Eksklusief! Leo DiCaprio oor sy fliek Inception
Leonardo praat eksklusief met sarie.com oor sy nuwe fliek, loopbaan, en sy aantrekkingskrag vir vroue...
In Inception vertolk Leo die rol van Dom Cobb, 'n geniale en slinkse dief wat geheime steel uit mense se onderbewuste terwyl hulle droom. Hier is solank 'n voorsmakie van SARIE se onderhoud met hom deur Bartek Kolodziej, wat eksklusief vir ons uit Europa onderhoude met groot sterre voer:
Vir Inception het jy saam met Christopher Nolan, die regisseur van die Batman-fliek The Dark Knight, gewerk. Was dit pret?
Die hele projek was baie geheimsinnig en het spel besonder moeilik gemaak. Christopher het die draaiboek geskryf en in droomwêrelde gedelf. Dit het net vir hom sin gemaak. Nie een van ons het werklik geweet waaroor die storie gaan nie. Party akteurs het nie eers die hele teks gekry nie. Selfs toe ek die teks lees, het ek ook nie geweet wat aangaan nie! Jy moet jou verbeelding laat gaan en dan werk dit.
Titanic was een van die grootste flieks ooit en jy het oornag 'n sensasie geword. Sukkel jy steeds om daardie beeld af te skud?
Ek moet erken dit was baie moeilik. Ek het nie geweet hoe om die gewildheid te hanteer nie. Sonder daardie rol sou ek nie so gewild geword het nie, so ek is baie dankbaar. Maar dit is juis wat ek nié wou gehad het nie - mense wat berserk raak as ek by 'n hotel uitstap. Ek wou as 'n ernstige akteur gesien word!
Ná Titanic was dit regtig 'n mal tyd: Mense het my gejaag, gesoen, agtervolg. Saam met die roem het ek begin dink ek het baie mag en ek het amper in 'n fantasiewêreld begin leef. My ouers het my geleer om nederig te bly, maar dit was moeilik. Gelukkig het ek gou wakker geskrik.
Miljoene vroue dink jy is sexy. Dink jy ook so?
Natuurlik! (Hy lag.) Wel, dis seker gaaf as mense dink jy is nie te lelik nie, maar die uiterlike is nie vir my belangrik nie. Wat agter die mooi gesiggie aangaan, die karakter, dít is belangrik. Met van my vorige meisies was ek nie werklik verlief op hul skoonheid nie, maar wel op die persoon. Dit maak tog geen sin om die mooiste meisie op aarde te hê, maar julle het niks vir mekaar te sê nie?
As jy bietjie moet wegkom van alles, waar kan jy die beste ontspan?
Sjoe, dit is moeilik. Seker in my tuin? Dit is omtrent die enigste plek waar ek nie gesteur word nie. Selfs op 'n afgeleë plek in Suid-Afrika (tydens 'n vorige besoek) het mense met hul selfone foto's van my geneem. Daar is nie 'n plek waar ek kan wegkruip nie.
Verwante artikels
-
"Ek het besef ek is oor hom toe ek..."
SARIE Augustus 2010
-
Agter die skerms met Leonardo DiCaprio en Tag Heuer
Leonardo DiCaprio, die nuwe Tag Heuer-ambassadeur, sluit hom aan by Tiger Woods, Lewis Hamilton en Maria Sharapova. Kuier agter die skerms toe dié nuwe foto's geskiet is
-
Die Chanel-kortfliek met Nicole Kidman
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Nicole Kidman is in 2004 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Sy's weer in 'n musiekblyspel wat beloof om 'n lokettreffer te wees. In Nine speel sy teenoor nog groot name soos Penélope Cruz, Sophia Loren, Judi Dench, Marion Cotillard en Kate Hudson. Sy vertel meer oor haar lewe Keith en Sunday Rose.
-
Goue Charlize: sarie.com is eksklusief op stel
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 37
Dior J'adore is vanjaar 10 jaar oud en Charlize, SA se goue meisie, is die gesig van dié topverkoper-parfuum. Kuier agter die skerms toe dié pragfoto's vir die advertensie geneem is.
-
Madonna regisseur en skrywer van nuwe rolprent
SARIE Julie 2010
Het Madonna dan geen end nie? Op 5 Julie 2010 het verfilming aan die fliek W.E. begin - sy was die mede-skrywer van dié draaiboek en is ook verantwoordelik vir die regie.
-
SARIE praat met Justin Timberlake in Parys
SARIE - Oktober 2010
Dis tyd om play te druk en iets nuuts te begin, glo die sangsensasie Justin Timberlake. Mariska van Rooyen het hom in Parys gevra hoe hý dit doen.
-
VIDEO: Paris Hilton en Leonardo land in SA vir Wêreldbeker
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Hollywood bekendes Paris Hilton en Leonoardo DiCaprio was in Suid-Afrika vir die Sokker Wêreldbeker in 2010. Dié video wys hoe hulle by Lanseria-lughawe aanland.
















Kommentaar