Emo Adams verklap...
Foto’s: Nick Aldridge Galery
Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met ’n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek. Hy verklap sy gunstelinge.
Wanneer Emo Adams deesdae in Mitchells Plain gaan kuier, skakel die huisvroue van dié woonbuurt op die Kaapse Vlakte hul stowe af en kom nader. Die kinders begin regstaan vir ’n foto saam met hul held en rolmodel.
Selfs die gangsters wat wil-wil moeilikheid soek, sê vir mekaar: “Nee, bra. Los hom uit. Kan djy nie sien dis Emo nie!”
Emo sit vandag op sy ma, Mardeah, se kombuistoonbank. “Ek woon oral, ek’s mos ’n gypsy,” spot hy oor sy besige lewe.
HY VERKLAP 6 DINGE WAARVAN JY NIE GEWEET HET NIE...
1. Toe hy 19 was, het hy op ’n passasierskip, die MS Royal Star, gesing en vaartdirekteur geword.
2. Hy drink elke uur ’n koppie tee.
3. Hy is mal oor bad, sommer ’n paar keer per dag.
4. As hy nie ’n kunstenaar was nie, sou hy ’n kindersielkundige wou wees.
5. Hy en ’n vennoot, Ameer Williams, het hul eie opname-ateljee in ’n wendy house in Mitchells Plain.
6. Hy praat grappenderwys van sy tuisdorp as Mitchells Complain.
Ons het hom ook oor sy gunstelinge uitgevra
Afrikaanse sangers: Chris Chameleon, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jannie Moolman en Robbie Wessels.
SA komediant: Boeta Gamat (David Isaacs) en Boeta Joe (Oscar Petersen) van Joe Barber
Oorsese komediant: Wayne Brady (van Who’s line is it anyway?)
Suid-Afrikaanse celeb: Nelson Mandela
Oorsese celeb: Barack Obama
Fliek: The Pursuit of Happyness met Will Smith en Thandie Newton
TV-program: Molly en Wors, Getroud met rugby en 7de Laan
Boek: Spud deur John van de Ruit en 13 Uur deur Deon Meyer
Kos: geelrys, hoender en frikkadelle . . . yum.
Tegniese hulpmiddel: My selfoon (hello!) en my Apple-laptop
Sêding (wat jy die meeste gebruik): Daai’sie move
Enige ander gunstelinge: My meisie
Verwante artikels
-
Claire Johnston van Mango Groove verklap haar gunstelinge
-
Coenie de Villiers se gunstelinge
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
-
Die elektriese klanke van Sterling EQ
SARIE - Desember 2009
Sterling EQ, die babes met hul klassieke crossover-musiek, het die gehoor gaande gehad by die bekendstelling van hul nuwe aksiebelaaide musiekvideo, Nova - The Video. SARIE was daar.
-
Die geur van Emo Adams
SARIE - Februarie 2010
-
Emo Adams is nou te koop!
SARIE - Desember 2010
Emo Adams het pas ’n aanlynwinkel geopen waar jy allerhande produkte onder die Emo Adams-handelsmerk kan koop.
-
Emo Adams se fotoalbum
SARIE Januarie 2010
-
Gunstelinge uit Ouma se resepteboek
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 6
Ons het gevra wat jou gunsteling-dis uit Ouma se resepteboek is. Dis wat júlle gesê het + ons gee soortgelyke resepte uit SARIE en SARIE KOS.
-
Nicholis Louw verklap
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 6
Hy’s nie deel van die ‘in-groep’ in sy bedryf nie, maar hy verkies dit so. Al maak dit hom soms die teiken van ’n geskinder. Hier lig hy die sluier op 'n paar van sy gunstelinge in die lewe ...
-
Ray Dylan se gunstelinge
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Vir baie is hy 'n gunsteling. Hier deel hy sy gunsteling spesiaal met sarie.com-gebruikers.
-
Vicky Davis se gunstelinge (en wat jy nie van haar geweet het nie)
SARIE - Oktober 2009
Sy is SARIE se Oktober 2009-gesig. Ons verklap 'n paar van haar geheime...
-
Wat jy nie van Robbie Wessels geweet het nie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Dis al vier jaar sedert die sanger Robbie Wessels se befaamde (en berugte) supertreffer. Deesdae kyk hy heel anders na musiek. En hier's nog 'n paar ander dinge wat jy nie van hom geweet het nie...















Kommentaar
Jesse Richards het gesê:
My naam is Jesse Richards ek ju grootste fan ek will ju cd koop mar ek kry dt nerens kn jy my se war kn ek dt koop plz!!!!!!!!
21ste Feb. 2011, 14:30Valencia Simourn Prince het gesê:
I was never a classic music fan but since I watched the Footache of Emo adam's Tall Dark And Afrikaans Im beginning to actuali enjoy it so much that I sing Afrikaans songs now and he is also a very humble person. His Gf is super lucky to have a man like him cause he is cute, great sense of humour, lovely voice and hmmm tall and dark, what more could a girl want.Gf you Rock.
21ste Sep. 2010, 09:58Carla Jonkers het gesê:
Emo,jy is op die oomblik my gunsteling kunstenaar en sal vir altyd bly. Hou aan met die goeie werk wat jy doen en als van die beste v die toekoms. Jou grooooootste fan....belowe (^^,). Carla
5de Feb. 2010, 17:12Carla Jonkers het gesê:
Emo,jy is op die oomblik my gunsteling kunstenaar en sal vir altyd bly. Hou aan met die goeie werk wat jy doen en als van die beste v die toekoms. Jou grooooootste fan....belowe (^^,). Carla
5de Feb. 2010, 17:12Divine Barron het gesê:
nice storie...nou weet ek ook n bietie meer van emo!!hou soo aan EMO jy is baie GOED in wat jy doen
20ste Des. 2009, 18:43