Fanie gesels met Karlien van Jaarsveld
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Staan op sy Bobby, en maak plek vir jou suster.
Dié 25-jarige sangeres Karlien van Jaarsveld van Pretoria maak later vanjaar haar verskyning in Sean Else se fliek Platteland. Nogal as Steve Hofmeyr se dogter.
Wou jy nog altyd ‘n sanger word?
Nee, ek wou drama studeer. Toe sê my pa nee en ek swot bemarking. Maar ná ses maande sê hy ek mors my tyd, want ek is nooit in die klas nie! Toe besluit ek op musiek.
Wat kies jy - musiek of drama?
Ek sou graag wou toneel speel. Maar nou dat ek musiek maak, love ek dit.
En jy speel toneel, in die fliek.
Ja, ek weet. Die Here ken my so goed. Hy weet wat ek wil doen. Dit is regtig 'n blessing.
Maar jy is al klaar geseënd met 'n mooi gesig!
Ag, dankie, dis vrek nice dat jy dit sê. Ek is baie ge-bless. Maar my broer kry die meeste. Ek dink die Here is bang ek voel agtergelaat. Nou bless Hy my ook met baie goed.
Wat dink jy gaan die beste fliek wees, Liefling of Platteland?
Dis flippen snaaks. Ek hou baie van Liefling. Dit was 'n baie goeie fliek wat baie goed gevaar het. Maar ek hoop dat ons hulle kan verbysteek. Ons beweeg nou in die regte rigting met die flieks in ons land.
Was jou broer se troue mooi?
Dit was soos om na 'n kinderstorie te kyk, soos Aspoestertjie. Die enigste verskil is, daar was niks leliks nie. Jy weet, daar is mos altyd iets leliks in kinderstories. Hy was 'n prins en sy 'n prinses.
Verwante artikels
-
EKSKLUSIEF: Karlien van Jaarsveld slegs op SARIE TV
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 7
Karlien van Jaarsveld is die nuutste sangsensasie in SA! Sy is nie net pragtig nie, maar sy het ook ’n stem wat jou meevoer.
















Kommentaar
Theresa Smith het gesê:
Ek hou baie van jou musiek. Van Theresa Smith
13de Mei. 2012, 12:48jame het gesê:
hello karlien. Ons moet n taak inhandig vir een van ons juffrou en ek het gekies om jou te vat ek like jou musiek kwaai. Ek het net n paar vraagies vir jou.................... Het jy studeer? indien wel,waar en wat? Waaraan werk jy huidelik? xoxo Jame
16de Apr. 2012, 16:40Nika Swart het gesê:
Hello Karlie ek love jou musiek my beste lietjie van jou is Sweet Breams Babby my ma hou baie van jou broer se musiek liefde Nika Swart xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
9de Apr. 2012, 16:32JEANRI het gesê:
hi karlien van jaarsveld ek is n groot fan van jou ek het ook n taak oor jou gedoen vir my juffrou ......... EK was al by jou konsert by die hoorskool in parys by die domefees ek hou baie van jou en jou musiek ........... XXXXXXXXXXX VAN JEANRI BESTER
25ste Mar. 2012, 12:57louret burger het gesê:
wie is die oudste jy of bobby
8ste Feb. 2012, 14:53