wil baie graag vir Natasha terughê en hy sal veg daarvoor, maar ek dink sy wil nou haar eie pad volg. Dalk kom dinge reg. Hulle pas pragtig bymekaar."
Lees verder in jou Maart-uitgawe van SARIE – nóú te koop.
Verwante artikels
-
Irene van Wyk se laaste CD: Hoe dit haar dogter laat voel
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Steve Hofmeyr
''Ek smeek al 13 maande. Dit was vergeefs. Sy wil nie eens praat nie." - Steve Hofmeyr oor sy pogings om sy vervreemde vrou, Natasha Sutherland, terug te wen. Lees ook die eksklusiewe onderhoud met Steve se ma, Carien Hofmeyr, in die Maart-uitgawe van...
-
Uitbranding, keer dit betyds
SARIE - Oktober 2009
As jy nooit ontspan nie kan jy onproduktief en onkreatief raak – en dalk uitbrand. Met ernstige gevolge...
















Kommentaar
Alta het gesê:
Steve bly Steve, 'n mens. Ek haat die dinge wat hy aanvang, maar bly lief vir hom as mens en natuurlik my gunsteling op my ore. Natasha, ek was ook al daar, baie meer as jy vriendin, maar dit bly jou keuse of jy hom wil vergewe of nie, ek het myne vergewe en is nie spyt daaroor nie. Julle is 'n pragtige familie en dis jammer alles is so erg uit verband geruk. Voorspoed vir julle
6de Apr. 2009, 15:07Rencia het gesê:
Steve bly tops. Waar is al die girls wat sulke groot monde gehad het nou dat hy alleen is of wil hulle hom nie nou ken nie. Nee hulle het `n geleentheid gesien om geld te maak ten koste van `n ander se geluk.Steve is nie `n engeltjie nie maar wie vanb ons is. Ons maak almal foute. Steve sien jou by die wildsfees in Thabazimbi en te hel met die wat jou nie like nie Hulle moet ook daar wees
20ste Mar. 2009, 06:09Estelle Cilliers het gesê:
Ons kan nie oordeel nie. Elkeen van ons gaan self rekenskap gee aan Ons Hemelse Vader. My gebede vir jou ook Steve ... "Vader vergewe my" besin, berou, BID vir vergifnis. En die belangrikste is - hou jou oë op Jesus met Sy Hand styf in joune.
17de Mar. 2009, 11:08Aloma Fourie het gesê:
Ek dink ook Steve & Natasha as mooi bymekaar. Dit sal goed wees om hulle weer bymekaar te sien. Almal is mense en almal maak foute. Sy sal hom dalk kan vergewe maar sal sy daad nooit vergeet nie. Dit sal ook goed wees vir die kinders as hul pa weer terug is. Sterkte
13de Mar. 2009, 13:41Ronel het gesê:
Los uit vir Steve. Hy bly 'n wenner. Hoeveel geraamtes het die joernaliste in hulle kas?
8ste Mar. 2009, 17:31reana het gesê:
kinders is ma's se trots en ook hul hartseer daarom kan steve se handelinge nie vir sy ma se boeke gaan nie . elke ouer maak sy kind reg groot maar elke kind het ook sy eie wil en persoonlikheid. as ma mag sy nie haar kind verstoot nie en steve is nie die eerste peroon wat skei nie. steve se dankie vir jou en waardeer haar.
8ste Mar. 2009, 15:00Petro Dorfling het gesê:
Sarie, baie dankie vir 'n fantastiese tydskrif. Ek wil net vir Carien bedank vir die pragtige seun wat sy groot gemaak het, ja, hy is nie sonder foute nie, maar is eerste om dit te erken. Ek dink net dat hy nou genoeg swaar gekry het en dat hy nou genoeg geoordeel is. Ek is al vir baie jare 'n groot Steve aanhanger en sal vir nog baie jare 'n Steve aanhanger bly. Vir Carien, Steve,Natasha en die kinders wens ek net sterkte en voorspoed toe vir die toekoms! As Steve en Natasha weer bymekaar kan uitkom sal dit 'n absolute bonus wees, so nie, wens ek elkeen net liefde en voorspoed toe.
