Fifa-partytjie - SARIE-fotograaf op die rooi tapyt
Foto’s: Rodger February Galery
"Ek was daar. Ek het gesien hoe daardie ongelooflike verhoog gereed gemaak word vir die finale loting. Ek's saam op die boot na Robbeneiland om Joseph S. Blatter, Tokyo Sexwale te ontmoet. Ek't gesien hoe David Beckham daardie splinternuwe Adidas-sokkerbal oorhandig en was tussen die VIP's, presidente, voormalige presidente van Suid-Afrika, ander fotograwe en joernaliste wat Vrydagaand se gebeure in Kaapstad kon aanskou.
"In die laaste paar weke kon ek trots toekyk hoe Suid-Afrika die wêreld verbaas. Ek's saam met internasionale media na verskeie Fifa-geleenthede, en ek was 'n trotsse Suid-Afrikaner.
"Ons gaan nog 'n wêreldklas-geleentheid aanbied. Ek weet dit!" - Rodger February, SARIE-fotograaf
Wat sê Michélle?
"Die uitdaging is groot. Nog nooit in die geskiedenis sal soveel mense tegelyk stroom na die suiderpunt van Afrika nie. Vir ons sal dit 'n groot jaar wees; die kollig is op ons. En SA sál perform. Ons sal ons vlag waai, ons volkslied sing en ons vuvuzelas blaas. Want in 2010 máák dit saak." - Michélle van Breda, redakteur
Verwante artikels
-
Almal wil soos Sandra Bullock lyk!
SARIE - Februarie 2010
Volgens 'n berig in die Wall Street Journal het Sandra Bullock die mees inspirerende rooitapyt-styl.
-
Sarah Theron: "Dít maak my opgewonde oor 2010"
SARIE - Desember 2009
-
SARIE, Charlize en sokker!
SARIE - Desember 2009
Op die Charlize-webtuiste, charlizeonline.com, word daar geskryf oor SARIE se treffende Januarie-uitgawe.
-
SARIE-redaksie: "Dit maak ons opgewonde oor 2010"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2
Die SARIE-redaksie vertel wat hulle opgewonde maak rondom 2010 en als wat vir SA voorlê.

































Kommentaar
Jeanette Norris het gesê:
Ek sal net so geeerd voel as ek da kan wees.
15de Jan. 2010, 11:19