Fanie Cronjé se 5 min met Kim Engelbrecht
Foto’s: verskaf Galery
Die pantomime Robinson Crusoe and the Caribbean Pirates is in die Joburg-teatersentrum in Johannesburg opgevoer.
Die Isidingo-akteur Kim Engelbrecht speel die rol van Bobbin, Robinson se suster.
Is dit lekker om in ’n pantomime te speel?
Dit is. Dis iets heel anders as waaraan ek gewoond is. Dit is baie werk.
Wat maak dit harde werk?
Dis ’n uitdaging om die ritme en styl reg te kry, want die produksie is vir kinders én volwassenes. Ek kan nie sing nie en ek kan nie lekker dans nie, man. Ek kan net op die dansvloer lekker dans. Dit is totaal en al ’n ander ding. Gelukkig het ek net een dansnommer. Die res is op die
agtergrond. Ek moet vir jou dit sê, dié is nie ’n plek vir mense wat hulself ’n ster hou of anders behandel wil word nie. Ek is moeg en wil net gaan slaap.
Geen wonder jy is moeg nie, jy moet die hele dag op en af spring en gesigte trek.
Kyk, dit is ’n groot eer om hier te wees. Janice Honeyman is ’n briljante regisseur. En Heidi wat die musiek-regie doen, is wonderlik. Almal is wonderlik.
Het jy steeds die mees gesogte hare in die TV-bedryf?
Ja, kan jy glo. Ek weet nie waar hulle daaraan kom nie. Maar ja, die mense sê baie hulle wil hare soos myne hê. Kry ’n bietjie vir my ’n haarsorg-borg, man. Terwyl ek nog jonk is. Netnou val al my hare uit van die spanning en dan is dit te laat!
Verwante artikels
-
5 minute met Albert de Wet
SARIE - Februarie 2009
In 'n oorvol Afrikaanse musiekmark het dié jong sanger se loopbaan op 'n hoë noot begin - met 2 treffers!
-
5 minute met Darren (Wackhead) Simpson
SARIE - April 2009
As jy nog nie 'n oproep van hom ontvang het nie, is jy gelukkig. Darren Simpson van 94.7 Highveld Stereo en Kfm 94.5 se ontbytprogramme laat Gautengers en Kapenaars weeksoggende skater wanneer hy met bekend en onbekend gekskeer.
-
5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
SARIE - Junie 2010
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
-
5 minute met Koos van der Merwe
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
-
5 minute met Rina Hugo
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Die sangeres Rina Hugo het die naweek op die Rapport-Vonk Afrikaanse Musiektoekennings in Brakpan die kategorie ''lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek'' gewen.
-
Anna-Mart nou die Goeie Fee in pantomime
SARIE Augustus 2011
Anna-Mart van der Merwe is vanaf 28 Oktober te sien in die pantomime Cinderella.
















Kommentaar