25ste Feb. 2009, 11:31Ralie het gesê:
Ek dink Steve is op 'n self-vernietigende pad. Hy is arrogant en ongeskik, alhoewel ek graag sy musiek luister. Is die goed wat hy sê en doen 'n duidelike teken dat hy buite homself is, en nie weet hoe om die situasie met Natasha te hanteer nie. Ongelukkig is dit 'n situasie wat hy self veroorsaak het, en waarvoor net hy die skuld kan kry, nie die media nie, hulle het maar net hul werk gedoen. So ou Steve, hou jou gulp toe en maak vrede met die verlede, nou weet jy seker jy is NIE bo ons gewone siele nie.
23ste Feb. 2009, 16:13AMELIA het gesê:
IEWERS HET IEMAND GEDINK DIS REG OM VAN N ANDER PERSOON IETS TE KAN SE, EN DIT TOE OOK WET GEMAAK "EK MAG SE NET WAT EK WIL VAN WIE EK WIL EN WANNER EK WIL" WANT "EK" DINK "EK" KAN DIE EERSTE KLIP GOOI MY BOEKIE IS SONDELOOS EN VLEK VRY. EK IS MAL OOR STEVE EK WENS EK KON HOM PERSOONLIK SIEN EN OP MY HUIS SE DAK SIT EN SKREE EK IS MAL OOR STEVE,DIE EIFEL TORING IS OOK REG DAARVOOR. SO WAT AS SY LEWE NOU NIE BIETJIE HEELTEMAL REG VERLOOP WIE SE LEWE IS GLAD. EN WAT GAAN DIT ENIGE EL BY MY LEWE VOEG OM OOK NOG BY TE DRA TOT SY VERDRIET. WEL ALMAL MOET MAAR SONDAG IN DIE KERK GAAN SIT EN VOOR GEE EK HET NIKS SLEGS VAN IEMAND GESE OF MY DEEL GEDOEN TOT N ANDER SE VERDRIET. LAAT WEET MY NET AS JY IETS FOUT IN JOU LEWE DOEN DAT EK OOK DAAROOR N HOOF OP SKRIF STORIE VAN KAN MAAK....DIS MOS MY REG
21ste Feb. 2009, 14:00Ria het gesê:
Onthou net slegs Een kan die pyn in beide jou en jou seun se harte sien. 'n Vriendin wat sy boek lees het aan my gesê sy het nooit besef hy is so 'n diep mens nie. Dit is waar almal hulle met Steve misgis. Hy kry ongelooflik seer en dan is die verwerking van die seer so moeilik as die ou ewige skinder tydskrifte en publiek daar is. Ongelukkig kan jy nie 'n dienskokkie lui en iemand kom haal al die foute van die verlede weg nie. Sterkte! Hou kontak met Natasha. Sy bly jou dogter. (Ek hou glad nie van die term skoondogter of seun nie! Wens ons kan 'n kompetisie kry vir voorstelle vir ander woorde!)
20ste Feb. 2009, 13:21Adri Kruger het gesê:
Ek wens mense gee Steve net 'n break. Hy is net 'n mens. Almal het hulle foute, maar al verskil dit word nie so in die media versprei nie. En daar is nie so baie mense wat jou oordeel nie. Los hom nou net uit.. Media maak net geld uit sy pyn...Dis leilik. Kan nie glo hoe ons mensdom verander het nie. Als gaan oor geld.. Nie worry meer oor mekaar nie. Dink net hoe voel hy. Hy kan nerens gaan sonder dat mense hom oordeel nie.. Ek dink die probleem met die mense vandag is dat almal net om gee oor hulleself en niemand anders nie. Adri
20ste Feb. 2009, 09:13