Agter die skerms met Suzette van der Merwe en haar kinders

Deur Fanie Cronjé, SARIE - September 2009

Agter die skerms met Suzette van der Merwe en haar kinders Foto’s: Phyllis Green Galery

Suzette was al twee keer getroud, maar het nog nooit regtig liefgehad nie, sê sy eerlik. Vorentoe gaan sy haar hart, eerder as haar kop, vertrou. Sy wys ook haar kinders in dié September-artikel. Kom kuier agter die skerms

Baie van ons onthou nog die aand toe Suzette van der Merwe Mej. SA se kroontjie op haar kop gekry het. In daardie bottergeel aandrok het álmal haar bewonder.

En ons hou steeds van haar. Én sy lyk vandag nog net soos toe!

Hier staan sy voor my, so lank soos ek. Twee keer! (En ek is nie eintlik kort nie.) Met lang, dik swart hare en ’n glimlag wat soos ’n ryp granaat oopbreek as sy lag. Ontspanne.

Maar ek het mos al geleer, sulke fotosessies vir SARIE is nie altyd so ontspanne nie . . .

Suzette het ingestem dat ons ook haar kinders, Graydon en Skye, deel maak van die foto’s. Die sessie sou oor twee dae strek. Een dag om die foto’s by 'n huis in Westcliff te neem met kinders en honde en al, en dan die voorbladsessie. Die huisfoto’s was die Donderdag. Baie lekker, geen probleem nie. Skye is ’n juweel. Op sewe het sy hoeka reeds aspirasies om self model te word, nes haar ma. En Graydon doen wat van hom gevra word met ’n glimlag.

Eerskomende Dinsdagoggend is dit tyd vir die voorblad. Maar laat die Sondagaand kry ek ’n SMS. Van Suzette. Sy het pienk-oog! Sy was dokter toe en glo sy sal reg wees vir die kamera, sy wil my net op die hoogte hou. Dankie tog!

Maandag laat weet sy. Die ander oog het ook nou infeksie!

Die sperdatum kom nader. Die fotograaf Leana Clunies-Ross is besig. Álmal is besig, grimeerkunstenaar, haarstileerder, ’n mens kan nie net datums op kort kennisgewing skuif nie, dit moet almal pas.

Wat nou? Haar met ’n donkerbril afneem? Op die voorblad van SARIE? Dit word hoop vir die beste. Oproepe, datums wat teen wil en dank geskuif word, oproepe, ’n dagboek volgekrap, oproepe . . .

Ons haal die sperdatum met broekspante wat aan ’n doringdraad hang.

En Suzette lyk so mooi soos altyd . . .

Ns. Ek kan nie wag vir die dag dat ek ’n voorbladfoto van Skye doen nie. Sy is lieflik!

In die September-uitgawe van SARIE (vanaf 10 Augustus te kry) gesels Suzette openhartig ná 2 mislukte huwelike.

  • Hare Adelle Jung
  • Grimering Lesley Whitby
  • Plek Wizards Gallery
  • Decor Blomme verskaf deur Franz Gräbe van Franz Gräbe Flower Couture

Verwante artikels

Galery

  • Ma en seun
  • Spieëltjie, spieëltjie . . .
  • Tyd vir 'n blaaskans
  • Agter die skerms met Suzette
  • Fanie en Clinton beplan
  • Die perfekte plek vir 'n foto
  • Toorgoed!
  • Agter die skerms
  • Die grimering word gedoen
  • Toorkwas
  • Skakeer
  • Byna daar!
  • Wat om aan te trek!?
  • Agter die skerms
  • Harekloof
  • Fotograaf Clinton Lubbe
  • Byna kamera-gereed
  • Net voor die kamera kliek
  • Kyk hoe mooi!
  • 'n Natuurlike skoonheid
  • 'n Natuurlike skoonheid
  • 'n Natuurlike skoonheid
  • 'n Natuurlike skoonheid
  • Op die tafel!
  • Agter die skerms
  • Melancholies
  • Camera, action!
  • Fanie aan die regtrek
  • Agter die skerms
  • Camera, action!
  • Camera, Action!
  • Fanie, die jintelman
  • Die regte lig
  • Fanie doen sy ding
  • Byna reg
  • Grimeer-ghoeroe Lesley Whitby
  • Die mooie Skye
  • Skye se hare word gekrul
  • Skye se hare word gekrul
  • Skynbare chaos
  • 'n Tikkie kleur
  • Mamma mia!
  • Skye agter die klavier
  • Skye
  • Skye
  • Ma en dogter
  • Ma en seun
  • Graydon
  • Ma en dogter
  • Byna klaar!
  • Graydon

