Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp
Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.
EK HOOP
* om eendag die Big Apple te ervaar. Om die groot migrasie in die Serengeti te sien, en die silwerrug-gorillas.
* dat ons oor hierdie hele ras-kwessie sal kom. Ek sal so bly wees as die dag daar is dat Suid-Afrikaners trots is, suiwer omdat hulle Suid-Afrikaners is, ongeag hul kleur.
* dat ek elke dag net beter word in wat ek doen en dat my werk ander inspireer.
* Ek sou baie daarvan hou om saam met Tim Burton en Johnny Depp te kon werk. En om as sanger saam met kunstenaars soos Michael Bublé en Harry Connick jr. op te tree.
EK IS BANG
* oor wat ons aan ons pragtige planeet doen, want daarsonder kan ons nie oorleef nie.
* ons mense hou op om mekaar te verstaan en wat dit beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees. Dis een van my grootste vrese. Gulsigheid kan só magtig wees, en dit laat mense vreemde goed doen. ’n Deel van gulsigheid is wat lei tot misdaad, en niemand van ons wil slagoffers daarvan word nie.
* dat ek uitgevang gaan word! Dat ek eintlik nie so goed in my werk is soos wat almal dink nie. Ek weet dis belaglik, want the proof is in the pudding.
* dat ek nie werk sal hê nie. En dat ek dalk langs die pad verkeerde keuses sal maak, wat my vordering sal vertraag.
* Ek het een keer ge-bungy, en ek het my lam geskrik. Nooit weer nie!
WAT EK NOU WEET
* Al my rolle tot dusver was ongelooflik om te vertolk. Chris van Erfsondes was ’n hoogtepunt, want ek moes regtig diep delf vir sy karakter. Ek het by hom geleer dat jy soms bereid is om enigiets te doen om jou geliefdes te beskerm, maar op ’n punt, wanneer jou geliefdes dit nie sien of verstaan nie, help dit nie om aan te hou probeer nie.
* Ek is mal daaroor om stories te vertel deur wat ek doen. As dit net een mens raak, is dit wonderlik.
* My lewe is nie een van spyt nie. Die verlede is die verlede, en wat met my gebeur het, is soos dit moet wees.
* Wees welwillend teenoor mekaar. Dis die beste raad wat ek al in my lewe gekry het.
* Die vermaaklikheidsbedryf het my geleer om nooit kompromieë aan te gaan nie, vir niemand nie. Weens die aard van die bedryf sal mense jou probeer uitbuit. As jy ongemaklik voel met wat jy moet doen, moenie. Jy sal in elk geval nie jou beste werk lewer nie.
* Sonder ’n goeie draaiboek en ’n goeie span kan akteurs op hul kop staan, niks sal gebeur nie.
* My ouers het my geleer: Moenie jou dit persoonlik aantrek as mense iets doen om jou seer te maak nie. Dis húl onsekerheid. Moenie hulle probeer terugbetaal nie, dis ’n vermorsing van energie.
* As ek nie ’n akteur of sanger was nie, sou ek ’n mariene bioloog wou word, of ’n troeteldierwinkel wou hê, of in die bos werk – iets te make met diere en bewaring.
* Soms moet jy rem aanslaan en die klein dingetjies waardeer. As dit net werk, werk, werk is, gaan jy eendag wonder wanneer het die lewe dan by jou verbygegaan.
* Dis belangrik om terug te gee deur betrokke te raak. Ek is geseënd om in dié posisie te wees, so ek probeer op ’n manier ’n stem gee aan diegene wat nie een het nie – ek is veral passievol oor diere en kinders.
* ’n Mens moet verstaan waarom jy in die media-oog is. Ek en my meisie, Louise (Carver, die sangeres), kry baie publisiteit vanweë ons loopbane, nie as gevolg van ons verhouding nie. Dis presies hoe ons dit benader. As mense met ons wil gesels, is dit in daardie hoedanigheid. So bly ons verhouding privaat. Ons twee werk goed, ons het werklik begrip vir mekaar.
* Ek was nogal ’n lewendige seuntjie. My ma het in een stadium gedink ek gaan wanaangepas wees. Ek skat sy is nou trots op my!
* Met die werklikheidsreeks Strictly Come Dancing (wat hy gewen het) het ek geleer dat jy enigiets kan doen as jy regtig wil. En as die bal eers aan die rol is, is daar geen omdraaikans nie.
Jy moet klaarmaak wat jy begin het.
* As jy ’n passie het vir iets, doen dit voluit. As jy dit net doen vir geld of roem is dit nie ware passie nie, dan is dit net ’n ego-ding, en dit hou nie vir ewig nie. Niks hou vir ewig nie.
Verwante artikels
-
Bekendes wat musiekmaak in die geheim: Johnny Depp, Anne Hathway en Halle Berry
SARIE - November 2010
Dit lyk of hulle alles het wat in hul guns tel. Hulle is mooi, hulle is beroemd, hulle het geld... Nou, het jy geweet dat van die Hollywood-bekendes musiektalent ook het?
-
Foto's uit aktrise Jana Strydom se album
SARIE Julie 2010
Jana Strydom maak haar persoonlike foto-album oop vir sarie.com-gebruikers: Van modderkoekies bak saam haar sus, Egoli-dae tot 'n paar troufoto's.
-
Gwyneth Paltrow nou ‘n country-sangeres
SARIE September 2010
Daar's 'n splinternuwe countrymusiek-fliek op die grootskerm en Gwyneth Paltrow 'sing' die hoofrol.
-
Jana Strydom se koffiewinkel
SARIE Julie 2010
Wees op die uitkyk vir Jana Strydom (Kate in Erfsondes en Helena in 7de Laan) as jy dalk inval by die Wild Rocket Café in Fourways, Johannesburg.
-
Louise Carver se juweliersware
SARIE Maart 2010
Jingle & Chimes is Louise Carver se nuwe juweliersware-reeks.
-
Vallei van Sluiers se Jana Fischer gesels
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 21
Sy speel die rol van eks-model, Monique van Rhijn, in kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks, Vallei van Sluiers.
-
Vyf minute met Emmanuel Castis
SARIE Desember 2011
Emmanuel Castis is bekend vir sy rol as Chris Spencer in Erfsondes, die 2008 wenner van Strictly Come Dancing én musikant. Hy is ’n man van vele talente en met ’n nuwe enkelsnit op die horison, sarie.com met hom gaan gesels.
-
Wie is die sexyste man ter wêreld?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Hier is die top twintig sexyste manne van 2010!
















Kommentaar