Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
Hou jy jou van Pienaar of gaan jy nou bekend wees as Michelle Crosson?
Ek bly Pienaar. Dis my verhoognaam.
Hoe lank was jy sonder job?
Nie lank nie. Net 9 maande.
Niks verhoogproduksies tussen-in nie?
Man, ek het 'n boepie gehad. Ek kon nie regtig nie.
'n Mens hoor so dikwels aktrises sê ma-wees is hul grootste rol tot dusver. Dis so 'n cliché?
Dit was maar moeilik aan die begin. Noudat ek dit gewoond is, is dit nie so sleg nie.
Hoekom speel jy altyd die persoonlike assistent?
Nee, ek speel nie nou die PA nie. Yvette is die kantoorbestuurder.
Dis maar dieselfde ding.
Dalk is dit. Maar sy is 'n baie sterk vrou.
Is dit vir jou lekker by Binneland Sub Judice?
Baie. Ons werkomgewing is 'n plesier. As jy in 'n mooi plek werk, is jy positief.
Watter een van die mense is jou gunsteling om teenoor te speel?
Ek is nog nie so lank daar nie. Ek kan nog nie sê nie.
As jy een karakter in Egoli in Binneland kan laat inskryf, wie sal dit wees?
Jana Strydom. Sy was 'n ruk lank in Egoli. Sy's 'n goeie aktrise én aangenaam.
Verwante artikels
-
5 Minute met Fanie Cronjé, SARIE se glans-man
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Fanie Cronjé is SARIE se styl- en sosiale redakteur en dit beteken hy is die een wat byna elke glansryke geleentheid bywoon en SARIE dan daar verteenwoordig. Hy maak ook seker dat SARIE se voorblaaie so pragtig en stylvol is.
-
5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
SARIE - Junie 2010
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
-
Kitte van Binnelanders (Jürgen Hellberg) oor sy toekoms, snaaksste oomblik en gunstelinge
SARIE - November 2009
-
Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls
Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.
-
Raai watter Binnelanders-akteur hou sy lyf model by 2010-Afrika-modeweek?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nou, ja! Wie sou kon raai...?
-
Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!
SARIE - Desember 2010
Ryk Neethling is die afgelope naweek by die SA Style Awards as Suid-Afrika se stylvolste ikoon aangewys.
-
SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek
SARIE - November 2010
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.
-
Waar's Malan Koster ("Binnelanders") heen?
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 11
Malan Koster (Paul du Toit), die afgelope 4 jaar in Binnelanders op M-Net en kykNET, het verdwyn onder 'n wolk van geheimsinnigheid. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor nuwe planne in sy lewe en wat hy in dié sepie geleer het.














Kommentaar