Eksklusiewe uittreksel uit Steve Hofmeyr se nuwe boek: Vier briewe vir Jan Ellis
Steve Hofmeyr se nuwe boek Vier Briewe vir Jan Ellis het pas verskyn. Lees 'n eksklusiewe uittreksel op sarie.com
Hoofstuk Sewentien
So never soos kietang
Onse ou huis het ook ene. 'n Posbus. Number 201. Hier bly ander mense se kinders. Hulle sing carols. Die Heiland is gebore. Langsaan lyk stil. Daar brand 'n lig. Ek kyk weer. Wragtag. Ek stap oor. Die hekkie kraak en die draad hang nog laag waar antie Tô geleun het. Ek stap op die stoepie na die voordeur en maak my rooitas staan. Die plek kort 'n paintjob. Ek klop. Niks. Ek klop weer. Toe hoor ek 'n geskuiwe. Hy maak oop. Dis wragtag hy. Oom Harry staan daar op 'n kierie. Hy't gekrimp van oud. Agter is gedek vir twee. O Liewe Jesus as my ma hier is. Daar's 'n miniature Krismisboom. Daar's 'n saaidbord. Maar hy's so ge-polish van die vernis hy bounce die liggies deur die donker kamer.
Dis ek, oom.
Wie?
Jan Ellis.
So never soos kietang.
Merrie Krismis.
Van waar gehasie?
Ek soek my ma. Daphne.
Voor die Jirre sy's weg. Lankal weg.
Was julle 'n item?
'n Wat?
'n Item, ek sê.
My gehoor is kapoet en soe.
Hy wys na sy ore maar ek sien in sy oë dat hy iets op sy frommel-lippe wil maak staan. Daar's oumenstrane. Hulle hang daar. Hulle drup nie. Binne hulle spin die jare. Om en om. Ek wag. Hy kyk ver oor sy skouer. Ver oor Jacobsbaai. Dan weer na my.
Eenkeer.
Eenkeer?
Voor God.
Die tafel lê vir twee.
Dis Krismis.
Krismis was dan eergister?
Next Krismis.
Vir jou en wie?
Vir Tô.
Tô is lankal weg, oom.
Ek wiet. Maar maybe.
Die tannie is ... by haar Herder, en soe.
Ek het hom gedek in 74.
Wat, oom?
Die tafel. Kan 'n man nie biekie hoop nie.
Hoop?
Dat sy my terug wou hê.
** Uittreksel uit Vier Briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr (Zebra Press, R120.00)
Vanaf April 2010 beskikbaar by boekwinkels landwyd.

Lees nog in die Mei-uitgawe van SARIE
In ons Mei-uitgawe kan jy nog 2 eksklusiewe hoofstukke én 'n onderhoud met Steve oor sy boek lees.
Vier briewe vir Jan Ellis - die storie
Op die voorblad is 'n seuntjie met 'n blougeverfde gesig en rooi lippe. Dis klein Basiltjie, 'n sagte outjie wat soms deur die ander seuns gevang en gemake-up is sodat hy soos 'n meisiekind lyk. Maar hy was George Jan Ellis Kok se beste maat. Almal het in die 70's geweet wie Jan Ellis is. Dan vra mense altyd vir Jan: O, is jy genoem na Jan Ellis die vleuel? Hy kon hom so vervies daaroor, want almal behoort mos te weet Jan was 'n flank.
Dinge het skeefgeloop en Jan moet briewe aflewer as straf, maar toe 'n Ferenza by hom verby ry met Ronnie Joyce wat uit die speakers blêr, is hy lus om ook 'n gangster te word en hy ry met sy fiets agter hulle aan. 'n Verskriklike ding gebeur reg voor hom en hy kry lewenslange tronkstraf
vir moord. Veertig jaar later word hy vrygelaat, met TB. Hy vind 'n sak in sy tas met daarin die 30 briewe wat hy destyds nooit afgelewer het nie.
Hy lees die briewe en dis vir hom 'n Damaskus-ervaring. Daar is vier wat hy nie kan neersit nie. Dié vier briewe wat mense se lewens anders kon laat uitdraai het, en hy wat Jan is, het hulle nooit afgelewer nie . . .
5 gelukkige SARIE-lesers kan wen!
Klik om in te skryf
Verwante artikels
-
Eksklusiewe uittreksel uit 50 Stemme - die Grootste name in Afrikaanse musiek
SARIE - September 2009
Haar pad na sukses was 'n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers ooit is.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 1
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 11
Lees dié uittreksel uit hoofstuk 31 van die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 2
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 13
Die tweede deel van die uittreksel uit die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Só lyk Jessica Simpson se leesboeklys - Desmond Tutu se boek is ook daar!
SARIE - Mei 2010
Hollywood-aktrise Jessica Simpson het 'n lekker leeslys vir haar Kindle aangeskaf, wat sy hierdie somer gaan lees.
-
Steve en sy seun Armand saam in konsert + kom kuier agter nuwe musiekVIDEO-skerms
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Steve se nuutste CD, Duisend en een, het reeds platinumstatus bereik. Armand, wie se debuutalbum, Foto's en briewe, pas verskyn het, gaan die voorprogram vir Steve se vertoning lewer.
-
Steve Hofmeyr blog oor Liefling die movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Steve Hofmeyr het onlangs op sy blog oor Liefling, die movie geskryf:
-
Steve Hofmeyr en sy seun maak geskiedenis
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Nuus24 berig dat in Junie 2010, vir die eerste keer in die bestaan van die amptelike weeklikse lys van top-20-CD-verkopers in die land, is ’n pa en sy seun saam op die lys met verskillende CD’s.
-
Steve Hofmeyr sien 'n gewapende rooftog - hy praat met sarie.com
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 13
Dít het Steve Sondag 28 Maart 2010 op Twitter gesê.
-
Steve oor Bakkies en daai kopstamp
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
-
Steve: "Somers is mooier, winters kouer, reën harder"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
-
VIDEO: Steve se nuutste musiekvideo
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Steve Hofmeyr het pas sy nuutste musiekvideo, FM Stereo, eksklusief op sy Facebook-blad bekendgestel. Liezel van der Westhuizen van Idols-faam speel ook in die video.


















Kommentaar
Annette het gesê:
Ek is gladnie verbaas dat Steve en oom Eugene mekaar so goed verstaan het nie, het dieselfde liefde vir sy land, volk en taal en dieselfde talent wat net aan besondere mense uitgedeel is.
21ste Apr. 2010, 12:45Doné het gesê:
klink boeiend..........
20ste Apr. 2010, 17:12Suzette Kuhn het gesê:
Gaan dit beslis lees. As jy talent het, dan het jy dit! Well done Steve...'n man van vele talente en wat dit gebruik! xxx
20ste Apr. 2010, 08:53Amanda Gerber het gesê:
Steve is een bol talent! Wens hy kan gelukkig wees.
17de Apr. 2010, 09:27Chris Pretorius het gesê:
Lyk na 'n moet lees boek.
17de Apr. 2010, 07:06