Elma Postma: "Ek, Bertha (Emma) en Quinne (Connie) was na aan mekaar"

Deur Charis Labuschagne, SARIE - Junie 2010

Elma Postma: "Ek, Bertha (Emma) en Quinne (Connie) was na aan mekaar" Foto’s: Aubrey Jonsson Galery

"'n Glimlag, lieflike mense en 'n goeie grondslag. Dis lekker om as oud-Laner saam verjaardag te vier."

"Ek dink gereeld terug aan 7de Laan en mis veral die kameraderie op stel. Ek, Bertha le Roux (Emma) en Quinne Brown (Connie) was na aan mekaar.

"Ek sal altyd die tyd toe Dezi blind was, onthou. Dit was van die moeilikste tonele wat ek moes skiet. Ek weet nie of ek dit heeltyd realisties laat lyk het nie. My lekkerste tonele was my verlowing en troue met Jan-Hendrik. Dalk omdat ek 'n romantikus is.

"Ek kyk met dankbaarheid terug en as die geleentheid daar is, sal ek dit beslis oorweeg om weer 'n draai in die Laan te maak..." - Elma Postma (Dezi) oor haar dae in die Laan

Verwante artikels

Kommentaar

  • I'm loving the long hair!!! ... I stopped watching 7de Laan after Dezi left, it just wasn't the same show anymore.

    21ste Mei. 2010, 01:42

Web Development by FormFunction