Eksklusiewe nuwe foto - Mmm... die veelsydige Izak Davel
Foto’s: verskaf Galery
Kyk net hierdie smeulende foto van Izak Davel! As jy een van sy aanhangers is, kan jy baie opgewonde wees, want daar's 'n nuwe album op die horison wat tydens volgende jaar se KKNK bekendgestel sal word.
En dit is nie al nie...
In Maart 2011 jaar wys Getroud met rugby, die fliek, waarin hy te sien sal wees. Hy het ook 'n rol in Platteland, Sean Els se fliek wat Junie volgende jaar uitgereik word. Dan is hy ook nou en dan gas-aanbieder op Pasella. Izak is nie 'n man vir stilsit nie!
Sit dus regop in jou stoel, want 2011 het Izak se naam daarop geskryf. En as hy net die helfte so goed lyk soos op dié foto, kan ons ook nie meer wag nie.
Verwante artikels
-
Izak Davel oor sy nuwe CD (en sy vrou)
SARIE - Augustus 2009
-
Wie se 'six pack' is die mooiste... Izak Davel of Cristiano Ronaldo?
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 11
Kan ons ooit vir Izak Davel in daai klein rooi Speedo op Survivor SA vergeet?! En hier's die Portugese sokker-sensasie Cristiano Ronaldo ook te sien in sý rooi swembroek.
















Kommentaar