Elzabé Zietsman ná haar nierskenking

Deur SARIE-span, SARIE Januarie 2012

Hoe gaan dit met kabaretster Elzabé Zietsman ná sy haar linkernier aan haar susterkind geskenk het?

TOE

“Dit was die grootste teleurstelling van my lewe. Ek het só geglo in my eie vermoëns en was só voorbereid daarop dat ek dit gaan regkry.”

NOU

“Ek gaan soek nie dinge nie, dit kom oor my pad. Ek doen wat ek kan en lewe voluit.”

Op 47 was Elzabé, kabaretster en aktrise, bereid om surrogaatma te wees vir haar niggie en dié se man. Dit was onsuksesvol en sy het in SARIE van Mei 2009 oor haar teleurstelling gepraat.

En toe, in Mei 2011, het sy weer van haarself gegee om iemand anders se lewe te verander. Dié keer het sy haar linkernier aan haar susterskind Retha Schoeman geskenk. Die oorplanting was suksesvol en Retha het nou glad nie meer dialise nodig nie.

Intussen het Elzabé heeltemal herstel. “Buiten ’n bietjie inwendige ongemak, voel ek honderd persent.”

Sy sê sy het nie haar nier geskenk omdat sy doelbewus besluit het sy wil iemand se lewe red nie. “Sy het hulp nodig gehad en
ek kon help.”

Elzabé speel tans in ’n eenvrou-vertoning gegrond op Marita van der Vyver se nuutste roman, Dis koue kos, skat. Dit word landwyd opgevoer.

Kommentaar

  • Elsabe, ek bewonder jou vir jou onbaatsugtige daad, ek is self op dialise en op die lys vir 'n nieroorplanting, bid dat daar ook vir my so groot geskenk sal kom!

    23ste Jan. 2012, 14:45
  • Sjoe dis 'n groot geskenk! Ek dink ek sal dit ook doen vir iemand, ek is so bevoorreg, en sal dit sien as 'n teruggee in my lewe.

    19de Jan. 2012, 14:40
  • Hi Elsabe, Ek weet hoe jy voel, jy het nog nie eens die emosionele kant aangeraak nie.Ek he ook die voorreg gehad om 'n nier vir my suster te skenk. Wat 'n wonderlike ervaring! Ek sal graag jou eendag wil ontmoet, ek dink ek en jy het altwee dieselfde ondervinding deurgegaan. Miskien kan jy nog 'n show daaroor doen. Ek probeer om skenkers te werf, maar dit sukkel om van die grond af te kom. Jy kan my ook miskien daarmee help. Indien enige persoon navrae het oor nieroorplantings, of raad vra of net wil gesels, skakel gerus vit my, Marius Cloete 0798955395

    18de Jan. 2012, 08:55
  • Elzabe dis fantasties en groot van jou , jy moet verseker wees dat Retha Schoeman jou ewig dankbaar sal wees. Ek het self Nov 2008 'n nieroorplanting gehad, my jonger broer Marius Cloete het een van sy niere geskenk, dank die Vader vir 'n tweede kans, dis wonderlik om te lewe

    17de Jan. 2012, 16:58
  • GOEIE WERK JY SAL NOG BELOON WORD DAARVOOR.

    17de Jan. 2012, 06:25
  • Bravo Elsabé!! Nie omdat jy gegee het net omdat jy wil nie, maar omdat jy kan. Dankie vir hierdie onbaatsugtige daad om 'lewe te skenk'.

    16de Jan. 2012, 12:23
  • So 'n "awesome" mens! Ek wens almal in ons land kan soos sy wees! Mooi Elsabie jy is die beste rol model en model hehehehe Wat ek ken! Amazing mens!

    16de Jan. 2012, 09:25
  • Mag Elzabe se eenvrouvertoning uiters suksesvol wees!

    16de Jan. 2012, 07:32
  • Dit is FANTASTIES!!!! Tannie is 'n HERO. Om vir haar nog 'n kans te gegee het om te lewe is amazing. Ek hoop dit gaan net so goed met haar ook? My pa het amper 12 jaar terug 'n nieroorplanting gekry en dit het sy lewe gered. Dit gaan so goed met hom. Dit is erg om deur al daardie trauma van dialiese te gaan en iemand vir wie jy lief is so te sien "suffer". Tannie hulle sal in my gebede bly...

    16de Jan. 2012, 07:17
  • Ek het nie geweet dat daar in hierdie geweldadige lewe, mense is wat so omgee soos jy, Iemand wat sover kan agteroor buig vir sy medemens nie. Dankie vir die wonderlike voorbeeld.

    15de Jan. 2012, 22:12
  • Ongelooflike vrou die. Haar sussie, Mev. Schoeman het aan my engels gegee op skool, en was een jaar betrokke by die skool se engelse drama uitvoering, 'n Greep uit Four Seasons dink ek. Ek was deel van die Afrikaanse uitvoering gewees. Een aand sit en wag ons dat die engelse groep moet oefen, en daar stap sy in saam met haar suster. Nie baie kontak met haar gehad nie, net gegroet en so aan. Nietemin... Sy vat aan die weefsels van jou siel met haar menswees.

    15de Jan. 2012, 07:49
  • Jy is n wonderlike champ!

    13de Jan. 2012, 16:46
  • Elzabe jys 'n ster. Behalwe dat jy al ook deur baie moeilike tye in jou eie lewe gegaan het, probeer jy nog altyd om ander mense van jouself te gee om hulle lewens te verbeter. Gaan so voort, jy sal lank onthou word as een van ons beste aktrises in ons land.

    13de Jan. 2012, 12:38

Web Development by FormFunction