Kommentaar

  • Suzette van der Merwe! Sjoe, ek was nog bitter klein toe jy as Mej SA gekroon is en vandat ek kan onthou was my naam in enige speletjie Suzette van der Merwe, nieks! :) Ek het jou nog altyd bewonder. Jy is beeldskoon en toe ek nou op hierdie artikel van jou afkom kan ek sien hoekom ek so mal was oor jou. Jy is 'n beeldskone mens. Dankie Sarie vir die mooi artikel

    5de Mei. 2011, 12:46
  • Suzette, ek het as jong meisie plakboeke vol van jou tydskrif en koertant artikels gehad. As jy op n voorblad is, koop ek sonder twyfel die tydskrif. Ek het jou Mej SA kroning in 1990 op VHS band gehad en dit oor en oor gekyk as jong meisie toe Michelle Bruce saam met Eon de Vos aankonding jy is die wenner as Mej SA 1990, was ek so bly. Jy is pragtig, en jou skoonheid tydloos.

    8ste Sep. 2009, 08:26
  • Sarie baie dankie vir 'n baie mooi artikel oor Suzette sy is pragtig saam met haar kinders en die voorblad is ongelooflik. Hoop om meer van haar te sien veral as die liefde aan haar hart se deur kom klop.

    20ste Aug. 2009, 10:38
  • Hi Sarie Die foto's is pragtig ek het dit geniet om daarna te kyk Suzette is nog net so mooi vrou maar Sjoe ek wens ek kan ook net een maal in my lewe my ook deur die hande van grimeerkunstenaar, haarstileerder gaan en daarna so fotosessie Dit sal vir my "Great memories" wees.

    19de Aug. 2009, 13:07
  • Hi Sarie, Suzette se fotos met haar kinders is pragtig. Skye het 'n spontane vertoon met die fotosessie. En moenie vir Graydon vergeet nie, hy is 'n natuurlike model soos sy Mamma. Sien uit na tydskrif. Tata Suzette Laten

    13de Aug. 2009, 17:59
  • Hello Suzette Die artikel oor jou is ... oop, eerlik en opreg. Daar is soveel vroue daarbuite in dieselfde situasie. Die blote feit dat jy kon opstaan en jouself van vooraf kon "opbou" beteken baie vir die vroue wat voel hulle het nie 'n "stem" nie. Jy en jou kinders kan trots op julself wees dat julle is waar julle nou is. Sterkte vir julle en mag dit jou beskore wees om nog verlief te raak!

    13de Aug. 2009, 16:12
  • Hello Sarie span, Sjoe maar het ek dit geniet om na die foto'tjies te kyk ( Fanie jy doen ook nie sleg op die tafel nie ) en julle het regtig baie moeite gedoen om die dag vir Suzette en haar kinders spesiaal te maak. " Suzette jy is nog net so " stunning " so altyd en ek wens vir jou en jou kinders alles van die beste toe en mag elke dag vir julle 'n geseende dag wees" Mooi dag verder vir julle en dankie vir julle harde werk om dit vir ons lesers spesiaal te maak Sonja

    12de Aug. 2009, 01:52

Web Development by FormFunction