Emo Adams se fotoalbum
Foto’s: Nick Aldridge Galery
Lank, donker en Afrikaans . . . Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met 'n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek.
In die Januarie-uitgawe van SARIE wys hy 'n paar van sy foto's. Sy broer, Luqmaan, wou die volgende weet:
Wie's die sexyste. Hy of jy?
Voor ek gekom het, was hy die sexyste, maar nou klop ek hom hands down! Hy het die talent.
Vir watter SA kunstenaar het jy die grootste respek?
David Kramer. Hy is getrou aan homself. Hy weet wat hy wil hê en is met niks minder tevrede nie.
Hoe hanteer jy kritiek?
Ek het lankal aanvaar almal gaan nie van my hou nie. Maar aan die narrow-minded mense wil ek net sê ek hoef nie verskoning te vra dat ek coloured is nie ... Ons almal kan wel 'n geloof in God deel.
Wat was jou grootste kompliment?
Ek het 'n e-pos van 'n meisie ontvang wat sê sy wou die volgende dag selfmoord pleeg, maar nadat sy my show gesien het, het sy weer hoop gekry om te leef.
Jou kleredrag word altyd geprys . . .
Mense betaal vir my shows. Ek maak 'n effort. Flip-flops sou wys ek respekteer nie myself of die gehoor nie.
![]() |
| Goeie tjommies: Ek en Tammy-Anne by 'n Missing Children-geselligheid. |
![]() |
| 'n Voorbeeld van my nuwe klerereeks met die Emo-logo daarop |
![]() |
| Hier het alles begin. Ek is 'n man met 'n plan. |
![]() |
| Hierdie is een van my gunstelinge. Ons het nie baie familie-pics nie, maar hier hou ons lekker piekniek. V.l.n.r. is ek, my ouma ("Oemie of "Amma"), my broer, Luqmaan, my pa, Omar, en my ma, Mardeah. The good ol' days. |
![]() |
| My heel eerste shoot, waarvoor ek self die grimering moes doen. Ek moes dit direct, alles. Dis my CD-omslag. |
![]() |
| My meisie, Michelle Gildenhuys |
Verwante artikels
-
Die geur van Emo Adams
SARIE - Februarie 2010
-
Emo Adams is nou te koop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Emo Adams het pas ’n aanlynwinkel geopen waar jy allerhande produkte onder die Emo Adams-handelsmerk kan koop.
-
Emo Adams verklap...
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met ’n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek. Hy verklap sy gunstelinge.





























Kommentaar